

Julie 2016
86
m
et Suid-Afrika gaan dit op die oomblik nie goed
nie. Met die regerende ANC nog slegter. Stygende
onrus, stygende werkloosheid, stygende lewens-
koste, stygende radikalisme, dalende ekonomie-
se groei, dalende rand, dalende kanse dat die
land se kredietgradering stabiel sal bly. Plus die
droogte. Én onsekerheid rondom ekonomiese beleid in die algemeen
en landbou in besonder.
Vir die ANC lê nog donkerder dae voor. Die komende munisipale
verkiesing hou nét slegte nuus in vir die bevrydingsorganisasie
– wat ‘n politieke party geword het wat sy morele kompas verloor
het. Nie dat die ANC sal ophou om die land te regeer nie, want
hierdie verkiesing gaan net oor die plaaslike regering. Dit op sigself
is nie goed vir enige regerende party nie – nie hier nie; nêrens in
die wêreld nie.
Daar is ‘n verskeidenheid redes: Groter partye se ondersteuners
bly makliker weg van die stembus en stem makliker vir ‘n ander
party....en die stempersentasie is altyd laer in ‘n plaaslike verkiesing.
Én dit werk altyd teen die regerende party. Om dit erger te maak,
is die feit dat die ANC agteruit boer: Van ‘n hoogtepunt in die
2004-verkiesing se 70% tot 62% in 2014. Volgehoue agteruitgang
is ‘n rooi lig vir enige politieke party, want die neiging is dat die
stadige val skielik drasties kan versnel.
Ons sal die eerste duidelike teken daarvan op 3 Augustus sien
– veral in die stede. Van die ses groot metro’s, sal die ANC Durban
behou, met ‘n goeie kans in Ekurhuleni, geen kans in Kaapstad nie
en ‘n baie slegte kans in Port Elizabeth, Johannesburg en Pretoria.
Dit beteken egter nie dat die DA gaan oorneem nie. Ons stemstel-
sel van proporsionele verteenwoordiging neig na koalisievorming
en nie na volskaalse oorwinnings deur een party nie. Die ANC is ‘n
groot uitsondering...tans. Dit gaan verander.
Vergeet vir ‘n oomblik van die groot stede. In die middel-grootte en
kleiner munisipaliteite sal koalisies ook hoofsaaklik oorneem. Dalk
met die hulp van die groeiende aantal onafhanklike kandidate. Daar
is ‘n groot waarskynlikheid dat daar nie kies-ooreenkomste voor
3 Augustus sal wees nie, want verskillende partye sal met verskillen-
de ander partye in verskillende stede en dorpe saam kan regeer.
Die DA kan dus iewers saam met VF+ werk, elders met die EFF;
dalk selfs met die ANC of wie ook al.
Dit beteken egter dat die ANC die alleenmandaat op talle plekke
verloor en dus gedurig toegewings sal moet maak om deel van ‘n
koalisie te bly. Die ander partye natuurlik ook. Maar dit is goed dat
een stel mense nie alleen kan besluit en te veel mag het nie. Dat
die ANC só agteruitboer, kan aan heelwat redes toegeskryf word.
Een is gewis dat dit met alle politieke partye gebeur. Soms verdwyn
hulle heeltemal. Soos die Nasionale Party. Daar is bykomende
redes. Die ANC is nie meer die bevrydingsbeweging met die morele
hoë grond nie. Mense sluit by die party aan omdat dit hul loop-
bane bevorder en nie omdat hulle in sy grondbeginsels glo nie.
Verskille in die ANC gaan deesdae dikwels oor wie op die partylys
kom en ‘n kans sal hê om verkies te word. Dit lei tot diepe verdeling
en in talle gevalle selfs moord. Die onrusbarendste vir die ANC
moet Pretoria wees waar ondersteuners die party se keuse vir die
burgemeesterskap geweldadig verwerp.
Om ‘n raadslid of ‘n LP te wees of selfs net goeie verbintenisse met
die regerende partylede te hê, beteken ekstra werkgeleenthede
en inkomste – dalk ‘n tender of werk vir ‘n vriend of ‘n gesinslid...
Die bevrydingsgom is weg. Dit gaan nou oor wie se beurt dit is om
van die staatstafel af te eet. Daarom onder meer die verval in die
drieledige alliansie. Met Cosatu diep verdeel en die SAKP wat die
ANC openlik aanval – en in plekke soos Mpumalanga en KwaZulu-
Natal op sy beurt deur die ANC aangeval word, heel dikwels fisies.
Wat ook al gesê mag word, Jacob Zuma se persoon en leierskap
is ‘n groot negatiewe feit vir die ANC: Nkandla, die Grondwetlike
Hof se striemende uitsprake oor sy optrede, die moontlike
herinstelling van korrupsieklagtes, sy afdanking van Nene en haas-
tige aanstelling van Gordhan, die aanhoudende berigte oor die
Guptas en hoe hulle sommer openlik miljoene maak en probeer
maak deur hulle vriendskap met die president te gebruik.
Arm mense is nie dom nie. Hulle kan sien hier is groot fout. As jy
‘n arm man is met ‘n paar beeste, is dit onbegryplik dat iemand
‘n beeskraal het wat ‘n miljoen rand kos. Dalk is die Grondwetlike
Hof se uitsprake ‘n bietjie ver verwyderd van sy daaglikse bestaan,
maar só ‘n beeskraal?!
Ons moet ook links kyk, waar die populistiese EFF sy bestaande
steunbasis na 12% wil verdubbel; waar die nuwe uitgesproke
sosialistiese party (United Front) wat uit NUMSA gebore word,
hoop om die sleutel tot oorwinning in Port Elizabeth te hou, die
groter radikalisering van die openbare gesprek – van weg met
Afrikaans tot
#Rhodesmustfall
.
Dit is waar die ANC se ondersteuners heen neig. Behalwe in die
stede. Dit sal natuurlik vorentoe ‘n wyer impak hê, hierdie populis-
me, hierdie beloftes maak wat nie verwerklik kan word nie – dit
gaan die ANC verder links druk om die skuif te ondervang. Nog
groter beleidsonsekerheid oor die kort termyn is die land se
toekoms. As die DA werklik so goed doen soos meningspeilings
nou toon, is daar dalk ‘n ander gevolg: Die stede is DA, die platte-
land en die plakkersdorpe word die strydveld vir die ANC en die
nuwe populistiese/sosialistiese magte links van hom.
Dit is oor die kort termyn sleg vir die land en vir die ANC nog
slegter, want dit lui heel moontlik sy verdere snelle agteruitgang in.
Dalk – wie weet – sal die ANC na die DA moet vry om plek-plek
gedeeltelik betekenisvolle mag te behou. En, dalk, na ‘n skeuring
gaan een deel saam met die linkse groepe.
Die verkiesing is nie net nog ‘n verkiesing nie. Die uitslag sal
betekenisvolle gevolge meebring.
Die verkiesing is nié net nog ‘n verkiesing nie
HARALD PAKENDORF,
politieke ontleder
POLITIEKE
ont leding
AKTUEEL