

Julie 2016
88
Wat behels die nuwe
ONTEIENINGSWET?
D
ie Onteieningswetsontwerp, wat eersdaags wet sal word
sodra die president dit teken, het gedurende die drie
jaar waarin dit geprosesseer is, heelwat reaksie van die
media ontlok.
Die wetsontwerp is in 2013 vir openbare kommentaar gepubliseer.
Nadat die openbare kommentaar in die wetsontwerp geïnkorporeer
is, het ‘n proses van onderhandeling binne die Nasionale Ekono-
miese, Ontwikkelings en Arbeidsadviesraad oftewel NEDLAC gevolg.
In NEDLAC onderhandel die regering, groot besigheid, die vakbon-
de en gemeenskapsverteenwoordigers oor beleid en wetgewing.
Agri SA was deel van besigheid se span in NEDLAC wat die onder-
handelinge gevoer het. Daar is deurgaans noue samewerking tus-
sen veral Agri SA, Agbiz en die Bankevereniging van Suid-Afrika oor
hierdie wetsontwerp.
‘n Groot aantal wysigings is tydens die NEDLAC-proses aan die
wetsontwerp aangebring. Hierna is die wetsontwerp in die parle-
ment ter tafel gelê en het ‘n proses van openbare verhore gevolg
– eers binne die Portefeuljekomitee op Openbare Werke, wat weer
eens daarna wysigings aan die wetsontwerp aangebring het en
daarna in al nege provinsies onder toesig van die Gekose Komitee
op Ekonomiese- en Besigheidsontwikkeling.
Agri SA en sy affiliasies het tydens elkeen van hierdie prosesse
insette gelewer. Uiteindelik is die Wetsontwerp op 26 Mei deur die
parlement aanvaar.
Onteiening internasionaal en in
Suid-Afrika tot nou
Onteiening word erken, toegelaat en gereguleer deur internasionale
instrumente wat menseregte beskerm, soos die Universele Verkla-
ring van Menseregte, die Europese Verdrag op Menseregte en die
Afrika Verdrag op Menseregte.
Onteiening kom in elke land in die wêreld voor. Die Voedsel en
Landbou Organisasie (FAO) van die Verenigde Nasies het in 2008
‘n handleiding uitgebring oor beste praktyk in onteiening. Agri SA
se standpunte oor onteiening, soos vervat in die organisasie se
beleid oor grondhervorming, is tot ‘n groot mate op hierdie handlei-
ding geskoei.
Die huidige (1975) Onteieningswet is gebruik om grond en ander
eiendom te onteien vir openbare en ander doeleindes. Dit was onder
andere destyds aangewend om tuislandkonsolidasie te bewerkstel-
lig. Die Wet is nie in lyn met die bepalings van Artikel 25 en Artikel 33
van die Grondwet wat handel met administratiewe geregtigheid en
die beskerming van eiendomsreg en grondhervorming nie.
Die Grondwet stel dit duidelik in Artikel 33 dat billike prosesse deur
die owerheid gevolg moet word wanneer hulle besluite en optredes
individue se regte negatief kan affekteer. Artikel 25 maak dit duidelik
dat die staat mag onteien deur middel van ‘n algemeen-geldende
wet, vir ‘n openbare doel, of in die openbare belang en onderworpe
aan billike en regverdige vergoeding.
Artikel 25(3) van die Grondwet stel dit duidelik dat markwaarde
nie die enigste faktor is wat in ag geneem behoort te word by die
bepaling van billike en regverdige vergoeding nie. Die Grondwet se
bepalings is bindend en die wetgewer het geen ander opsie as om
nuwe wetgewing in lyn met hierdie bepalings te maak nie.
Die 1975-wet het ook geen voorsiening gemaak vir vergoeding vir
die onteiening van ongeregistreerde regte nie – die wetsontwerp
maak ook daarvoor voorsiening.
Hoewel die regering sedert 1994 nie van onteiening gebruik ge-
maak het vir grondhervormingsdoeleindes nie, was hulle al hierdie
tyd by magte om dit te doen – derhalwe bring die Onteienings-
wetsontwerp geen nuwe bevoegdheid in hierdie verband mee nie.
Onteienings vir ander doeleindes soos die bou en uitbreiding van
infrastruktuur vind al die jare op ‘n baie gereelde basis plaas.
Wese van die Onteieningswetsontwerp
Die Onteieningswetsontwerp is in wese ‘n prosedurele stuk wetge-
wing – dit sit die proses van onteiening uiteen, dit verleen nie aan
enige ander minister of instansie as aan die Minister van Open-
bare Werke magte om te onteien nie en die minister mag dit slegs
gebruik om eiendom te verkry vir die spesifieke behoeftes van
Openbare Werke (soos staatsgeboue).
AKTUEEL
ANNELIZE CROSBY,
regs- en politieke adviseur: Agri SA
Graan SA/Sasol fotokompetisie