

Julie 2016
82
‘N RUSTIGE OU
met ‘n brandende passie vir landbou
S
A Graan/Grain
het Graan SA se voorsitter, Jaco Minnaar,
net eers ‘n kansie gegee om behoorlik sy sit in die saal
te kry, voor ons met hom gesels het oor sy nuwe ver-
antwoordelikheid, sy boerdery en die organisasie wat hom
na aan die hart lê.
Versprei jou risiko
Risikoverspreiding is, volgens hom, vandag die sleutelwoord. “Daar
is verskeie maniere om dit te doen, byvoorbeeld deur verskillende
gewasse te plant en teen verskillende planttye te plant. Dit is ook
belangrik dat al jou grond nie in een gebied of naby aan mekaar is nie.
“Ja, dit is heerlik as al jou grond langs mekaar is en jy nie ver hoef
te ry nie, maar vanjaar het weer eens gewys wat droogte en reën
wat kol-kol voorkom, kan doen. As al jou boerdery-aktiwiteite
gekonsentreer is, mis die een bui reën jou dalk net-net of ‘n haelbui
tref alles,” vertel hy.
Volgens hom is risikoverspreidingsopsies waarna ‘n graanprodusent
vandag kan kyk goeie wisselbougewasse, verminderde bewerking,
opbou van grondkwaliteit, ‘n goeie veefaktor en selfs wild. Dit sluit
ook beleggings buite jou eie boerdery in, maar hy waarsku: Fokus op
beleggings wat groei en waarde toevoeg.
“Dit is uiters gevaarlik om al jou eiers in een mandjie te hê. Droogte
in Suid-Afrika is ‘n gegewe – veral verder na die westekant. En die
koste van produksie het só hoog geraak, dat jy in een jaar alles
kan verloor. In sommige gebiede is die produksiekoste van graan
onrusbarend naby aan die totale waarde van grond!”
Dié graanprodusent is self betrokke by die teel van wild. Hy brei ‘n
bietjie daaroor uit. “Met die hoë waarde van wild, kan klein stukkies
weiding nou effektief benut word deur hoëwaarde-wildspesies en
só help om jou boerdery te diversifiseer. Die regte spesies is egter
uiters belangrik.
“Die basis van die wildmark sal altyd in die trofee- en jagbedryf
wees. Jou risiko is beduidend kleiner as die spesies waarmee jy
teel, goed in dié mark gevestig is en die waarde van jou diere relatief
naby hieraan is.
“Wanneer daar na die goedkoper wild gekyk word, moet jy eko-
nomie van skaal hê om die som te laat klop, maar as jy hoërwaarde-
spesies soos buffels, swartwitpense en bastergemsbokke oorweeg,
klop die som op ‘n klein skaal.
“Hierdie trofeewild se waarde word ook in dollar-terme gemeet. Dit
is dus boonop ‘n goeie rand-verskanser,” meen hy.
Jaco verduidelik dat kleurvariasie in diere die afgelope paar jaar ‘n
baie goeie belegging was, maar dat die risiko hoog is, aangesien
daar nie ‘n volhoubare mark daarvoor is nie. “Die probleem met die
kleurvariasie in wild is ook dat die variasies in die meeste gevalle
van swakker gehalte is as die opregte diere.” Sy raad is om dalk
eerder te kyk na spesies waar dit nie die geval is nie.
Die seisoen wat voorlê
Die nuwe produksieseisoen klop aan die deur en produsente is
reeds besig om hul potlode skerp te maak en hul beplanning te doen.
SA Graan/Grain
wou weet watter raad het hy vir produsente rakende
die nuwe produksieseisoen?
Sonder aarseling antwoord hy: “Sorg betyds dat jou finansiering
in plek is – praat vroeg genoeg met jou finansierder. Pryse gaan
waarskynlik heelwat gedurende die seisoen beweeg, so as jy op ‘n
gewas besluit, maak ten minste ‘n minimumprys vas.
“Besluit oordeelkundig. Om witmielies teen uitvoerpariteit te pro-
duseer kan ‘n risiko wees – in Suid-Afrika kan ‘n mens nie op die
lang termyn teen uitvoerpariteit produseer nie. Daar is dalk ander
gewasse wat meer winsgewend verbou kan word. Sorg dat jou
toerusting reg is voor die seisoen. Die meeste produsente kan nie
vanjaar foute bekostig nie. Bestuur jou risiko’s en moenie onnodig
kanse vat met grondvog, gewasse, finansiering en skuld nie,”
benadruk hy.
AKTUEEL
Profiel
– Ontmoet Graan SA se nuwe voorsitter
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur:
SA Graan/Grain
Blitsfeite
Jacobus Johannes (Jaco) Minnaar (39) boer op die plaas
Botesrust naby Hennenman.
Jaco bedryf ‘n gemengde boerdery. Sy boerderyvertakkings
bestaan hoofsaaklik uit droëlandgraan (mielies, sojabone en
sonneblom) – en ook beeste, skape en wild.
Boerdery vloei sterk deur sy are: Sy pa en albei sy oupas was
produsente. Hy is die vierde geslag wat op die grond boer en
ten minste die vyfde geslag wat in die omgewing boer.
Dié gebore en getoë “Hennenmanner” is met Nicolene (self
‘n boerenooi) getroud en hulle het twee kinders: Henke (8) en
Daniël (5).
Naweke is gesinstyd – kwaliteittyd. Tussen sy besige skedule
deur probeer hy ook om so ver moontlik nie uit te slaap nie.
Dié produsent het ‘n graad in Landbou-ingenieurswese.
Hy beskryf homself as eerlik, betroubaar en rustig.