

Cut losses with
PRECISION
Plant with
VISION
Process Monitor
for Air Seeders
Area
Speed
Tacho up to 4 axles
Alarm on each function
Easy to install
Bin / Tank full
Bin / Tank empty
Proudly Made
in South Africa
Tel: 012 345 3193
Fax: 012 345 6763
Web:
www.electrolee.co.zaEmail:
info@electrolee.co.zaSales:
sales@electrolee.co.zaPlanter Monitor
Seed per 100m per row, seed population
Hectares worked and much more
Easy to install and maintain
Fertiliser and turning of axles
Can be applied to most planters
Real tough, rust and water resistant
Op sy beurt kry die mikorisaswam weer suikers (koolstof) en ander
stowwe by die plantwortels. Beide die gasheer en swam word dus
bevoordeel. Grondbewerking is baie nadelig vir mikorisa.
Siektebeskerming
Jong gewasse se wortels is vatbaar vir infeksie deur patogeniese
swamme, bakterieë of virusse. Mikorisa en patogene kompeteer vir
infeksieruimtes op die worteloppervlak en ding verder ook mee vir
koolstof en ander voedingstowwe. Sodoende word die patogene
deur middel van kompetisie uitgehou.
Arbuskulêre mikorisaswamme kan ook chemiese verbindings met
antimikrobiese eienskappe afskei, wat verhoed dat ongewenste
swamme die wortels van die gasheerplant binnedring. In mikorisa
se teenwoordigheid word patogene dus tot ‘n groot mate in die
proses uitgesluit. Mikorisa dien dus sonder hulp van buite as hoogs
effektiewe biologiese beheer-tussenganger.
‘n Uitstekende voorbeeld waar mikorisa die plant teen patogene
beskerm, is
Fusarium
spp. wat wortelvrot en kroonvrot in mielies
veroorsaak. In gevalle waar mikorisa nie volkome onderdrukking
van patogene kan bewerkstellig nie, dra hulle nog steeds by
tot verdediging van die gasheerplant in kombinasie met ander
biologiese agente soos die welbekende wortelknoppiebakterieë,
Rhizobium
spp.
Bevordering van grondstruktuur en
voedingsvoordeel
Die wye netwerk van mikorisaswamdrade dra by tot grondstruk-
tuur en -stabiliteit. ‘n Byproduk van die aktiwiteit van mikorisa is
die vervaardiging van glomalien – ‘n verbinding wat grondstruktuur
verbeter.
Glomalien is basies die “gom” wat kleipartikels aanmekaar bind om
groter aggregate te vorm. Sodoende word daar groter porieruim-
tes in die grond gevestig, wat gaswisseling om die wortelsone
bevorder. Dit skep natuurlik ideale ruimtes vir plantwortels om te
kan groei en funksioneer.
Die ruimtes bevorder ook die vinnige verdeling van voordelige
aërobiese bakterieë wat stikstof kan bind en fosfor kan oplos en
dit aan die plant beskikbaar stel. Mikorisaswamdrade kan ook sand
saambind – wat ’n ideale vogretensie-omgewing skep vir plant-
wortels en bakterieë.
Mikorisa koloniseer veral jonger plantwortels. In ouer plantwortels
breek die wortelkortekslaag waarin die mikorisa is, mettertyd
af. Fyn wortels is die hoofsetel van mikorisa-ontwikkeling en is
ook die aktiefste area vir voedingsopname. Die toevoeging van
organiese materiaal soos kompos kan ook ‘n positiewe effek op
arbuskulêre mikorisaswamspoorgetalle hê. In droë gebiede help
die mikorisaswamme om skaars water na die plant te vervoer.
Stikstofbinding in simbiose
Menige mikrobes bind stikstof simbioties met ’n gasheerplant. In
die simbiotiese proses verskaf die plant suikers as voedsel aan die
mikrobes, terwyl die gebonde stikstof deur die mikrobes met die
plant uitgeruil word vir groei.
Die bekendste voorbeeld van simbiotiese stikstofbinding is waar-
skynlik die wisselwerking tussen peulgewasse (sojabone en grond-
bone) en rhizobia-bakterieë. Voorbeelde van laasgemelde is die
alombekende
Rhizobium
- en
Bradyrhizobium
-bakterieë wat aan
peulgewasse soos sojabone en grondbone toegedien word.
‘n Unieke eienskap van rhizobia-bakterieë is hul vermoë om gespe-
sialiseerde knoppies in ‘n simbiotiese assosiasie met die peulgewas
te vorm. Die proses van stikstofbinding word aangeskakel indien
die rhizobia in die risosfeer verbindings soos flavonoïde, wat deur
die plantwortels afgeskei word, teëkom.
‘n Reeks van rhizobia-gene word geaktiveer, wat lei tot die infeksie
van die plant deur rhizobia-bakterieë en uiteindelik die vorming
van nodules (knoppies). Die wisselwerking skakel atmosferiese
N
2
om tot ‘n hernubare bron van stikstof vir landbougebruik, met
geskatte addisionele waardes van tot soveel soos 300 kg stikstof
per hektaar per jaar.
In teenstelling met anorganiese stikstof dien hierdie stikstof wat
verkry is deur biologiese stikstofbinding nie net as ‘n reserwe stik-
stofpoel nie, maar kan soms ook stikstofkunsmis vervang om gewas-
opbrengste doeltreffend te verhoog.
Gevolgtrekking
Mikrobes in die grond vorm ‘n onontbeerlike deel van suksesvolle
plant- en gewasproduksie. Die sinergistiese same-
werking tussen plantwortels en biologie in die grond
is een van die pilare van volhoubare landbou.
1: Die wortelpunt van die plant wat in die grond ver-
leng. Soos die wortel deur die grond groei, word selle
gedeponeer, wat dan as voedsel vir mikrobes dien.
Bron:
www.nrcs.usda.gov/wps/portal/nrcs/detailfull/soils/health/biology/?cid=nrcs142p2_053868
2: ‘n Wortel wat deur mikorisaswamme gekoloniseer
is.
Met vergunning: AH Meyer
1
2