Background Image
Previous Page  80 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 80 / 92 Next Page
Page Background

Julie 2015

78

Jy moet meet om te kan weet en

jy moet weet om te kan besluit

I

n die omgewing van Klipheuwel in die Swartland, is waar die

Blanckenberg-familie hul besigheid bedryf. In hierdie boerdery

is daar voorsiening gemaak dat die drie Blanckenberg-broers

(Koos, Vlok en Philip) saam met hul pa, Boy, dié besigheid kon

uitbrei en laat groei.

Hierdie landboubesigheid bestaan uit onder meer ‘n groot saai-

boerdery waar daar hoofsaaklik koring, hawer en kanola vir die

kontantmark verbou word. Verder word daar ook ‘n groot melkery

asook ‘n skaap- en vleisbeesboerdery bedryf.

Omdat die skaap en vleisbeeste weiding vereis, word medics in

wisselbou met die saaiboerdery geplant. Ten einde vir die melkery

genoeg rumateriaal te verskaf, word daar onder besproeiing mielies

vir kuilvoerproduksie aangeplant en daar word ook hawerkuilvoer

vanaf droëlande geproduseer.

Ten einde só ‘n groot en intensiewe boerdery te bestuur, is ‘n

spanbenadering van kardinale belang. Dit is hier waar die waarde

van goeie verhoudinge en die vermoë om saam te kan werk, ekstra

gewig dra.

Dié boerdery se bestuur bestaan uit vier direkteure – die drie

Blanckenberg-broers en hul pa, Boy – wat elk ‘n eie rol vervul en

die verantwoordelikheid van elke onderskeie rol moet dra. Besluite

word gewoonlik gesamentlik deur die direksie geneem en tydens

gereelde vergaderings word die beplanning, vordering en prestasie

bespreek en bestuur.

Omdat hierdie boerdery op ‘n daaglikse basis ten volle moet kan

funksioneer, is daaglikse kommunikasie baie belangrik. Die direk-

teure kom soggens vroeg bymekaar waar die werksaamhede vir die

dag en aspekte rakende die nabye toekoms bespreek word.

Aksieplanne en verantwoordelikhede word uitgesit en dan na die

werkers gekommunikeer. Maandeliks sit die bestuur om die vol-

gende maand se vooruit- en seisoensbeplanning te doen en hier

is ‘n besluitelys, notule en agenda uiters belangrik. Die aksies

wat uitgevoer moes word, die aksies wat uitgevoer is en die stand

van sake, word onder meer tydens hierdie vergaderings bespreek.

Familieboerdery

Vir enige familieboerdery en -besigheid is dit van uiterste belang

dat die lede goed kan saamwerk. In hierdie besigheid is daar gebruik

gemaak van ‘n spesialis om die lede van die direksie se persoonlik-

hede asook sterk- en swakpunte te bepaal en ‘n werkswyse daar te

stel oor hoe om hierdie uiteenlopende persoonlikhede op die regte

plek aan te wend en te laat saamwerk.

Elke lid van die bestuur is dus gemaklik in sy werk en die lede weet

wat mekaar gelukkig maak en ongemaklik laat voel. Hierdie kennis

is van onskatbare waarde en dit help tot ‘n groot mate dat die

kommunikasie tussen die lede van die direksie baie goed is en bly.

Koos noem ook dat daar soms struwelinge is en dan maak hul

weer van hul konsultant gebruik om die situasie aan te spreek en

die bestuur te help om die saak reg te stel. Goeie kommunikasie,

tydige gesprekke en die vinnige regstel van probleme, help om baie

groot probleme te voorkom.

Om te meet, is om te weet

Die inbring van ‘n skaal in die boerdery het ‘n baie groot

OP PLAASVLAK

Familieboerdery / Spanbenadering / Kommunikasie

Bestuurspraktyke

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finalis

1: ‘n Baie besonderse familiefoto van die Blanckenbergs: Philip en Letanje met hulle drie kinders, Hendri, Mandi en Francois; Vlok en Elrita met Hendrik,

Boy en Hester; ouma Marie en oupa Boy en Koos en Cornele saam met Boy (agter), Hanu en Kobus.

1