Background Image
Previous Page  75 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 75 / 92 Next Page
Page Background

PANNAR sonneblombasters is bekend vir stabiele

prestasie en goeie risikobestuur. Die pakket sluit ’n

volledige reeks basters met die CLEARFIELD

®

geen

asook basters met die CLEARFIELD

®

PLUS geen in.

Boere kan met groot gemoedsrus en vertroue

PANNAR se sonneblomreeks aanplant met die wete

dat die beste tegnologie in hierdie basters opgesluit lê.

®CLEARFIELD

®

en CLEARFIELD

®

PLUS is die geregistreerde handelsmerke van BASF.

Skoonheid en

verstand, vir

resultate op die land.

2015/SUN/A/11

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Saam boer ons

vir die toekoms

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

ULTRAMODERNE

NAVORSING

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

Die nuwe kultivars is merendeels die duurder kultivars. Ver-

seker dat die kultivars onafhanklik deur die LNR-IGG getoets is

en dat die prestasie bewese is. Moenie onnodige groot risiko’s

met ‘n nuwe kultivar loop nie.

Neem kennis van die agronomiese eienskappe, aanpasbaar-

heid, opbrengsprestasie en -stabiliteit, kwaliteitseienskappe

en siekte- en plaagweerstand van ‘n spesifieke kultivar voor

dit aangekoop word. Raadpleeg die LNR-IGG se

2015 Mielie-

inligtingsgids

(MIG) of die betrokke kundiges.

Met aankope, maak seker dat die kwaliteit van die saad aan al

die vereistes, ook aan dit wat op die sakkie staan, voldoen; veral

ten opsigte van die eenvormigheid van pitgrootte en pitvorm.

Wanneer GM-kultivars (Bt- of RR- of dubbelgeen-kultivars)

aangekoop word, maak seker dat die tegnologiefooi by die prys-

lys ingesluit is en dat konvensionele mielies vir die toevlugs-

area bykomend aangekoop word. Maak ook seker dat almal wat

die saad hanteer, GM-eienskappe op saadsakke kan uitken en dit

ook van konvensionele kultivars kan onderskei.

Sekere saadlotte word met middels behandel wat ‘n verskil aan

die prys maak.

Beding vir kortings waar moontlik.

Laastens, kontak saadmaatskappye en hul verteenwoordigers

vir meer volledige besonderhede rakende pryse en verskillende

verpakkings.

Behandeling van saad

Saadmaatskappye staan nie in vir die kwaliteit van saad indien

saadbehandelings nie deur die saadmaatskappye self of deur ‘n ge-

registreerde chemiese verskaffer wat toerusting en prosesse ge-

bruik wat ISO-geakkrediteer is nie, gedoen word nie.

In die geval waar ‘n chemiese verskaffer die behandeling doen,

moet hy kan verseker dat die behandeling nie die kieming beïn-

vloed nie. Die chemiese middel wat gebruik word, moet ook

onder Wet 36 van 1947 geregistreer wees en verkieslik deur die

saadmaatskappy vir die spesifieke kultivar aanbeveel word. Be-

handeling van Rhizobium is uitgesluit.

Dit word dus aanbeveel dat produsente wat nie saad aankoop

wat reeds behandel is nie en dit later wil laat behandel, dit in same-

werking met die saadmaatskappy moet doen.

Riglyne vir die aanplant van Bt-mielies

Met die aankoop van Bt-saad, word ‘n tegnologie-ooreenkoms

onderteken, waarin ‘n produsent onderneem dat die saad volgens

voorgeskrewe riglyne aangeplant sal word. Een van die belangrik-

ste riglyne sluit die plant van ‘n toevlugsarea in.

Daar is twee opsies wat gevolg kan word: Óf ‘n 5%-aanplanting

van nie-Bt-saad waar stronkboorders nie chemies beheer mag

word nie; óf ‘n 20%-aanplanting van nie-Bt-saad waar die chemiese

beheer van stronkboorders wel toegepas kan word.

Indien die 5%-opsie uitgeoefen word, moet elke 100 ha mielies

aangeplant, uit 5 ha nie-Bt-mielies en 95 ha Bt-mielies bestaan.

Sou die 20%-opsie uitgeoefen word, moet elke 100 ha mielies dus uit

20 ha nie-Bt-mielies en 80 ha Bt-mielies bestaan.

Bykomend tot die vereiste persentasie nie-Bt-mielies, is daar ook

spesifieke maatreëls wat geld by die aanplant van ‘n toevlugsarea.

Toevlugsareas moet onder andere só geposisioneer word dat

Bt-mielies nie verder as 400 m vanaf ‘n toevlugsarea aangeplant

word nie, ten minste twee buitegrense van die Bt-aanplanting ge-

dek word, mag nie uit minder as ses rye bestaan nie en toevlugs-

plante mag nie tussen Bt-plante geposisioneer wees nie.

Mielies wat in die toevlugsarea geplant word, moet ook dieselfde

groeitempo as die Bt-mielies hê en moet ook binne sewe dae van

mekaar geplant word.

73