Background Image
Previous Page  72 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 72 / 92 Next Page
Page Background

Moet nooit ‘n

staatmaker-kultivar

binne een seisoen

met ‘n nuwe of

onbekende een

vervang nie.

Julie 2015

70

f

eitlik alle saadmaatskappye het saadprysstygings vir die

nuwe seisoen aangekondig ondanks die moeilike pro-

duksiejaar waardeur produsente is en die finansiële posisie

waarin baie verkeer.

Mieliesaadpryse het vir die 2015/2016-produksieseisoen met

gemiddeld 5,6% gestyg. Op ‘n gemiddelde basis het sonneblom-

saadpryse met 6,6% gestyg; graansorghumsaadpryse met 10,2%

en sojaboonsaadpryse met 5,6%. ‘n Goeie barometer om prys-

stygings teen te meet, is die produsenteprysindeks (PPI). Vir 2015

tot dusver was die gemiddelde PPI-styging 3,1%. Bykans alle saad-

pryse het meer as dit gestyg.

Grafiek 1

toon ‘n indeks van mieliesaadpryse en die produsente-

prys van mielies oor tyd aan. Uit die grafiek is dit duidelik dat

die gaping in dié indekse bly toeneem en verduidelik die feit dat

produsente so sensitief raak oor saadpryse.

Volgens Graan SA se Produksie/Inset Werkgroep het mieliesaad-

pryse van gewilde kultivars met 6,8% gestyg.

Kultivars verskil van mekaar in een of meer eienskappe en elkeen

het dus ‘n unieke aanpasbaarheid en opbrengspotensiaal. Volgens

die LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) stel hierdie kultivar-

verskeidenheid alternatiewe beskikbaar wat goed benut kan word

en die volgende is belangrike riglyne vir kultivarbeplanning wat

oorweeg moet word:

Moet nooit ‘n staatmaker-kultivar binne een seisoen met ‘n

nuwe of onbekende een vervang nie. Kultivarverskeidenheid

versprei risiko. Plant ‘n reeks kultivars wat verskil in groeisei-

soenlengte en eienskappe.

Kultivars moet aanpas by ‘n spesifieke opbrengspotensiaal,

maar moet in staat wees om aan te pas by hoër en laerpoten-

siaaltoestande.

Hersien kultivars jaarliks.

Sien

Tabel 1

tot Tabel 4

vir prysvergelykings tussen verskillende

maatskappye. Let wel dat pryse kan verskil afhangende van pit-

groottes en saadbehandelings.

Riglyne met die aankoop van saad

Met die aankoop van saad, is daar ‘n aantal faktore waarop produ-

sente moet ag slaan:

Wees daarop bedag dat pryse vir verskillende verpakkings

geld, naamlik in 15 kg, 20 kg en 25 kg sakkies of in pitverpak-

kings van 60 000 of 80 000 pitte per sakkie. By sonneblom-

saad is daar ook verpakkings van 150 000 en 180 000 pitte per

sakkie beskikbaar.

Saadpryse styg vir die

2015/2016-produksieseisoen

ondanks moeilike omstandighede

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en

PETRU FOURIE,

ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

OP PLAASVLAK

Grafiek 1: Prysindeks van mieliesaad en

produsenteprysindeks van mielies.