Nuwepersaanlegteveranderdie
markstruktuurvir sojaboneonherroeplik
d
ie nuwe toetreders in die persmark vir sojabone bied
aan produsente belowende uitbreidingsmoontlikhede
in die 2015/2016-bemarkingsjaar. Inteendeel, aandui-
dings toon dat die markstruktuur reeds in die 2014/
2015-bemarkingsjaar onherroeplik verander.
Ná verskeie navrae, biedGraan SA in hierdie artikel twee scenario’s
wat ‘nvooruitsiggeeoor die sojaboonmark tot eindeFebruarie2015.
Daar is geen sekerheid dat die scenario’s presies so sal afspeel nie
en Graan SA aanvaar nie aanspreeklikheid vir markbesluite wat
hierop gebaseer word nie. Ons bespreek die plaaslike markom-
standighede teen die agtergrond van die volgende internasionale
markvooruitsigte.
Internasionalemarkvooruitsigte
Dieprysevan sojabone, oliekoek enoliehet nádiehoogtepuntpryse
wat vir die 2013/2014-bemarkingsjaar in Februarie enMaart behaal
is, ‘n dalende tendens begin toon om heelwat laer in November
en Desember te verhandel (
Tabel 1
). Dit gebeur omdat die goeie
produksietoestande in die VSA gedurende die volgende twee
maande kan voortduur.
Suid-Afrikaanse invoere vanArgentynse
oliekoek neem af
Suid-Afrika voer groot hoeveelhede sojaboonoliekoek uit Argentinië
in.
Tabel 2
toon aan hoe die invoer van sojaboonoliekoek oor die
afgelopedrie jaar afgeneemhet.
Die totale invoere het vir die 2011/2012-bemarkingsjaar 892 522 ton
beloop. Die oliekoekinvoere het in 2012/2013 met 12,3% gedaal
tot 782 675 ton. Tussen 2012/2013 en 2013/2014 het invoere met ‘n
verdere 20,5%gedaal tot 622 221 ton.
Dit is duidelik dat die toename inmededinging in die plaaslike soja-
boonoliekoekmarkdaartoe leidatdievervangingvanoliekoekinvoere
vinnig besig is om ‘n realiteit te word. Sojabone se produksietoe-
name vir verbruik in die 2012/2013- en 2013/2014-bemarkingsjare
hetmet 20,8% toegeneem tot 785 000 ton.
Die produksietoename vir verbruik in die 2014/2015-bemarkingsjaar
het slegsmet 13,8% tot 893 000 ton verhoog, terwyl die toename in
verbruik na verwagting met meer as 20% behoort te verhoog. Die
beskikbare hoeveelheid sojabone wat vanjaar geproduseer is, is te
min om aan die verwagte groei in verbruik te voldoen en daarom
behoort prysgeleenthede tot enmet Desember voor te kom.
Invoer vanBrasiliaanse sojabone laat
pryse skerp daal
Die totale koste om sojabone vanaf ‘n v.a.b.-basis (Durban) tot in
Randfontein in tevoer, beloopnagenoegR1093/ton.Diegemiddelde
pryse van Suid-Afrikaanse sojabone het gedurende Februarie en
Maart ‘n hoogtepunt van R6 445/ton bereik. Gedurende dié tydperk
het die invoere van oliekoek tussen Februarie en Maart, vanaf
35 725 ton tot 60 701 ton toegeneem.
Die v.a.b.-waarde (Durban) vir sojabone uit Brasilië het slegs
R4 523/ton beloop, wat beteken dat ingevoerde sojabone in
Randfontein gelewer kanword teen ongeveer R5 616/ton. Gevolglik
was daar vanaf Januarie tot April, 76 824 ton sojabone ingevoer,
waarvan23754 tongedurendeMaart en50632 tongedurendeApril
ingevoer is.
Die binnelandse sojaboonprys het met R860/ton of 13,3% tot
R5 585/ton in die daaropvolgende twee weke gedaal (
Grafiek 1
).
Die plaaslike sojaboonprys het tot die ekwivalente prysvlak vir VSA
uitvoerpariteit gedaal.
Weens die skerp prysdaling, word dit nie verwag dat verdere
grootskaalse invoere sal plaasvind nie. Indien grootskaalse invoere
steeds vir Meimaand en later realiseer, beteken dit dat die nuwe
persaanlegte die huidige gunstige persmarge optimaal wil benut
en sojabone invoer indien dit steeds teen ‘n billike invoerprys
kangeskied.
Vraag en aanbod inSuid-Afrika
In
Tabel 3
word ‘n optimistiese scenario voorgestel van die soja-
boonlewerings, potensiële invoere en persvolumes van sojabone.
Die scenario kan uitspeel indien die doeltreffendheid van aanlegte
geoptimaliseer kan word en die rand teen die vierde kwartaal van
2014 en eerste kwartaal van 2015 tot R9,85 sou versterk.
‘n Sterk rand bevoordeel invoere. Die optimistiese verbruikscenario
gee tenminste ‘n riglynwaarteendiemaandeliksepersen invoer van
sojabonevanafMei 2014 tot Februarie2015met diewerklikeverbruik
gemeet kanword.
Met hierdie scenario behoort die totale produksie van 863 000 ton
verbruik te kanword en 200 386 ton ingevoer wordomdie plaaslike
nuweperskapasiteit beter te kanbenut.
In dié scenario voer Suid-Afrika 200 386 ton sojabone in. ‘n
Tonnemaat van828569 tonsojabonewordgepers, 155058 tonword
WESSEL LEMMER,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
20 Junie 2014
OP PLAASVLAK
Julie 2014
60