OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
–Deel 2
PJ PIETERSE,
Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch
Wildehawer (
wildoats
)
WINTERREËNVALSTREEK
Onkruide in die
Reeks
n
aas raaigras, is wildehawer (
Avena
-spesies) seker die
belangrikste grasonkruid in gesaaides in die winter-
reënvalstreek. Daar is hoofsaaklik drie spesies wat
voorkom, naamlik
Avena fatua
(gewone wildehawer),
A. barbata
(wildebaardhawer) en
A. sterilis
(groot wilde-
hawer). Laasgenoemde spesie het twee sub-spesies,
naamlik.
A. sterilis
ssp.
sterilis
en
A. sterilis
ssp.
ludoviciana
.
Wildebaardhawer is nie juis ‘n faktor in landerye nie omdat dit
meestal in versteurde areas, soos padreserwes, voorkom en swak
kompeteer met gewasse. Gewone wildehawer is waarskynlik die
spesie wat die meeste voorkom in landerye en daarom kan dit
moontlik as diebelangrikste vandie spesies beskouword.
Groot wildehawer kom nie so wydverspreid voor nie, alhoewel dit
deur bronne in Europa as ‘n baie meer aggressiewe kompeteerder
beskou word (koringverliese van tot 70 kg/ha vir elke pluim wilde-
hawer perm²).
Vir die doel van hierdie artikel sal gewone wildehawer dus as stan-
daardgebruikword enword aanvaar dat chemiese en nie-chemiese
beheermetodes wat daarvoor effektief is ook vir die ander spesies
effektief sal wees. Die drie spesies lyk nie veel verskillend wat
die voorkoms van die plante self betref nie. Al drie is eenjarige,
polvormende grassewat tussen 80 cm (wildebaardhawer) en 1,2m
(groot wildehawer) lank kanword.
Halms en blaarskywe is gewoonlik glad, terwyl die blaarskedes van
wildebaardhawer en groot wildehawer dikwels behaard is, veral by
die onderste blare, maar die blaarskedes van gewonewildehawer is
glad. Die blaartongetjie (liguul) is membraanagtig, groot, stomp en
tussen 4mm en 8mm lank. Bloeiwyse is ‘n oop, los pluimwaarvan
die blompakkies in die geval vanwildebaardhawer veral na die een
kant toe hang, terwyl die ander twee spesies s’n eweredig rondom
diebloei-as gerangskik is.
Sade lyk soos tipiese hawersaad, is harig en is gerond aan die een
kant met ‘n spleet aan die ander kant. Die kleure wissel van wit tot
strooikleurig tot donkerbruin. Groot wildehawersaad kan redelik
maklik vandie ander twee spesies onderskei worddeurdat die twee
sade nie losbreek vanmekaar voordat dit uit die blompakkie val nie
endusmeestevandie tyd twee-tweevoorkom, terwyldieander twee
spesies se sadegewoonlik losbreek vanmekaar voordat of wanneer
dit uit dieblompakkieval endusmeestal een-eenvoorkom. Die sade
segroottevarieervan7mm lanken1,8mmbreed (wildebaardhawer)
tot 1 cm lank en 2mmbreed (groot wildehawer).
Voorkoms en verspreiding
Wildebaardhawer kom wydverspreid in Suid-Afrika voor, gewone
wildehawer hoofsaaklik in die suidelike Kaapprovinsie en graan-
produserende gebiede van die Vrystaat en groot wildehawer kom
wydverspreid in die winterreënvalstreek voor. Al die spesies is
winteronkruidewat opversteurdeplekkeen langspaaievoorkomen
gewoneengrootwildehawer isookbelangrikeonkruide in landerye,
veral koringlande.
Wildehawer was vroeër die belangrikste grasonkruid in die winter-
reënvalstreek, maar met die toename in minimum- en geenbewer-
king het raaigras baie belangriker geword enwildehawer inmeeste
gevalle verplaas as die algemeensteonkruid.
Dit blykegter asof sekere toestande (moontlikbaienat, kouewinters)
die ontkieming en groei van wildehawer stimuleer en in sulke jare
veroorsaakwildehawerheelwatmeerprobleme.Soosreedsgenoem,
is wildehawer ‘n besonderse sterk kompeteerder met gewasse. Dié
plante is ook berug vir uiters rustende sade enwildehawersaad kan,
afhangendevanomgewingstoestande, vir ‘npaarmaande tot soveel
as 14 jaar lank lewenskragtigbly indiegrond.
InAustralië is egter waargeneem dat twee agtereenvolgende braak-
landjare die wildehawersaadpopulasiemet 99% verminder het. Die
relatiewe groot saad wat van dieper dieptes kan vestig asook die
langlewendheid van die saad, veroorsaak dat begrawing soos met
‘n skaarploeg, nie so effektief is opwildehawer soos op raaigras nie.
Beheer
Chemiese beheer
Die lys van onkruiddoders wat vir wildehawer geregistreer is wat
in die publikasie
A Guide for the chemical control of weeds in
SouthAfrica
genoemword, word in
Tabel 1
aangetoon. ‘nOorgrote
meerderheid van hierdie onkruiddoders is vir beheer van gewone
wildehawer geregistreer, maar daar word aangeneem dat ‘n on-
kruiddoder wat effektief teen een spesie is, ook effektief op die
ander spesies sal weesmits daar nieweerstanddaarteenontwikkel
het nie.
Wetenskaplike naam:
Avena-spesies (Avenabarbata, A. fatua, A. sterilis)
Afrikaanse naam:
Wildehawer (wildebaardhawer [
A. barbata
], gewonewildehawer [
A. fatua
], grootwildehawer [
A. sterilis
])
Engelse naam:
Wildoats (slenderwildoats [A. barbata], commonwildoats [A. fatua], tallwildoats [A. sterilis])
Julie 2014
70