FOKUS
Bemesting
Spesiale
Pasopvir té slim raak
O
ns soek dikwels na vooruitgang op vreeslike ingewikkelde
maniere, terwyl die basiese beginsels nie eers in plek is
nie. Kortom:Ons raak te slim vir onsself.
Dit is opmerklik dat daar ‘n groot aantal jonger produsente tot die
landbou toetree, wat baie bemoedigend is. Hiermee saam is dit dalk
nodigomnetweer nadiebasiesebeginselsvanplantvoeding te kyk.
Baie inligting is al oor plantvoeding ingesamel en baie van dit só
lank terugdat dit al vergete is,maar steeds ‘n verskil inopbrengs en
danookwinsgewendheid kanmaak. Krydiebasiesedinge inplek en
kombineer dit met nuwe tegnologie en benaderings en verhoogde
winsgewendheidword ‘nwerklikheid.
Van hierdie kombinasies is plasing van kunsmis, tyd van toediening
en die gebruik van blaarvoedings om die gewas se fisiologie te
bestuur.
Plasing
Verskillende faktore, soos die gewas se wortelontwikkeling en
behoefte gedurende die verskillende groeistadiums, die eienskappe
van die kunsmis, die beskikbaarheid van water, die tyd van
toediening, die grondvrugbaarheidstatus asook die opbrengsvlak,
ommaar net ‘npaar tenoem, beïnvloeddieplasingvandie kunsmis.
Die patroon van ‘n gewas se wortelontwikkeling en beskikbare
grondwater loop hand aan hand. Wortels kan nie voedingstowwe
uit droë grond opneem nie en daarommoet kunsmis geplaas word
waar daar ‘ngroot konsentrasiewortels is enwaar diegrondvir lang
genoeg periodes nat bly om die voedingstowwe te kan opneem.
Deur die kunsmis vir elke gewas korrek te plaas, kan die
doeltreffendheid vanopname verhoogword.
Verskillende tipeskunsmishet verskillendegrondreaksiesen invloed
op gewasontwikkeling. Stikstof beweegmaklik in die grond, terwyl
fosfaat feitlik gladniebeweegnie,met diebeweging van kalium tus-
sendie genoemde twee. Die beweeglikheid vandie voedingstowwe
indiegrondbringmeedatstikstofenkalium indiegrondgebandplaas
wordof bo-opdiegronduitgestrooiword, terwyl fosfaat hoofsaaklik
onder diegrondoppervlaktegebandplaasword.
Deur onder meer bogenoemde faktore in ag te neem, word
kunsmis hoofsaaklik onder die grondoppervlakte gebandplaas
(met verskillende variasies), onder die grond by die saad geplaas
(aanhitser) of bo-op die grond breedwerpig (met variasies)
uitgestrooi.
Bandplasing van kunsmis is gewoonlik 5 cmweg en 5 cm onder die
saad, ‘naanhitser nabydiesaad, terwyl diedieperplaasvankunsmis
gewoonlik nie dieper as 20 cm is nie. Die posisie van plasing is ook
aandie tipeproduk engewas gekoppel.
Die diep plaas van kunsmis het die voordeel dat die grond langer
nat blyenopname kanvoortgaan,maar dienadeel isdat dit vandaar
kan loog, veral as dit voor-plant gedoenword. Grondtipe en reënval
bepaal watter plasingspraktyk gevolg sal word.
Oor die algemeen en veral by fosfaattoediening, word aanvaar dat
die opnamedoeltreffendheid van bandgeplaaste kunsmis baie hoër
is as dié van breedwerpig toegediende kunsmis. Die produsent
kry dus oor die algemeen meer waarde vir geld uit bandgeplaaste
kunsmis as uit breedwerpiguitgestrooide kunsmis.
Die maksimum hoeveelhede wat in ‘n band geplaas kan word, is
hoofsaaklik aan die tipe kunsmis, die gewas en die rywydte van die
gewas gekoppel. Raadpleeg ‘n kundige indie verband.
Tyd van toediening
Die tyd van toediening word deur die verskillende kunsmisstowwe
se reaksie enbeweeglikheid indie grond, sowel as die groeistadium
JOHANVANBILJON,
Opbrengsverbeteringstelsels, Kynoch Kunsmis
51
July2014
Met diegroot aantal jonger produsentewat tot landbou toetree, is dit dalknodigomnetweer nadiebasiesebeginsels vanplantvoeding te kyk.