011 790-8200
customercare.sa@monsanto.com www.monsanto.comMonsanto is ’n geregistreerde handelsnaam van Monsanto Technology LLC.
Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
Monsanto wens graag die volgende boere
geluk met hul uitsonderlike prestasies:
Graanprodusent van die jaar:
Vickie Bruwer
Graan SA Nuwe Era Kommersiële
Boer van die jaar:
Solomon Masango
Toyota se Jongboer van die jaar:
Anthony Goble
Landbouskrywers SA se Nasionale
boer van die jaar vir 2015:
Piet Karsten van die Karsten Group
Landbouskrywers SA se Nuwe
toetreder tot Landbou vir 2015:
Gugu Mlhipa van Gauteng
Landbouskrywers SA se
Landboukundige van die jaar 2015:
Prof Ben Cousins
Julle is almal voorwaar waardige wenners
en Monsanto hoop om nog lank te deel
in jul
landbouprestasies
!
BAIE GELUK AAN
TOPPRESTEERDERS!
A13496/SAG
Probeer sover moontlik om lande vry van onkruide en opslag te hou.
‘n Groen skynsel op die land kan van 5 mm - 7 mm vog per dag uit
die profiel laat verdwyn. Indien bewerk word, doen dit baie vlak om
so min as moontlik vog te verloor.
Grond waarvan die bogrond los is, keer dat kapillêre verliese
voorkom. Dit staan bekend as ‘n grondkombers. ‘n Chemiese be-
spuiting om onkruid of opslag te beheer, kan oorweeg word – ver-
al waar stoppel op die bogrond behou wil word. Stoppel of ‘n
deklaag bewaar vog en moet liefs nie versteur word nie.
Ken die gewas wat geplant gaan word se piekperiode vir vogop-
name – rondom blomstadium. Waar moontlik kan plantdatums
só gekies word dat blomdatums saamval met die hoogste waar-
skynlikheid van reën. Dit kan uit die geskiedenis van noukeurige
reënvalaantekeninge verkry word.
Alle grondbewerkingspraktyke moet daarop gemik wees om vog
op te gaar. Hou skoffelbewerkings vlak. Seël die lande nadat
daar op die rye ‘n diepbewerking gedoen is – byvoorbeeld na ‘n
klipbewerking.
Benader die seisoen eerder aan die konserwatiewe kant. Aanpassing
kan gemaak word aan die plantestand, bemesting en bewerkings.
Raadpleeg kundiges in so ‘n geval.
Figuur 1: ‘n Skematiese voorstelling van ‘n grondprofiel.
Graan SA
/
Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie