Background Image
Previous Page  21 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 21 / 44 Next Page
Page Background

BRAZSEED

– weiding is wins!

B

rasilië is tans een van die wêreld se supermoondhede en het

in minder as 40 jaar van ‘n netto invoerder van landbouproduk-

te tot een van die grootste uitvoerders van landbouprodukte ont-

wikkel. In dié tyd het Brasilië se beesvleisproduksie vertiendubbel

en vandag spog die land met die tweede grootste kommersiële

beeskudde ter wêreld. Hierdie ongelooflike groei word onder

meer toegeskryf aan die Brasiliaanse grasse

Brachiaria brizantha

(marandu)

en

Panicum mazimum (mombaza)

wat die drakrag

dramaties verbeter het.

Die grootste voordeel van die grasse is dat dit meerjarig is en

oorspronklik van Zambië afkomstig is. Mnr Gielie Nieuwoudt (be-

sturende direkteur van BRAZseed) is baie opgewonde oor die grasse

en sê dit maak dit vir produsente met klein plase moontlik om meer

beeste aan te hou en sodoende ‘n groter inkomste te genereer.

Nieuwoudt glo die grasse hou enorme potensiaal in en kan soos

in Brasilië ‘n wesenlike bydrae lewer tot die ontwikkeling van wei-

ding in Suid-Afrika, asook die res van Afrika. Hy sê voorbeelde van

waartoe die grasse in staat is, is in Brasilië gesien:

Op ‘n plaas van 90 ha onder besproeiing loop 1 400 beeste in die

somer en 900 in die winter op die grasse.

Op ‘n ander plaas van 3 600 ha wei 8 600 beeste op droëlandgras.

Op nog ‘n plaas van 140 ha word 700 Nelore-beeste op dié

grasse aangehou.

In Suid-Afrika word 50 000 ha Brasiliaanse gras reeds ten volle

bewei en in die nuwe seisoen gaan nog 50 000 ha gevestig word

sodat daar teen die einde van November 100 000 ha bewei kan

word. Nieuwoudt meen die Suider-Afrikaanse bedryf kan dieselfde

revolusie as die Brasiliaanse veebedryf beleef indien hierdie grasse

goed gevestig en behoorlik bemes word.

Plaaslike sukses

Die grasse het hulle ook reeds plaaslik bewys. ‘n Produsent van

Viljoenskroon het ervaar dat die grassoorte – ondanks die laat reën

vanjaar – baie goed gevaar het. Hy het 1 000 kalwers vir 60 dae op

60 ha Brasiliaanse gras laat wei. Die kalwers het gemiddeld 800 g

per dag opgetel. Dit is gelykstaande aan R950 400 se waarde in

vleisproduksie (48 000 kg x R19,80). Hy het dus ‘n gemiddeld van

R15 840/ha binne 60 dae verdien. Vir die nuwe seisoen het hy

geen insetkoste nie en het hy tans weer kalwers in kampies op

die 60 ha. Volgens Nieuwoudt het dit R150 000 gekos om die

60 ha te vestig, maar indien hy 60 ha mielies geplant het, sou dit

hom ongeveer R400 000 gekos het – met ‘n gemiddelde verlies van

R150 000.

Ontledings van die gras lyk soos volg:

Ruproteïen: 18%

Verteerbaarheid: 42%

TVV/fosfaat: 0,35%

Energie: 8 Mj/kg

Vesel: 28%

Opbrengs: 12 t/ha tot 18 t/ha op droëland of 40 t/ha tot 60 t/ha

onder besproeiing.

Skakel gerus vir Nieuwoudt by 084 800 0193 of op kantoor by 074

537 4050 vir enige navrae. BRAZseed het verspreidingspunte regoor

Afrika.

19

January 2016

PROMOSIE-ARTIKEL

1: BRAZseed is die alleenver-

spreiders van Soesp-saad in

Afrika. Bestel jou BRAZseed by

www.brazseed.co.za .

2: Dreyer Senekal en Gielie

Nieuwoudt gaan binnekort ‘n

aankondiging maak wat ‘n totale

ommekeer in landbou in Afrika

gaan veroorsaak, asook hoe ons

die kalfpersentasie van 35% in

Afrika na 70% kan verhoog.

3: BRAZseed het oor die 60 t/ha onder besproeiing in Pongola opge-

lewer, waar ernstige droogtes nou heers. Op die foto is Charl Senekal

van Pongola.

JURGEN VAN ONSELEN,

namens BRAZseed

BRAZseed is die

alleenverskaffer van Soesp-

saad in Afrika – “BRAZseed

is ons besigheid se naam en

produsente moet daarop

let dat baie van die

opposisie daarop roem dat

hulle BRAZseed verkoop.

Dit is misleidend,” sê

Gielie Nieuwoudt.

Hierdie unieke produk is

meerjarig en die oudste

aanplantings in Suid-Afrika

is ouer as vyf jaar.

Meer as 50 000 ha word

tans bewei.

1

2

3