Background Image
Previous Page  19 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 19 / 44 Next Page
Page Background

17

January 2016

OP PLAASVLAK

Kunsmispryse onder die soeklig

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

s

uid-Afrika voer deesdae om en by 80% van sy behoefte

aan kunsmis in. Voor 1996 was die situasie presies die

teenoorgestelde – toe kon ons plaaslik aan ongeveer 80%

van ons eie behoeftes voldoen. Na 1999 het Suid-Afrika

plaaslik opgehou ureum produseer. Nou word alle ureum

en kaliumbehoeftes ingevoer asook deesdae van die

fosfaatbehoeftes.

Dit bring mee dat kunsmis, graan- en oliesadeprodusente se

grootste insetkostekomponent op invoerpariteit geprys word. Dit,

terwyl plaaslike produsente meestal uitvoerpariteitspryse vir hul

graan (veral mielies) verdien.

Hoe vergelyk plaaslike en internasionale

tendense?

Met die groot hoeveelheid kunsmis wat ingevoer moet word, word

verwag dat plaaslike kunsmispryse internasionale pryse sal navolg.

Tabel 1

toon internasionale kunsmispryse in dollarterme oor ‘n

jaartydperk aan. Uit Tabel 1 is dit duidelik dat meeste van die kuns-

misgrondstowwe oor ‘n jaartydperk in dollarwaarde gedaal het.

Slegs DAP het met 6,8% toegeneem. Die rand het egter oor die-

selfde tydperk met 22% verswak, wat invoere vir Suid-Afrika duur-

der maak.

Tabel 2

toon internasionale kunsmispryse in randterme aan om

die impak van die wisselkoers te illustreer. In randterme het inter-

nasionale pryse van ammoniak en ureum met 7,7% en 7,9% gedaal,

terwyl pryse van DAP en kaliumchloried met 30,5% en 15,5% ge-

styg het.

Tabel 3

toon gemiddelde plaaslike kunsmispryse oor ‘n jaartyd-

perk aan. Terwyl stikstofpryse internasionaal in randterme met

ongeveer 8% afgeneem het, het dit plaaslik redelik sywaarts be-

weeg. Plaaslike MAP en kaliumchloriedpryse het nie tot dieselfde

mate as internasionale pryse in randterme toegeneem nie.

Kunsmispryse is

tradisioneel goedkoper

vroeër in die jaar

Omdat kunsmispryse gedurende die

jaar uitermatig kan wissel en kunsmis as

produksie-inset só ‘n groot bydrae maak

tot ‘n graan- en oliesadeprodusent se

lopende produksiekoste, kan die tyd van

aankope ‘n reuse verskil maak.

Graan SA het uit internasionale en plaaslike

kunsmispryse sedert 2004 die gemiddelde

maandelikse prys bereken en dit teen die

totale jaarlikse gemiddeld geweeg om ‘n

indeks te vorm en dit op ‘n grafiek aange-

dui. ‘n Voorbeeld van hierdie resultate

word in

Grafiek 1

weergegee. Dit gee vir

ons ‘n idee van wanneer kunsmispryse

tradisioneel en/of op ‘n gemiddelde basis

op sy hoogste of laagste is.

Uit dié inligting blyk dit dat beide inter-

nasionale en plaaslike kunsmispryse in

Januarie, Februarie of Maart op hul laagste

is. Die neiging is ook dat pryse nader aan

die einde van ‘n kalenderjaar op hul hoog-

ste is.

Hierdie tendens kan nie altyd deur somer-

graanprodusente tot voordeel gebruik

word nie, omdat die tyd van aankope en

GEMIDDELDE INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE (DOLLARWAARDE)

KUNSMIS

OKTOBER 2014

$/TON

OKTOBER 2015

$/TON

%-VERANDERING

%

Ammoniak (Midde-Ooste)

591

447

-24,4%

Ureum (46) (Oos-Europa)

335

253

-24,5%

DAP (VSA Golf)

412

440

+6,8%

Kaliumchloried (CIS)

301

285

-5,3%

Rand/dollar-wisselkoers

11,07

13,51

+22,0%

GEMIDDELDE INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE (RANDWAARDE)

KUNSMIS

OKTOBER 2014

R/TON

OKTOBER 2015

R/TON

%-VERANDERING

%

Ammoniak (Midde-Ooste)

6 543

6 039

-7,7%

Ureum (46) (Oos-Europa)

3 712

3 418

-7,9%

DAP (VSA Golf)

4 554

5 944

+30,5%

Kaliumchloried (CIS)

3 334

3 850

+15,5%

GEMIDDELDE PLAASLIKE KUNSMISPRYSE

KUNSMIS

NOVEMBER 2014

R/TON

NOVEMBER 2015

R/TON

%-VERANDERING

%

KAN (28)

5 594

5 628

+0,6%

Ureum (46)

6 293

6 212

-1,3%

MAP

8 719

9 620

+10,3%

Kaliumchloried

6 942

7 222

+4,0%

TABEL 1: INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE IN DOLLARWAARDE.

TABEL 2: INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE IN RANDWAARDE.

TABEL 3: PLAASLIKE KUNSMISPRYSE.