Januarie 2016
12
OP PLAASVLAK
Natuurlike hulpbronne
As dit by opbrengs kom, is dit eerder die verspreiding deur die
seisoen wat op die einde die deurslaggewende faktor is.
Uit
Grafiek 1
kan duidelik gesien word dat die hoeveelheid water
wat ‘n grondsoort kan vashou, toeneem met ‘n toename in klei-
inhoud tot daar ‘n sekere maksimum bereik word – (sandkleileem wat
20% - 35% klei is). Die plantopneembare water neem ook toe met
‘n toename in klei-inhoud, maar soos wat dit na die hoë klei-inhoud
van meer as 35% beweeg, begin die hoeveelheid water wat ‘n plant
kan onttrek stelselmatig minder word.
Dit word toegeskryf aan die klei wat die water so vashou dat die
plantwortel die watermolekules nie van die kleideeltjies kan “aftrek”
nie. Hieruit kan dus duidelik gesien word dat gronde met klei-
inhoude van 20% - 35% die mees optimale is wat betref water-
houvermoë (uitgesluit watertafelgronde).
By die optimale punt is die plantopneembare water in die orde van
120 mm/m. Dit is ‘n risiko om veral in die meer westelike gebiede met
limiete wat neig na die onderste limiete gewasverbouing te doen.
Opgeboude grondvog sal die bepaler van sukses wees.
Daar moet ten alle tye daarna gestreef word om waterindringing
(infiltrasie) die beste kans te gee. Die faktor wat die meeste invloed
hier sal uitoefen, sal dus die toestand van die grondoppervlakte
wees. Sekere kleigronde beskik oor sweleienskappe wat aanlei-
ding gee dat die gronde se porositeit só beïnvloed word, dat water-
infiltrasie belemmer word.
Gronde wat losgemaak is, of wat ‘n organiese bedekking het, sal
uiteraard meer water kan opneem as wat die geval met ‘n harde of
kompakte oppervlakte sou wees.
Bestuurswenke
Opgeboude grondvog met aanvang van die plantseisoen is die be-
paler van sukses.
Dit sal raadsaam wees om te bepaal hoeveel vog in die grond
voorkom – veral net voor planttyd. Daar moet voldoende vog in die
grond wees om in die plant se behoefte in die nabye toekoms te
kan voorsien. Daarom moet alle praktyke van só ‘n aard wees dat
dit grondvog sal opbou.
Hou in gedagte dat as die betrokke land nie braak was nie, daar
beslis met ‘n droër grondprofiel begin gaan word weens die droër
voorafgaande jaar. Die westelike dele van die land is meer geneig tot
langer droogtetydperke as die oostelike streke.
Ontkieming het ‘n bepaalde hoeveelheid vog nodig om te kan
plaasvind. Meestal sal sade by 25% van veldkapasiteit maklik
ontkiem. Sandgronde het die vermoë om vinniger in die bogrond
uit te droog en daarom moet daar deeglik besin word voordat
geplant word.
Hitte met gepaardgaande winde kan die bo-grondvog vinnig uitput.
Gronde met hoër klei-inhoude hou vog beter vas en stik van sade
kom minder daarop voor as die geval van sandgronde.
Grafiek 1: Toeganklikheid van water by verskillende kleipersentasies.
Wat is die waterhouvermoë
van my grond?