Wat is die waterhouvermoë
van my grond?
A
l sou die beste grondvogtoestande met planttyd heers, sal
suksesvolle produksie sonder die aanvulling van vog deur
óf reën óf besproeiing nie moontlik wees nie.
Dikwels word gevra hoeveel water ‘n spesifieke tipe grond kan vas-
hou, maar soos wat reën voorkom, vervaag die vraag en antwoord
dikwels, want dan is dit irrelevant. In droër jare, soos hierdie seisoen,
wat veral gepaard gegaan het met ‘n droë voorjaar, word die vraag
opnuut gevra.
Om die uitdrukking beter te verstaan, kan grond aan die hand van
‘n spons gesien word. Sandgronde is meer soos ‘n spons met
groot gate, wat daarop neerkom dat water baie vinnig na die
dieperliggende lae toe dreineer.
Kleigrond is meer soos ‘n baie digter spons wat water kan absorbeer
en vashou. Dreinering vind baie stadiger hierin plaas, maar daar
moet in gedagte gehou word dat waterindringing ook baie stadiger
is as die geval by die spons met die groter ruimtes.
Daarom is kleigronde meer geneig om ‘n hoër aflooptempo te hê,
veral as dit met hoë intensiteit reën gepaard gaan. ‘n Ideale grond
sal iewers tussen hierdie uiterstes lê.
Daar is egter baie faktore wat bepaal hoeveel water ‘n grond kan
vashou. Van hulle is gronddiepte, kleipersentasie (tekstuur), katioon-
uitruilkapasiteit (KUK), infiltrasie- en aflooptempo, helling en kleur
om maar ‘n paar te noem. Die korrelasie tussen katioonuitruilkapasi-
teit, klei-inhoud en waterhouvermoë is goed binne ‘n grondvorm,
maar verskil tussen grondvorms.
Dikwels word op plase waargeneem dat sekere lande langer hou
voor plante verwelking wys, maar op die oog af lyk dit asof die
diepte en kleipersentasie van die lande dieselfde kan wees. Dit is
interessant dat die waterhouvermoë van die meer swart grondsoor-
te met baie hoë klei-inhoude, soos die Rensburg- en Arcadia-
tipes, baie minder verskil ten spyte van verskille in onder andere
die KUK daarvan.
Die uitdaging om hierdie bepaling akkuraat te kan doen, lê eerder
by die laer kleigrondsoorte. Kleipersentasie alleen kan nie gebruik
word om akkuraat die waterhouvermoë van gronde te voorspel nie,
maar dit is ‘n goeie vertrekpunt.
Watertafelgronde
Watertafelgronde onderskei hulself van die res deurdat dit vir die
produsent ‘n groter plantvenster gee as gevolg van die addisionele
vog wat daarin voorkom as gevolg van die vermoë om vog op te
gaar. ‘n Watertafelgrond het ‘n plintietkeerlaag in die ondergrond,
wat dit vir water wat van bo-af infiltreer onmoontlik maak om
na dieperliggende lae te dreineer. Die grond moet gesien word
as ‘n spons wat in ‘n glasbak lê. Die water word gewoonlik in die
grondprofiel opgegaar en sou daar ‘n profielgat gegrawe word, sal jy
opmerk dat daar na ‘n paar minute vrywater in die gat vorm.
Hierdie tipe gronde word in veral die meer westelike en sanderige
dele van ons land aangetref. Deur watertafelgronde korrek te
bestuur, kan risiko op hierdie grond tot die minimum beperk word.
Baie produsente bestuur hierdie grondvorms deur van oorlêstelsels
gebruik te maak wat dan die reënvalopvangtydperk verleng met die
doel om vog op te gaar. Hierdie bestuurstelsels gaan gewoonlik
gepaard met stoppelbewerking, spoorverkeer of geenbewerking.
Die diepte van die bogrond sal dus die sukses van die gronde be-
paal. ‘n Te vlak bogrond kan aanleiding tot versuiping gee en te diep
bogrond sal weer verhoed dat wortels die natter grond kan bereik.
Die kapillêre styging vanaf die watertafel is gewoonlik in die orde
van 80 cm op sanderige grondsoorte.
Limiete
As daar na grond gekyk word, kan plante grondvog basies tussen
twee limiete opneem. Die onderste limiet van die grond word
velwelkpunt genoem – dit is die punt waar grondvog só laag is dat
plante nie genoeg water kan opneem nie en verwelking tree dan
in. Die boonste limiet word veldkapasiteit genoem. Veldkapasiteit
is die punt waar ‘n spesifieke grond nie meer water kan opneem
nie en afloop begin voorkom – dit kan omskryf word as die totale
versadigingspunt.
Daar is plantverskille wat betref die onderste limiet van opname.
Só sal sommige plante in staat wees om grondwater tot ‘n laer
onderste limiet te onttrek as byvoorbeeld wat die geval by ander
is. ‘n Voorbeeld is mielies en sonneblom. Sonneblom is in staat om
in droogte die beste te kan oorleef, maar laat ook die grondprofiel
baie droër as mielies.
Indien daar vir ‘n besproeiingsprodusent gevra word hoeveel
water benodig word vir ‘n vol mielie-oes sal die antwoord tussen
650 mm tot 750 mm wees. Dit hang natuurlik af of dit in die droë,
warm westelike dele is, of meer na die koeler oostelike gebiede.
Evapotranspirasie, verdamping en humiditeit sal hierin ‘n rol speel.
In baie gebiede reën dit met gemak 750 mm per jaar, maar opbreng-
ste is nie so hoog soos onder besproeiing nie.
11
January 2016
OP PLAASVLAK
Natuurlike hulpbronne
Grondvogtoestande / Grondsoorte / Waterhouvermoë
“
Opgeboude grondvog
met aanvang van
die plantseisoen is die
bepaler van sukses.
“
PIETER RADEMEYER,
Pannar Saad
‘n Voorbeeld waar ‘n plintietlaag
verhoed dat water na die ondergrond
toe dreineer, as gevolg van ‘n baie
vinnige oorgang (plintietlaag). Die
blou kleursel wys die vloei van die
water deur die meer sanderige bo-
grond en horisontale vloei sodra dit
die plintietlaag bereik. Hierdie
laag kan in gevalle ondeurdringbaar
wees. Dit gee oorsprong aan water-
tafelgronde.
Foto: David Hall, DAFWA