2015
79
G
RAANGIDS
Swaeltoediening deur middel van kunsmis het in die afgelope jare baie afgeneem, veral met die
toenemende gebruik van hoërgraad kunsmismengsels, wat min of geen swael bevat nie. Tesame
hiermee het die Suid-Afrikaanse mieliegronde oor die algemeen ‘n lae swaelleweringsvermoë.
Hierdie lae swaelleweringsvermoë is onder meer te wyte aan ‘n lae organiese materiaalinhoud,
lae pH en lae kleipersentasie. Die beperking op swaeldioksied industriële emissies dra ook by tot
‘n totale afname van indirekte swaelvoorsiening (as ‘n bestanddeel van kunsmis en deponering
van SO
2
). Presies hoeveel is egter nie bekend nie. ‘n 1993-ondersoek deur die Waternavorsings-
kommissie het aan die lig gebring dat sulfaatdeponering in die Vaaldam-opvangsgebied binne
die bereik van 10 kg - 23 kg S ha
-1
jr
-1
val.
Swaeltoedienings (4 kg S ha
-1
onderhoud per ton graan) kan oorweeg word waar aanduidings uit
blaaranalises en/of grondontleding op moontlike tekorte dui.
Mikro-elemente
Sink (Zn)
Gedurende die laat sestigerjare het sink baie op die voorgrond getree nadat sinktekorte vry-
algemeen op jong mielies geïdentifiseer is. Hierdie sinktekorte was veral prominent waar hoë kon-
sentrasies kunsmis naby die saad geplaas is of waar die grond onlangs bekalk en koel bewolkte
klimaat ervaar is. Die sinkprobleem het egter met die koms van sinkbevattende mengsels grootliks
verdwyn en sinkreserwes is in baie gronde tot onnodige hoë peile verhoog.
As ‘n algemene reël kan gestel word dat sinkbemesting by mielies onnodig is indien die ontleding
van sink in die grond meer as 1,5 mg - 2 mg Zn kg
-1
aantoon.
Boor (B)
Positiewe opbrengsreaksies op boorbemesting is in proewe verkry waar boorkonsentrasies in
mielieblare tydens blomtyd laer as 8 mg - 10 mg kg
-1
gedaal het (GCJ Kruger, Sasol Kunsmis;
persoonlike mededeling).
Hierdie reaksies is hoofsaaklik op ligte tekstuurgronde in die Oos-Vrystaat en die Mpumalanga
Hoëveld verkry, waar blaarontledings die vorige seisoen ‘n moontlike boortekort aangedui het.
Waar boortekorte verwag word of positief geïdentifiseer is (byvoorbeeld deur middel van blaar-
ontleding), kan dit met ‘n toediening van 0,5 kg - 2 kg B ha
-1
reggestel word.
Dit moet verkieslik in ‘n wateroplosbare vorm vóór planttyd toegedien word.
Molibdeen (Mo)
In die laat sestigerjare was molibdeentekorte ‘n algemene verskynsel op jong mielies wat op suur-
gronde aangeplant is. Met die koms van molibdeenbehandelde saad het die probleem egter baie
verminder. Molibdeentekorte word met sterk suurgronde geassosieer en molibdeen word weer
beskikbaar gestel as die grond behoorlik bekalk word.
Vervolg op bl. 80