2015
76
G
RAANGIDS
• Vang die kunsmis van een van die kunsmisleweringsbuise op in ‘n geskikte houer oor
die gemerkte 10 m-afstand, terwyl die planter teen normale werkspoed beweeg.
• Weeg die opgevange kunsmis.
• Die kunsmislewering in kg/ha kan dan soos volg bereken word:
Massa van kunsmis gelewer oor 10 m in gram
Planter se ryspasiëring in meter
• Herhaal die proses met die ander planterrye om seker te maak dat die lewering die-
selfde is.
• Indien lewering verander moet word, word daar gewoonlik eerder aan ratkombinasies
verander tussen die dryfwiele wat die kunsmismeganisme aandryf, eerder as om lewe-
ring te verhoog of te verlaag.
4.2. Kalibrasie van saad
Die volgende metode kan gevolg word om saaduitlewering te kalibreer:
• Merk ‘n afstand van 10 m oor die land.
• Verstel die plantdiepte, sodat die saad bo-op die grond geplaas word.
• Plant oor die gemete 10 m-afstand teen normale plantspoed.
• Tel die aantal sade gelewer in ‘n ry oor die 10 m-afstand.
• Die plantpopulasie in aantal sade/ha kan dan soos volg bereken word:
1 000 x aantal sade getel oor 10 m
Planter se ryspasiëring in meter
• Indien die plantpopulasie verander moet word, kan ratkombinasies verander word soos
aangedui op die kalibrasietabel van die planter.
• Indien daar baie dubbelsaadlewerings is of saad glad nie gelewer word nie, moet
seker gemaak word dat die regte plaatkeuse gedoen is vir die spesifieke saadgrootte
by plaatplanters. Vakuumplanters se korrekte vakuumlewering moet gekontroleer word.
Vingerwielplanter-uitmeetmeganismes moet gediens word.
Skrywer: Johan van Biljon, SAILI
Kalibrasie van planters vir saad en kunsmis
Vervolg van bl. 75