Background Image
Previous Page  82 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 82 / 150 Next Page
Page Background

2015

74

G

RAANGIDS

S

ink is ‘n belangrike element in die hele voed-

selketting. By plante is dit belangrik vir die

sintese (of in algemene taal, die vervaardiging)

van koolhidrate en ook van proteïene wat die

primêre boustene is in plantproduksie.

Die afwesigheid van sink in die voedingsprogram

van gewasse kan baie beslis beperkend wees en

sinktekorte kan lei tot aansienlike verliese, veral

by gewasse wat swaar voeders op sink is, soos

byvoorbeeld mielies, uie, appels en sitrus.

Die voordele van Sinksulfaat Heptahidraat is

dat dit 100% wateroplosbaar is. Dit bevat ook

‘n relatief hoë persentasie Zn van ongeveer

22% en dit is 100% planttoeganklik. Danksy

die hoë wateroplosbaarheid van anorganiese

sinksoute, is Hepta iets wat noodsaaklik is vir

bemestingsdoeltreffendheid.

‘n Sinktekort-regstelling kan gedoen word deur óf

organiese óf anorganiese sinkmengsels. As gevolg

van sy hoë wateroplosbaarheid (‘n sleutelfaktor in

bemestingsdoeltreffendheid), is sinksulfaat een

van die mees algemeen gebruikte anorganiese

mengsels wat aangewend kan word om sinktekor-

te reg te stel. Dit is beskikbaar in droë vorm, los

maklik op in water en is ook taamlik goedkoop.

Daar is verskeie metodes wat gebruik kan word om

gewasse met sink aan te vul:

Voorafbehandeling van saad.

Besproeiingsbemesting – die inname van sink

wat deur middel van besproeiing toegedien

word.

Grondtoediening – sistemiese inname deur

middel van die wortels van die gewas.

Blaartoediening – inname deur middel daarvan

om die blare van die gewas te bespuit.

Gebruiksaanwysings vir

sinksulfaat Hepta 22% Zn

Grondregstellings

Maksimum 50 kg/ha breedwerpig toegedien

op braakgrond ten minste agt weke voor die

vestiging van enige gewas.

Grondtoedienings

100 g - 200 g per boom tydens vestiging of vir

onderhoud.

3 kg/ha opgelos in 50 liter - 75 liter water

met die Zinchem-grondtoediening in die

plantervoor tydens plant.

Op die planter tydens spuit – 2,5 kg/ha -

5 kg/ha opgelos in 300 liter water oor die ry

(300 mm).

Pekanneute – ‘n eenmalige grondtoediening

van 100 g - 200 g per boom kan gedoen word

met die aanvang van die groeiseisoen, wat

dan opgevolg word met blaarvoedings.

Toediening vir

besproeiingsgewasse

5 kg/ha - 25 kg/ha deur die besproeiingstelsels

teen 100% (3 mm - 6 mm water/ha). Moenie

meer as 5 kg op ‘n slag toedien nie. Verdeel

die toediening deur die groeiseisoen, maar

moenie tydens die blomstadium toedien nie.

Blaarvoeding

2,5 kg/ha - 5 kg/ha teen ‘n 1%-konsentrasie

vanaf drie weke na-opkoms.

Pekanneute – 500 g - 750 g opgelos in 200 liter

water of meer wanneer blaarbotsels 50 mm

lank is. Herhaal ten minste vier keer met twee

tot drie weke tussenposes. Dit is dalk soms

nodig om soveel as ses toedienings toe te dien

waar lae sinkvlakke voorkom.

Opmerkings

Zinchem se produkte moet apart toegedien word

en nie saam met onkruiddoders nie. Trek eers

grondontledings en maak aanbevelings voor

grondregstellings oorweeg word.

Zinchem is ‘n vooraanstaande verskaffer van

heptahidraat. Dit is as ‘n droë poeier beskikbaar. ‘n

Verdere voordeel van die gebruik van sinksulfaat,

is die feit dat 11% swael ook in die produk inge-

sluit is.

Zinchem, ‘n vervaardiger van onder meer sink-

sulfaat van ‘n hoë gehalte, voorsien die produk in

die regte vorm vir toediening en oplosbaarheid

plaaslik en in die buiteland sodat dit as ‘n

spoormineraal vir optimale gewasprestasie ge-

bruik kan word.

Misstofgroep 2. Registrasie Nr. B2062. Wet Nr. 36 van

1947.

SUDESH SINGH,

Zinchem

Sinksulfaat Heptahidraat

100% wateroplosbaar – dring daarop aan

ZINCHEM