2015
81
G
RAANGIDS
Wenke vir die aankoop en gebruik
van insetmiddele
Die gebruik van ongetoetste insetmiddele en die aankoop van insetmiddele by onbekende ver-
spreiders, stel produsente jaarliks aan groot risiko’s bloot. Let dus op die volgende wenke wanneer
insetmiddele aangekoop en gebruik word:
• Maak seker dat die insetverskaffer ‘n erkende maatskappy is met ‘n bewese rekord.
• Sorg dat alle aanbevelings sover moontlik op skrif gestel en veilig bewaar word.
• Probeer sover moontlik rekord hou van alle aankope.
• Gaan die kwaliteit van die insetmiddel na – byvoorbeeld by saad kan die ontkieming van die
spesifieke saadlot aangevra word.
• Saadbehandeling moet deur die saadmaatskappy self of met gesertifiseerde saadbehandelings-
toerusting gedoen word.
• Wanneer landbouchemikalieë aangekoop word:
o Maak seker die insetmiddel is geregistreer vir die doel van gebruik;
o verseker dat die maatskappy wie se insetmiddel dit is, lid van CropLife is;
o maak seker dat die verspreidingsmaatskappy lid van CropLife is en dat die agent gekwalifi-
seerd is; en
o raadpleeg die 2014 MIG-publikasie van die LNR-Instituut vir Graangewasse.
Gebruik oor die algemeen klein kontrolepersele om nuwe insetmiddele te toets alvorens dit op
groot skaal gebruik word.
Wat Rhizobium-bakterieë betref, is dit belangrik dat slegs geregistreerde (L-registrasie onder
Wet Nr. 36 van 1947) insetmiddele gebruik moet word. Die spesifieke produk moet ook verkieslik
deur die betrokke saadmaatskappy wie se saad geplant word, aanbeveel word. Moenie nuwe
produkte op groot skaal gebruik nie.
Wat pryse betref, maak seker dat die beste markgerigte prys betaal word. Kry ten minste drie kwo-
tasies waar moontlik en moenie die eerste en beste prys sommer net aanvaar nie. Lede kan gerus
vir Graan SA skakel in verband met insetprystendense.
Let op die koop van grondverbeteraars, blaarvoedings en organiese middels
Die werking van hierdie insetmiddele word nie bevraagteken nie, maar produsente moet daarop
let dat sommige van hierdie insetmiddele nie behoorlik getoets of onder Wet Nr. 36 van 1947
geregistreer is nie. Wanneer daar dus oorweeg word om só ‘n insetmiddel te gebruik, moet op die
volgende gelet word:
• Maak seker dit is onder Wet Nr. 36 van 1947 geregistreer.
• Dring aan op langtermynstatistiese en verkieslik onafhanklike plaaslike proefresultate.
• Moet nooit só ‘n insetmiddel dadelik op groot skaal gebruik nie; maak eerder gebruik van
kleinskaalse strookproewe wat statisties geëvalueer kan word om die insetmiddel se prestasie te
meet.
• Bepaal of dit koste-effektief is om die insetmiddel te gebruik.
Graan SA is van mening dat al hierdie tipe insetmiddele eers statisties deur ‘n erkende plaaslike
onafhanklike instansie vir volhoubare produksieverbetering ten opsigte van ekonomiese voordeel
getoets moet word alvorens dit geregistreer en bemark kan word.
Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette, Graan SA