2015
78
G
RAANGIDS
Hoeveel mikro- en makro-elemente
benodig plante?
Plantvoeding is ‘n wetenskap op sy eie. Deesdae is daar gelukkig baie inligting daaroor beskikbaar
en hoef produsente hulle nie bloot te verlaat op tekortsimptome nie. Grond- of blaarontledings is
natuurlik die beste wegspringplek as jy maksimum produksie nastreef. Ons bespreek hier die be-
langrikste makro- en mikro-elemente wat plante benodig sowel as die aanbevole hoeveelhede
van elk.
Belangrike makro-elemente in grond
Hieronder is ‘n uiteensetting van hoeveel N, P en K plante benodig vir die produksie van 1 ton
sade of vrugte. Dit is egter nie al wat die plant benodig nie; daar is ook ‘n uiteensetting van ander
algemene makro-elemente wat benodig word en tekortsimptome om te bepaal of daar te min van
die spesifieke element vir die plant beskikbaar is.
Verwydering is deur totale plant, ingeslote die saad of vrug
Gewas
N
P
K
(kg)
(kg)
(kg)
Produksie van 1 ton mielies
27
4,5
20
Produksie van 1 ton koring
27
4,8
13
Produksie van 1 ton sonneblomsaad
67
7,1
96
Produksie van 1 ton ongedopte grondbone
70
5,2
43
Produksie van 1 ton sojaboonsaad
210
23,0
73
Produksie van 1 ton tamatievrugte
6
3,0
8
Ander makro-elemente
Kalsium (Ca) en Magnesium (Mg)
Bekalking van suurgronde is ‘n noodsaaklike praktyk vir die instandhouding van grondvrugbaar-
heid en -produktiwiteit. Gronde onder bewerking is geneig om te versuur en die versuringstempo
word versnel deur bemesting met ammoniumbevattende stikstofbronne. Navorsing wat deur
FERTASA op sandleemgronde van die Avalon- en Hutton-families op die Hoëveld gedoen is, dui
op ‘n gemiddelde minimum aanvaarbare pH (KCI)-vlak van 4,5 en ‘n maksimum aanvaarbare
persentasie suurversadiging van 10 tot 15.
In proewe wat op die Mpumalanga Hoëveld uitgevoer is, is gevind dat ‘n toediening van ten minste
1 ton landboukalk per hektaar per jaar nodig is vir instandhouding van optimum pH- en suur-
versadigingspeile. Magnesiumvlakke in gronde moet liefs nie laer as 50 mg kg
-1
daal nie. Indien
magnesiumvlakke laer as dít daal, moet dolomitiese kalk toegedien word.
Swael (S)
Swael is ‘n noodsaaklike makro-element en dus net so belangrik in plantvoeding as die ander
makro-elemente. Die tekortsimptome is ‘n geel verkleuring van die hele plant wat dikwels eerste
by die nuwe groei sigbaar raak. Plante met ‘n swaeltekort het dikwels ook dunner stamme en ‘n
kleiner groeiwyse.