2015
75
G
RAANGIDS
Kalibrasie van planters vir saad
en kunsmis
Suksesvolle gewasverbouing het in ‘n hoogs gespesialiseerde proses ontwikkel. Planters speel ‘n
uiters belangrike rol in die proses – veral ten opsigte van die akkurate plantspasiëring en plant-
diepte van saad. Voorts is die akkurate uitmeting van kunsmis ook belangrik.
1. Die funksie van ‘n planter
‘n Planter het die volgende basiese funksies:
• Dit maak die kunsmisvoor oop tot op die regte diepte vir kunsmisplasing.
• Korrekte afmeting van gekalibreerde kunsmis en plasing.
• Dit maak die saadvoor oop tot op die regte diepte vir saadplasing.
• Korrekte afmeting en plasing van die saad.
• Toemaak van saad en kunsmisvore.
• Kompaksie van die grond vir effektiewe grond-tot-saad kontak.
Bogemelde funksies moet almal gelyktydig plaasvind en die effektiwiteit daarvan moenie
spoedgevoelig wees nie.
2. Saaduitmeting
Die primêre funksie van planters is om saad korrek uit te meet. Saad kan op die volgende
maniere uitgemeet word:
• Konvensionele horisontale plaatuitmeter;
• plaatuitmeter wat teen ‘n hoek uitmeet;
• die vingerwieluitmeter; of
• die vakuum-plaatuitmeter.
Plaatuitmeters word steeds gebruik, maar omdat saadgradering nie meer so akkuraat is nie,
word vakuumuitmeters en vingerwieluitmeters al hoe meer gebruik.
3. Uitmeting en plasing van kunsmis
Kunsmis word in korrelvorm of vloeibare vorm uitgemeet. Korrelvormkunsmis word positief
uitgemeet met ‘n sterwiel of wurmuitmeter.
Vloeibare kunsmis word uitgemeet met ‘n drukpomp (
squeeze pump
) of deesdae ‘n spesiale
vloeibare kunsmispomp.
4. Kalibrasie van die planter
Wanneer ‘n planter gekalibreer word, is wielglip van die planterdryfwiele ‘n belangrike kompo-
nent om in berekening te bring.
Dit is belangrik om die planter te kalibreer in die land wat geplant gaan word om te kompen-
seer vir wielglip. Verskillende gronde sal verskillende wielglippersentasies veroorsaak.
4.1. Kalibrasie van kunsmis
Daar kan soos volg te werk gegaan word om kunsmisuitmeting te kalibreer:
• Merk ‘n afstand van 10 m oor die land.
Vervolg op bl. 76