Background Image
Previous Page  90 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 150 Next Page
Page Background

Is onkruid- en plaagbeheer ‘n kopseer vir jou?

Vir onafhanklike raad rakende onkruid- en plaagbeheer, kontak gerus die Landbounavorsingsraad

– Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG):

Afdeling

Kontakpersone

Onkruidbeheer

Jeanetta Saayman-du Toit

Elbé Hugo

Marlene van der Walt

Insektekunde

Annemie Erasmus

Nematologie

Sonia Steenkamp

Nancy Ntidi

Plantsiektes

Bradley Flett

Aneen Belgrove

Belinda Janse van Rensburg

Edson Ncube

Moses Ramusi

Maryke Craven

1. Raadpleeg die MIG:

Elke jaar tydens die NAMPO Oesdag word die MIG (Mielie Inligtingsgids) deur die LNR-IGG vrygestel.

Hierdie handleiding bevat algemene inligting oor mielies sowel as die onkruid- en plaagbeheer wat

daarmee gepaardgaan. Dit bevat ook ‘n lys van geregistreerde onkruid- en plaagdoders vir mielies.

Gids: MIG – Mielie Inligtingsgids. Saamgestel deur die LNR-IGG en befonds deur die Mielietrust.

Beskikbaar by Mary James, 018 299 6253.

2. Maak gebruik van CropLife SA se webtuiste:

www.croplife.co.za

Hierdie webtuiste bevat ‘n landboudatabasis met dokumente van alle geregistreerde onkruid-, insek- en

swamdoders. Die lys word jaarliks deur CropLife, in samewerking met die Departement van Landbou,

Bosbou en Visserye, opgedateer.

Skrywer: Elbé Hugo en Marlene van der Walt, LNR-IGG

Só hanteer jy kwaliteitsprobleme met

landbouchemikalieë

Wanneer probleme met die kwaliteit van landbouchemikalieë vermoed of ondervind word, moet die vol-

gende stappe gevolg word:

• Kontak so gou as moontlik die verteenwoordiger van wie die landbouchemikalieë aangekoop is en

dring op ‘n ter plaatse ondersoek aan. Hou ook rekord van datums en gesprekke.

• Versamel en stel soveel moontlik inligting op skrif, neem foto’s of maak video-opnames om later na

terug te verwys.

Daarna moet die volgende stappe oorweeg word indien die probleem nie opgelos is nie:

(Moenie te lank hiermee wag nie.)

• Tree in verbinding met ‘n onafhanklike wetenskaplike om ‘n ter plaatse ondersoek te doen.

• Stel Graan SA in kennis indien die chemiese maatskappy nie die nodige aandag en oplossings vir die

betrokke probleme kan verskaf nie.

Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette, Graan SA