

Februarie 2017
50
TWEEKOLSPINMYT:
‘n Moeilike kalant op mielies
D
ie tweekolspinmyt,
Tetranychus urticae
, is ‘n moeilike
plaag om te beheer. Hierdie myt kom wêreldwyd op meer
as 200 gasheerplante voor. Dit is die mees algemene
mytspesie in die wêreld en rig groot skade aan op plante
– van landbougewasse tot potplante in die huis. Hierdie artikel
fokus slegs op die beheer daarvan op mielies.
Voortdurende droogtes verhoog die kans dat die myt uitbreke
sal hê op mielies en sojabone. By mielies kan kommerwekkende
oesverliese voorkom as die myt op die gewas teenwoordig is.
Die fokus vir hierdie artikel is veral op die tweekolspinmyt, sy po-
pulasiedinamika, chemiese behandelingdrempels en mytmiddels
beskikbaar om die plaag op mielies te behandel.
Wat is die tweekolspinmyt?
Hierdie mytplaag kan erge skade aanrig op gewasse in glashuise en
tonnels, maar in Suid-Afrika kom dit ook voor op mielies, aartappels,
sojabone, katoen, sorghum, tamaties en baie ander gewasse.
Om die myt suksesvol te beheer, is dit belangrik om die plaag se
lewensiklus te verstaan en veral die tydsberekening wanneer jy
beheer op mielies moet toepas. Die volgende belangrike aspek is
dan natuurlik om te weet watter middels kan jy spuit om die plaag
onder beheer te hou.
Die volwasse wyfies is rooierig van kleur, soms strooikleurig tot
geel of groenerig. Hulle is ongeveer 0,5 mm in lengte en twee
donker kolle is sigbaar aan weerskante van hul lywe – vandaar die
algemene naam. Volwasse mannetjies is kleiner en strooikleurig.
Die onvolwasse nimfe se kleure wissel van oranje tot rooi of groen.
Die wyfies leef ongeveer drie tot vier weke en kan tot 150 eiers in
hul leeftyd lê. Die lewensiklus (
Figuur 1
) kan so kort soos tien dae
wees – met veral lae humiditeit en warmer temperature, wat
bevorderlik is vir ‘n korter lewensiklus.
Hoe beskadig dit plante?
Die skade wat hierdie myte op mielies veroorsaak, is soos volg:
Aanvanklik voed die myte net aan die onderkant van die blaar, maar
later word alle oppervlaktes van die plant aangeval. Die aanvank-
like simptome is chlorotiese spikkels of strepe op die blare, wat
dan later verkleur na geel, bruin of brons en kan lei tot die afsterwe
van die gewasplante as die infestasiedruk baie hoog is.
Fyn spinwebbe is soms sigbaar op die blare waar die myte voed,
maar teen daardie tyd is die oesopbrengs reeds verlore.
Soos die mytkolonie groei, word die vreetskade meer intens. Die
hele blaar begin van kleur verander – van grysgroen na geel, bruin
of brons – ‘n simptoom wat produsente kan verwar met droogte-
stres van die plante – veral die blare laer af op die mieliestam.
Die vreetskade verminder die effektiewe blaaroppervlakte en be-
klemtoon droogtestres. Die gevolg hiervan is minder mieliekoppe
en kleiner saad.
Watter middels is hierteen beskikbaar?
Verskeie produkte is tans geregistreer vir beheer van die myte op
mielies. Voorbeelde van geregistreerde produkte sluit in:
Abamektien 084 CS
Amitras 200 EC + Bifentrien 100 EC-tenkmengsel
Bifentrien 100 EC
Propargiet 800 EC
Die toevoeging van ‘n goeie benatter om verspreiding op die
blaaroppervlak te verbeter, word definitief aanbeveel indien dit op
die etiket aangedui word.
Dit is ook belangrik om te besef dat die tweekolspinmyt reeds
weerstand teen sommige geregistreerde insekmiddels in ander
dele en gewasse in Suid-Afrika opgebou het. Gevolglik is dit van
kardinale belang om produkte met verskillende aktiewe bestanddele
te gebruik en af te wissel.
OP PLAASVLAK
Lewensiklus / Effektiewe beheer / Tweekolspinmyt
Geïntegreerde plaagbeheer
‘n Volwasse tweekolspinmyt en eiers.
JOHANN BRITS,
Villa Crop Protection
Figuur 1: Die lewensiklus van die tweekolspinmyt.