Background Image
Previous Page  45 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 45 / 68 Next Page
Page Background

ONS TOEKOMS!

Boere is gebore versorgers van gewasse en diere,

rentmeesters van natuurlike hulpbronne en produsente

van voedsel vir gesinne buiten hul eie. Met ons

uitgebreide kennis van gewasverbouing en plaaslike

toestande is PANNAR jou vennoot om voort te bou op

hierdie sterkpunte, en jou meer kostedoeltreffend te

help boer om ’n suksesvolle boerdery vir toekomstige

geslagte na te laat.

GEWASSE VIR

’N VOLHOUBARE

TOEKOMS.

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK

2016/CORP/A/016A/FUTURE

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

OPTIMALISEER

PRODUKSIE

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

Saam boer ons

vir die toekoms

DES 2014 DES 2015 % VERANDERING

$/TON $/TON

%

Imidaklopried (95%)

16 227

13 923

-14,2

Lambda-sihalotrien

(95%)

23 700

21 629

-8,7

Karbofuraan (99%)

12 094

10 455

-13,6

Deltametrien (98%)

71 715

63 345

-11,7

R/$

11,48

15,02

30,8

DES 2014 DES 2015 % VERANDERING

R/TON R/TON

%

Imidaklopried (95%)

186 286 209 123

12,3

Lambda-sihalotrien

(95%)

272 076 324 868

19,4

Karbofuraan (99%)

138 839 157 034

13,1

Deltametrien (98%)

823 288 951 442

15,6

TABEL 5: INSEKDODERPRYSE – JAAR-OP-JAAR VERANDERING

(DES 2014 - DES 2015).

TABEL 6: INSEKDODERPRYSE – JAAR-OP-JAAR VERANDERING

(DES 2014 - DES 2015).

Aangesien meer as 80% van ons kunsmisbehoeftes ingevoer word,

het die wisselkoers ‘n beduidende invloed op die kunsmisprys.

Indien na internasionale kunsmispryse, in randwaarde gekyk word,

het die pryse van DAP en kaliumchloried met 21,5% en 14,1% gestyg.

Ammoniak en ureum het weer met 3,9% en 5,9% gedaal (

Tabel 2

).

Hieruit is dit duidelik dat ten spyte van skerp dalings in internasio-

nale kunsmispryse as gevolg van die verswakking in die wisselkoers,

hierdie dalings nie in die plaaslike mark gaan deursyfer nie. In-

teendeel, plaaslike pryse kan moontlik toeneem.

Landbou-chemikalieë

Suid-Afrika voer 99% van sy behoeftes aan landbou-chemikalieë

in. In terme van pryse kan dieselfde tendens waargeneem word as

wat die geval is by kunsmis. Internasionale onkruiddoderpryse het

feitlik deur die bank op ‘n jaargrondslag gedaal (

Tabel 3

). Wanneer

dié pryse egter in randterme omgeskakel word, toon pryse van

alle aktiewe bestanddele, behalwe glifosaat, ‘n styging. Dit is

veral atrasien en metolachloor wat stygings hoër as 20% toon en

trifluralien ‘n styging van meer as 30% (

Tabel 4

).

Internasionale insekdoderpryse het ook oor ‘n jaartydperk gedaal.

Gegewe die verswakking van die wisselkoers, kan plaaslike insek-

doderpryse egter skerp op ‘n jaargrondslag styg (

Tabel 5

en

Tabel 6

).

Brandstofpryse

Die plaaslike groothandelsprys van diesel word gereguleer. Pryse

word bepaal deur die invoerpariteitsprys van diesel, die wisselkoers

en heffings.

Van Desember 2014 tot Desember 2015 het die groothandels-

prys van diesel met 2,23% gedaal – vanaf R10,28/liter tot

R10,05/liter. Oor dieselfde tydperk het die ruolieprys in dollar-

waarde met 38,25% gesak, terwyl dit in randwaarde met slegs

19,2% gedaal het.

43

Graan SA

/

Sasol Base Chemicals fotokompetisie