Background Image
Previous Page  48 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 48 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2016

46

TT-kanola verseker volhoubare

graanproduksie

E

en van die grootste kopsere waarmee bykans elke produsent

jaarliks worstel, is hoe om die raaigras in sy koringlande te

beheer. Die voorkoms van raaigrasweerstandbiedendheid kom

redelik algemeen voor en verskeie produsente gebruik kanola in

hulle wisselboustelsel om hierdie probleem aan te spreek.

Heelwat produsente het raaigraspopulasies wat weerstandbie-

dend is teen die chemiese onkruiddodergroepe wat vir die beheer

van eenjarige grasse in koring toegedien kan word, met ander

woorde die FOPs en DIMs (Groep A) en die Sulfonylureas (of die

SUs) (Groep B).

Dit veroorsaak natuurlik dat die selektiewe eenjarige grasdoders

wat in kanola aangewend kan word (Groep A), ook swak of geen

beheer van raaigras tot gevolg het. Só is Cysure (Groep B), wat

op die Clearfield-kultivars gebruik kan word, ook grotendeels on-

effektief in hierdie geval.

Wat is die alternatiewe opsies? Een van die oorblywende opsies wat

wel beskikbaar is, is om triasientolerante (TT) kultivars te plant en

‘n triasienonkruiddoder te gebruik vir die beheer van grasonkruide.

Een van die besware hierteen is egter dat die triasienbestande kul-

tivars onder normale toestande wel ‘n effense laer opbrengs lewer

in vergelyking met die ander kanolakultivars en dat produsente

dan eerder gebruik maak van die hoër produserende konvensionele

of Clearfield-kultivars. Die vraag is egter of dit die beste besluit is

en of dit op die lange duur tot voordeel van die produsent is.

Soos reeds genoem, kom raaigrasweerstandbiedendheid redelik

wyd voor en is heelwat van die ouer selektiewe grasonkruiddoders

bykans nutteloos. Alhoewel nuwe middels van tyd tot tyd voorkom,

is hulle gewoonlik redelik duur en is die algemene vraag vir hoe

lank hulle effektief gaan bly. Die norm is om hierdie middels aan

te hou gebruik totdat hulle effektiwiteit afneem waarna daar dan

gehoop word dat nuwe produkte beskikbaar sal wees om die

onkruidprobleem verder aan te spreek.

Gegewe die impak van onkruidpopulasies op die opbrengs van

kleingrane, die koste van nuwe selektiewe grasdoders en dat die

punt moontlik eendag bereik kan word waar niks meer werk nie,

kan gevra word of die verlaagde opbrengs van die TT-kultivars

enigsins relevant is.

Is ons nie besig om

penny wise, pound foolish

hier te redeneer

nie? Is dit nie raadsaam om die werking van die ouer, goedkoper

grasonkruiddoders te beskerm nie? Oorskadu die voordeel van

die gebruik van triasienonkruiddoders nie heeltemal die verlaagde

inkomste van TT-kanolakultivars nie?

Die realiteit is dat aspekte soos hierdie ernstig oorweeg moet

word om die winsgewendheid van kleingraanverbouing in die

toekoms te verseker. Vermy herhaalde aanwending van middels

uit dieselfde chemiese groep en probeer voortdurend die ak-

tiewe bestanddele te wissel om die opbou van weerstandige gras-

populasies te vermy.

Agricol het toegang tot uitstekende genetika wat betref TT-kanola-

kultivars en opbrengssyfers uit die bedryf toon dat die kultivars

Atomic en Gem met groot sukses verbou word.

Volgens mnr Jannie Louw, wat boer in die Hermon-area, het

Atomic baie goed vertoon ondanks die lae grondvogtoestande

(200 mm vir die seisoen) wat in 2015 in die gebied voorgekom het.

Volgens Louw plant hy nog altyd net TT-kanola en is Atomic beslis

een van die bestes in hierdie groep.

Mnr Gawie Kok van die Villiersdorp/Caledon-area het gemiddeld

1,5 t/ha met Atomic, wat eers einde Mei geplant is, behaal.

Mnr Fritz Joubert van Gansbaai het gemiddeld 2,2 t/ha met die-

selfde kultivar behaal en was beïndruk met hoe vinnig die rye

toegemaak is.

Mnr Jannie Viljoen, wat in die Greyton-area boer, het ook Atomic

geplant en het gemiddeld 1,8 t/ha afgehaal.

PROMOSIE-ARTIKEL

DIRK HANEKOM,

landboukundige: Agricol

Atomic-kanola gereed om geoes te word.