Background Image
Previous Page  43 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 43 / 68 Next Page
Page Background

JOU KEUSE!

Geen twee plase is ooit dieselfde nie. Dis waarom

PANNAR ’n heel-plaas-benadering volg. Wat ook al

jou gewassamestelling of boerderypraktyk, ons het

die regte produkkombinasie vir jou. PANNAR bied ’n

omvattende gewasportefeulje en keuse van kultivars,

wat aan jou gemoedsrus bied dat al jou gewasse van ’n

enkele, betroubare bron afkomstig is wat elke seisoen

resultate lewer.

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK

2016/CORP/A/015A/CHOICE

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

OPTIMALISEER

PRODUKSIE

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

Saam boer ons

vir die toekoms

PRODUKKOMBINASIES

VIR SUKSESVOLLE

BOERDERY.

41

OP PLAASVLAK

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

Wisselkoers ‘n doring in

die vlees vir produksie-

insette in 2016

d

ie wisselkoers het vanaf Desember 2014 tot Desem-

ber 2015 met 30,84% verswak – vanaf R11,48 tot R15,02

teenoor die dollar (

Grafiek 1

). Aan die begin van 2016

het die rand sy verswakkende tendens voortgesit.

Aangesien die meeste van Suid-Afrika se landbou-

insette ingevoer word, gaan hierdie verswakking ‘n noemenswaar-

dige impak op plaaslike insetpryse hê. Waar insetpryse op

internasionale markte gedaal het, kan dit meebring dat insetpryse

op plaaslike markte aansienlik gaan toeneem.

Insette kan soos volg geraak word:

Kunsmispryse

Internasionale kunsmispryse het in dollarwaarde deur die bank

noemenswaardig oor ‘n jaartydperk gedaal. Ammoniak en ureum

het met 26,6% en 28,1% gedaal, terwyl DAP en kaliumchloried met

7,2% en 12,8% gedaal het (

Tabel 1

).

KUNSMIS

DES 2014 DES 2015

% VER-

ANDERING

$/TON $/TON

%

Ammoniak (Midde-Ooste)

527

387

-26,6%

Ureum(46) (Oos-Europa)

339

244

-28,1%

DAP (VSA Golf)

433

402

-7,2%

Kaliumchloried (CIS)

306

267

-12,8%

R/$

11,48

15,02

30,8%

TABEL 1: GEMIDDELDE INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE

(DOLLARWAARDE).

Graan SA

/

Sasol Base Chemicals fotokompetisie

– Joani Watson 2012