Background Image
Previous Page  60 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 60 / 76 Next Page
Page Background

Februarie 2015

58

Nasionale industrie-rolspelers

besoek die Wes-Kaap

D

eel van Graan SA se missie is om verhoudinge tussen

beleidmakers en produsente te versterk. In die lig hier-

van, het Graan SA onder leiding van dr Marinda Visser

(bestuurder: Bedryfsdienste, Graan SA), mnr Corné Louw

(senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA) en mnr Toit Wessels

(ledebemarker: Kaapprovinsie, Graan SA) ‘n reeks besoeke in die

koringproduserende areas van die Wes-Kaap vir senior beleidmakers

vanuit verskeie departemente op 27 en 28 Oktober verlede jaar

georganiseer.

Graan SA het die voorreg gehad om vir mnr Jonathan Mudzunga

(van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die

direkteur wat verantwoordelik is vir die beheer van landbou-

insette), dr Yolisa Pakela-Jezile (senior bestuurder van Opleiding en

Tegnologie-oordrag by die LNR); me Maneshree Jugmohan-Naidu

(direkteur van Biotegnologie by die Departement van Wetenskap

en Tegnologie) asook me Tafadzwa Kadzombe (direkteur van

Agro-prossessering), wat ingestaan het vir Me Unati Speirs, hoof-

direkteur van Agro-prossessering by die Departement van Handel

en Nywerheid, te ontvang.

Besoeke is aan mnr Koos Blanckenberg van Klipheuwel (Durban-

ville); Overberg Agri se Roodebloem proefplaas buite Caledon;

die Agri Dwala groep; Swart Boerdery by Elim asook mnr Richard

Krige van Boontjieskraal Landgoed (Caledon) afgelê. Produsente

het die geleentheid gehad om ‘n deeglike agtergrond van hul on-

derskeie boerderye en produksiepraktyke te skets en ook om hul

visie en uitdagings met die groep te deel.

Die belangstelling en kennis van hierdie groep rolspelers is vir

ons ‘n riem onder die hart en ons glo dat waardevolle langter-

mynverhoudinge deur hierdie besoeke gebou is.

AKTUEEL

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder, Graan SA

1: Besoek aan Koos Blanckenberg by

Klipheuwelplaas.

2: Koos gaan deur die boerdery se rekord-

houstelsel saam met die besoekers.

3: Die besoekers het die geleentheid gehad

om in die stroper te ry.

4: Besoek is aan proewe by Roodebloem

Proefplaas buite Caledon gebring onder

leiding van Johan Lusse en Carel le Roux

van Overberg Agri.

5: ‘n Groepfoto by Agri Dwala en die Swartse.

6: Besoek aan Richard Krige van Boontjieskraal Landgoed.

7: Besoekers het die demonstrasie van die nuwe Claas Lexion 570 Montana-stroper se kantel-aksie om heuwelagtige areas veiliger en meer doeltref-

fend te stroop, baie interessant gevind.

1

4

6

5

2

3

7