Background Image
Previous Page  63 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 63 / 76 Next Page
Page Background

Monsanto kyk terug oor 2014

M

nr Kobus Steenekamp (besigheidsbestuurder: Mon-

santo SA) het by Monsanto se jaarlikse mediajaar-

eindfunksie op 26 November verlede jaar, onder andere

gesels oor Monsanto se 2014-hoogtepunte:

Een van die groot hoogtepunte in 2014 was toe Monsanto

wêreldwyd aangewys is as een van die top 25 multinasionale

maatskappye om voor te werk. Monsanto het ‘n agtste plek op

dié ranglys verwerf (drie plekke beter as die vorige jaar).

Monsanto het ‘n baie sterk fokus op jongmense wat in die

landbousektor kan werk en daarom hou dié maatskappy aan

om in toekomstige leiers te belê deur internskappe, beurse

asook die bywoning en deelname aan die Internasionale

Voedsel- en Landboubesigheidsbestuursvereniging (Ifama)

en Agbiz se kongres. “Dit is belangrik om nie net te belê in die

wetenskaplike rigtings nie, maar ook in die finansiële rigtings,

want elke landboubesigheid het ook finansiële poste,” het

Steenekamp gesê.

Oor die afgelope tien jaar was grondhervorming Monsanto

se nommer een punt wanneer langtermynplanne gemaak

moes word. “Monsanto is daarom verheug oor die vordering

wat gemaak is met ‘n ordelike proses in die beste belang van

alle partye met die beskerming van voedselsekerheid en

eiendomsreg,” het hy gesê.

Monsanto het einde verlede jaar begin om fokusgroepe te hou

met nuwe era kommersiële produsente. “Ons is aangenaam

verras deur hierdie produsente se vaardighede en die suksesse

wat hulle bereik. Ons gaan baie sterker fokus op hierdie seg-

ment en seker maak dat dié produsente ook toegang kry tot al

die tegnologieë in die landbousektor.” Monsanto het reeds een

van hierdie produsente, mnr Morapedi Mutloane van die Lich-

tenburg-distrik, gekontrakteer vir saadproduksie. “Ons gaan vir

die eerste keer ‘n volwaardige nuwe era kommersiële produsent

gebruik as ‘n saadprodusent. Dit is ‘n groot stap vorentoe vir

Monsanto. Mutloane sal sy werk met groot sukses aanpak,

omdat hy die beginsels van bestuur baie goed verstaan en hy

omring hom met mense wat vir hom die tegniese vaardighede

en kennis kan gee,” het Steenekamp verder verduidelik.

Monsanto het in samewerking met die Universiteit van Pretoria

(UP) die interaktiewe webblad van die Suid-Afrikaanse inisia-

tief vir onkruiddoder-navorsing (SAHRI) bekend gestel. Die

SAHRI-webtuiste is deel van ‘n gesamentlike navorsingspro-

gram van Monsanto en die UP wat begin September 2012 ‘n

aanvang geneem het. Die ander kernkomponent van dié pro-

gram be-staan uit navorsingsprojekte wat toegespits is op die

weerstand van sekere onkruid teenoor glifosaat-onkruiddoder.

Met die bekendstelling van Acceleron verlede jaar, word op-

brengs nou verhoog deur die belangrike bydraers van genetika,

biotegnologie, bewerkingspraktyke (wat presisieboerdery in-

sluit), bemestingspraktyke ens. Hierdie nuutste toevoeging kom

in die vorm van saadbehandelingsmiddels wat saailinge in die

vroeë groeistadium beskerm en sodoende die plant help om

optimale opbrengs te realiseer.

Verder het Monsanto goedkeuring verkry om die droogte-

verdraagsame geen in mielies, in kombinasie met Yield Gard II

en Roundup Ready Corn 2, te toets. “Gedurende die afgelope

vyf jaar het ons dié geen op sy eie getoets en nou kan dit in

kombinasie met res van die ander tegnologieë getoets word.

Dit is egter belangrik om te onderskei tussen kultivars wat

die droogteverdraagsame geen bevat (biotegnologieproses)

en ander basters wat deur ‘n konvensionele telingsprogram

droogteverdraagsaam gemaak word,” het Steenekamp Mon-

santo se 2014-hoogtepunte mee afgesluit.

61

February 2015

AKTUEEL

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Na afloop van die middag se besprekings, wat by Riverside Sun Resort in Vanderbijl-

park gehou is, het Monsanto die media bederf met ‘n “Karibiese” bootvaart op die Vaal-

rivier. Hans Lombard (veteraan-landboujoernalis), links en Alita van der Walt (redakteur:

Farmer’s Weekly

), regs, was van die landboumedia wat die Karibiese bootpartytjie saam

met Monsanto en ander mediavriende geniet het. By hulle staan Kobus Steenekamp.

2: Hendrik van Staden (sleutelrekeningbestuurder: Monsanto SA), Johan Bibbey

(streeksbestuurder: Monsanto SA), Bennie Bester (kommersiële bestuurder: Monsanto

SA) en Mof Krugel (streeksbestuurder: Monsanto SA) geniet ‘n tropiese eiland-drankie

met aankoms op die boot.

3: Monsanto ploeg terug in die gemeenskap deur jaarliks ‘n insamelingsprojek van sta-

pel te stuur. Skryfbehoeftes wat deur die wederhelftes van Monsanto-kliënte geskenk

is, is aan die Vrystaat Vroue Landbou-unie (VVLU) oorhandig. “Dit is met groot nederig-

heid en ‘n hand wat oorloop van opregte dankbaarheid dat ek vandag hierdie wonderlike

skenking van skryfbehoeftes ontvang om ons VVLU se projek vir 2015 mee af te skop,”

het Vanda Gagiano (president: VVLU) gesê. Kobus Steenekamp (tweede van links) het

die skryfbehoeftes aan Vanda oorhandig. Langs Kobus staan Bennie Bester, Marco Leita

(kommersiële bestuurder: Gewasbeskerming, Monsanto Afrika) en Gert Heyns (bemar-

kingsbestuurder: Saad en Biotegnologie, Monsanto SA).

1

2

3