Background Image
Previous Page  18 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 44 Next Page
Page Background

16

PROMOSIE-ARTIKEL

Desember 2015

droogtebestandheid van kultivar

DIRK HANEKOM,

Agricol

A

gamax is gedurende die 2011-seisoen vrygestel en het die af-

gelope vyf jaar bewys dat dit seker die kultivar is met die mees

stabiele opbrengs. Of die jaar nou voorspoedig verloop en of ongun-

stige weerstoestande voorkom, neig die kultivar voortdurend om ‘n

bogemiddelde opbrengs te produseer.

Vanjaar het die Swartland seker een van die moeilikste seisoene nóg

beleef met heelwat van die areas wat minder as die helfte van die

langtermyngemiddelde reënval ontvang het. Nieteenstaande word

daar uit verskeie oorde verneem dat Agamax die lae grondvogtoe-

stande uitstekend hanteer het en dat boverwagte opbrengste behaal

is, ten spyte van die lae reënval.

By mnr Johannes Joubert, in die Heidelberg-distrik, het die kultivar

‘n opbrengs van sowat 2,3 t/ha gemiddeld gegee. By mnr Hendrik

Pienaar, wat boer in die Vleesbaai-area naby Mosselbaai, het die kul-

tivar opbrengste van tot 1,8 t/ha gegee. Volgens mnr Kobus Horn,

van Riversdal, het sy Agamax oor die 2 ton geskiet.

By mnr Rennie Brink, in die Koeberg-area, is ‘n gemiddelde op-

brengs van 2,2 t/ha behaal met ‘n totale reënval van 283 mm vir die

seisoen met omtrent geen beduidende neerslae gedurende

September en Oktober nie. Ten spyte hiervan, het die Agamax nog

steeds ‘n uitstekende opbrengs behaal en volgens Brink kon dit selfs

beter gewees het as die besmetting van Sclerotinia nie so swaar

was nie.

So wat maak dit so ‘n besonderse

kanolakultivar?

Resultate van navorsing deur die Departement van Biotegnolo-

gie van die Universiteit van die Wes-Kaap gedoen, het nou ‘n ver-

duideliking aan die lig laat kom van Agamax se bewese vermoë om

selfs onder moeilike omstandighede nog steeds ‘n goeie opbrengs

te lewer.

Volgens hulle lei droogtestres tot die oor-akkumulasie van reaktiewe

suurstof spesies wat plantgeprogrameerde selafsterwing induseer.

Superoksied-dismutase is ‘n ensiem wat die vorming van reaktiewe

suurstof spesies inhibeer.

Verhoogde vlakke van hierdie ensiem is waargeneem in die kultivar

in vergelyking met die ander genotipes in die studie. Dit verklaar

hoekom die kultivar, veral in ‘n moeilike jaar, uitstaan en hoekom dit

die voorkeur kultivar moet wees met risikobeplanning wanneer daar

besluit word op die reeks van kultivars wat aangeplant word.

Vanjaar het weer eens bewys dat produsente beslis moet oorweeg

om eerder ‘n pakket van lang- en kortgroeiseisoenkultivars te plant.

Nie net gee dit ‘n mate van versekering teen moontlike moeilike

jare soos vanjaar nie, maar verlig ook wel die druk tydens oestyd

aangesien kultivars met verskillende groeiseisoenlengtes neig om

wel op verskillende tye oesgereed te wees. Agricol beskik oor ‘n

reeks van kultivars wat aan hierdie behoefte kan voldoen.

1: Christof Muller van Agricol saam met Johannes Joubert in ‘n land Agamax.

2: Die droogtebestandheid van die kultivar is duidelik sigbaar (links) en word verklaar deur verhoogde vlakke van

Superoksied-dismutase waargeneem in die Agamax-genotipe.

1

2