Background Image
Previous Page  24 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 24 / 44 Next Page
Page Background

Bt-mielies / Afrika-mieliestamboorder

Desember 2015

22

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Soektog na 'n Bt-vatbare-

stamboorderpopulasie in Suid-Afrika

B

t-mielies (MON810) is vir die eerste keer in 1998 in Suid-Afrika

geplant om die Afrika-mieliestamboorder,

Busseola fusca

,

(

Foto 1

) te beheer. Die eerste tekens van stamboorderlarwes

met weerstand teen Bt-mielies is in 2004 gerapporteer en

daarna in 2006 is totale veldweerstand aangeteken in die Christiana-

omgewing (Noordwes Provinsie).

‘n Tweede Bt-

event

(MON89034) is in 2011 gekommersialiseer wat

wel Bt-weerstandbiedende stamboorders beheer. Dit is dus uiters

noodsaaklik om Bt-weerstandsvlakke van stamboorderpopulasies in

Suid-Afrika se mielieproduksie-areas te moniteer.

Om akkurate gevolgtrekkings te maak, is dit egter nodig om ‘n kon-

trole stamboorderpopulasie te hê wat nog vatbaar is vir albei Bt-

events

. Só ‘n vatbare populasie kan dan in Suid-Afrika gebruik word

om Bt-weerstandsvlakke met mekaar te vergelyk.

Die afgelope seisoen is stamboorders versamel in die veld vanaf

Douglas (Noord-Kaap), Dutywa (Oos-Kaap), Normandien (KwaZulu-

Natal) en Louis Trichardt (Limpopo). Al vier hierdie populasies is in

die laboratorium geteel om genoegsame eiers te versamel om so-

doende ‘n laboratoriumproef te doen.

Kelke van nie-Bt- (kontrole), MON810- en MON89034-mielieplante

is afgesny en geïnokuleer met vars uitgebroeide stamboorderlarfies

(

Foto 2

). Die larwes se persentasie oorlewing en gemiddelde massa

is oor tyd gemonitor om larwale ontwikkeling te bepaal. Weerstands-

vlakke is dus só oor tyd bepaal.

Uit die resultate (

Grafiek 1

) was dit duidelik dat die Douglas- en

Normandien-populasies die hoogste vlak van Bt-weerstand het teen

die

event

MON810, met ‘n oorlewingspersentasie van 27% en 33%

onderskeidelik.

Uit die populasie wat versamel is in die Oos-Kaap, het slegs 9% van

die larwes oorleef op MON810 na 26 dae. Die mees vatbare popu-

lasie vir MON810 is die Louis Trichardt-populasie met slegs 3% van

larwes wat nog oorleef het op dag 26.

Larwes van al vier die populasies is egter binne die eerste agt tot

twaalf dae deur MON89034 beheer.

Die mees vatbare Louis Trichardt-stamboorderpopulasie gaan dus

as kontrole gebruik kan word sodat Bt-weerstandvlakke van ander

Suid-Afrikaanse stamboorderpopulasies daarmee vergelyk kan word.

ANNEMIE ERASMUS,

LNR-Instituut vir Graangewasse

Grafiek 1: Larwale oorlewing oor tyd van vier verskillende Afrika-stamboorderpopulasies.