Background Image
Previous Page  16 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 44 Next Page
Page Background

Desember 2015

14

Belangrike ekonomiese aanwysers en

insetprystendense in 2015

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

OP PLAASVLAK

d

ie meeste van Suid-Afrika se produksie-insette word

ingevoer. Meer as 70% van die land se kunsmisbehoef-

tes, alle aktiewe bestanddele vir landbou-chemikalieë,

die meeste landbou-masjinerie (veral trekkers), selfs

brandstofpryse (wat gereguleer word), word op invoer-

pariteit gebaseer. Alhoewel ons saadtegnologie (soos

GMO’s) ingevoer word, word die meeste saad plaaslik vermeerder.

Weens hierdie groot persentasie invoere speel die waarde van die

rand ‘n beduidende rol in die pryssamestelling van plaaslike insette.

Die wisselkoers het oor ‘n jaar-tydperk met 22% teenoor die VSA-

dollar verswak, wat invoere vir Suid-Afrika duurder maak.

Tabel 1

toon die prysbewegings in van die belangrikste ekonomiese

en insetprysaanwysers in 2015 aan.

Produksieprysindeks

Die produksieprysindeks dui die prysstygings van goedere en diens-

te op die groothandel- of vervaardigingsvlak in die ekonomie aan. ‘n

Onderskeid word tussen die prysstygings van totale en ingevoerde

goedere getref. Die prestasie van die rand teenoor die geldeenhede

van die vernaamste lande waarvandaan invoere plaasvind, het ‘n

groot invloed op die pryse van ingevoerde goedere. Nieteenstaande

die verswakking van die waarde van die rand (wat invoere vir

Suid-Afrika duurder maak), het pryse van ingevoerde goedere met

6,4% gedaal.

Op ‘n jaar-grondslag, het die produksieprysindeks (PPI) tot Sep-

tember 2015 met 3,6% gestyg. Die produksieprysindeks vir grane

en ander gewasse het jaar op jaar met 38,8% toegeneem.

Verbruikersprysindeks

Die amptelike inflasiekoers word op basis van veranderings in die

verbruikersprysindeks bereken en dui kosteveranderings op die

kleinhandels- of verbruikersvlak aan. Die inflasiekoers het in Sep-

tember 2015 op ‘n jaargrondslag met 4,6% gestyg.

Voedselinflasie het oor dieselfde periode met 4,4% gestyg. In hier-

die mandjie van voedsel het brood en grane met 6,4% toegeneem

terwyl vleis met 5% gestyg het. Vis en olies, asook vette, het met

onderskeidelik 7,1% en 7% toegeneem. Groente het oor dieselfde

tydperk met 1,6% gedaal.

Wisselkoerse

In Tabel 1 word ‘n verstewiging in die waarde van die rand teenoor

ander geldeenhede as ‘n positiewe verandering aangedui, terwyl

‘n verswakking as ‘n negatiewe persentasieverandering aangetoon

word. Die rand het op ‘n jaar-grondslag tot Oktober 2015 teenoor

die dollar, die pond en die euro met onderskeidelik 22%, 17% en 8%

verswak. Omdat Suid-Afrika so ‘n groot hoeveelheid insetmiddele

moet invoer, het dié verswakking van die rand teenoor die geldeen-

hede van Suid-Afrika se vernaamste handelsvennote, plaaslike inset-

pryse laat toeneem. Dít, terwyl die meeste insette op internasionale

markte gedaal het.

Rentekoerse

Op ‘n jaar-grondslag tot Oktober 2015, het die Reserwebank die bank-

koers met 25 basispunte of 0,25 persentasiepunte na 6% verhoog.

Handelsbanke het die prima uitleenkoers ook met 25 basispunte na

9,50% verhoog.

Internasionale ruoliepryse

Die gemiddelde Brent-ruolieprys het vanaf Oktober 2014 tot Okto-

ber 2015 met 43,7% vanaf $88 per vat na $50 per vat gedaal.

Die ruolieprys in randterme het op ‘n jaar-grondslag tot en met

Oktober 2015 met 31,2% tot R669 per vat gedaal.

Brandstofpryse

Die plaaslike groothandelprys van diesel in Gauteng het met 12,2%

vanaf R12,46 per liter in Oktober 2014 tot R10,94 per liter in Oktober

2015 gedaal. Die werklike brandstofkoste het in Oktober slegs 52%

van die finale groothandelsprys van diesel uitgemaak. Dit wil sê 48%

word opgemaak deur heffings en belasting.

Oor ‘n jaar-tydperk het die gelande koste van diesel met 29,8%

gedaal, terwyl die groothandelsmarge met 5,7% gestyg het en

belasting met 14,6% toegeneem het. Die dieselkorting is tans

250 sent per liter, terwyl dit verlede jaar 187,80 sent per liter was.

Die dieselkorting bestaan uit die 154 sent per liter van die Padon-

gelukkefondsheffing en 96 sent per liter van die belastingskompo-

nent. Die Padongelukkefondsheffing het sedert verlede jaar met

48% toegeneem.

Internasionale kunsmispryse

Behalwe vir DAP, het die internasionale pryse van kunsmisgrond-

stowwe vanaf Oktober 2014 tot Oktober 2015 skerp gedaal. Die pry-

se van ureum, ammoniak en kalium het met onderskeidelik 24,5%,

24,4% en 5,3% gedaal. Die prys van DAP het in hierdie tydperk met

6,8% gestyg.

Plaaslike kunsmispryse

Omdat Suid-Afrika se totale kaliumbehoefte en tussen 60% en 70%

van die stikstofbehoeftes ingevoer word, is plaaslike kunsmispryse

blootgestel aan dieselfde faktore as in die internasionale mark.