103
Goedkeuring en ondersteuning van die finansiering van diens-
verskaffers soos uiteengesit in die besigheidsplan wat aan
die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye voorgelê en
goedgekeur is rakende die implementering van ‘n staatsheffing
soos voorsien in die gewysigde Landbouproduktebemarkings-
wet (Wet nr. 47 van 1966).
Ondersteuning en inisiëring van uitvoerinisiatiewe in die rooi-
vleisbedryf.
Ondersteuning en beïnvloeding van transformasie-inisiatiewe
van die opkomende sektor in belang van die hele waardeketting.
Versameling en verspreiding van bedryfsinligting.
Die kwessies wat by die werkswinkel geopper is, sluit in:
Die rooivleisbedryf moet finansieel bydra tot die uitwissing van
dieresiektes.
Die regering en die privaat sektor moet saam verantwoordelik-
heid aanvaar vir die uiters belangrike kwessie van inentings teen
brusellose, wat volgens wet verpligtend is.
Die bedryf moet naspeurbaarheid befonds, maar die regering
moet ‘n bemagtigende omgewing skep.
Die statutêre heffing moet verhoog sodat die nodige inisiatiewe
gefinansier kan word.
Produsente behoort toegelaat te word om te bemark soos wat
hulle verkies.
Die regering kan moontlik basiese kwaliteitsbeheer vir die uit-
voermark in plek stel.
‘n Vrywillige graderingstelsel om aan die verbruiker se behoeftes
te voldoen.
Bedryfsinligting moet gekoördineer en gedeel word.
‘n Stelsel moet in plek gestel word om die kwaliteit van die
produk dwarsdeur die waardeketting te beheer.
Die voedingswaarde van die produk moet waarde toevoeg.
Die verskillende dele van die karkas moet vir verskillende
markte ontwikkel word en navorsing moet in dié verband ge-
doen word.
Daar is ‘n behoefte aan ‘n klemverskuiwing na meer prak-
tiese, korttermynnavorsing en -ontwikkeling om befondsing
te verseker.
Die bedryf moet as ‘n groep saamwerk.
Dieregesondheid is ‘n groot uitdaging.
Die wette wat van toepassing is op die identifikasie van diere
moet toegepas word.
Genetika speel ‘n belangrike rol.
Klassifikasie is herkenbaar en die bedryf moet brandmerke
ondersoek om dit te komplementeer.
Die bedryf moet van die grondvlak af bestuur word en nie op
die regering wag nie.
Ten volle, gefokusde koördinasie is belangrik.
Die oordrag van vaardighede vir transformasie is baie
belangrik.
Daar moet ‘n vertrouensverhouding met kleinskaalse, opko-
mende boere wees.
Die veterinêre strategie is goed, maar die toepassing daarvan
is problematies. Die privaat sektor moet die Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye hiermee bystaan.
Die bedryf behoort betrokke te wees by handelsooreenkomste
met ander lande.
‘n Uitvoerstrategie moet ontwikkel word.
Nismarkte moet eers in Suid-Afrika ontwikkel word voor die
produk op groot skaal uitgevoer kan word. Stelsels moet in
plek wees in terme van gradering en brandmerke.
Dit is die nasionale RPO se siening dat die hele proses inklusief moet
wees, daarom moet alle rolspelers in die bedryf deel wees van die
oplossing. Dié inisiatief geniet die ondersteuning van die regering
en die bedryf wil graag saam met die regering werk. Verder is die
bedryf bereid om in beheer van sy eie toekoms te wees en is ook
bereid om dié toekoms self te finansier.