Background Image
Previous Page  37 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Produkreeks uitgebrei

J

WL se reuse Versatile 620 geartikuleerde trekker van 429 kW

het die boeregemeenskap in die land aan die praat oor die

opsie wat dié hoë kW-trekkers na die mark toe bring.

Dit is veral die brute krag van die Cummins QSX15-enjin wat op

lae enjinrewolusies reeds krag lewer, die gladde wisseling van die

CAT-kragskuiftransmissie en die feit dat die trekker maklik ver-

sienbaar is, wat produsente aan die praat het.

Verder het die trekker geen tierlantyntjies nie, ten spyte daarvan dat

hy wel toegerus is met ‘n ruim kajuit (die grootste in die industrie),

‘n transmissiebeheerfunksie wat outomaties ratte kan wissel, ‘n

wenakkerbestuurstelsel wat funksies van die operateur oorneem en

‘n instrumentpaneel met al die nodige inligting (soos wielglip). Dit

is ook reeds toegerus om die meeste GPS-stuurstelsels op die

mark te kan hanteer.

Die feit dat die dieseltenk van die trekker in die middel onder die

kajuit gemonteer is, is ‘n groot pluspunt aangesien die gewigs-

verspreiding van die trekker nie beïnvloed word na gelang van

die vlak van brandstof in die tenk nie.

Die trekkers het ook ‘n lang wielbasis, wat vir uitstekende trekver-

moë en goeie rygerief sorg. Die dieseltenk se inhoud van 1 514 liter

sorg ook dat ‘n lang skof afgelê kan word voordat hervulling nodig is.

Standaard-olievloei op die trekkers is 201 l/min met ‘n opsionele

pomp, wat ‘n lewering van 401 l/min kan gee. Vier hidrouliese punte

is standaard, met twee wat opsioneel bygevoeg kan word – wat aan

die meeste implemente se vereistes voldoen.

Die reeks trekkers wat vir die plaaslike mark beskikbaar is, sluit onder

meer twee geartikuleerde modelle van onderskeidelik 280 kW en

300 kW in, wat op ‘n mediumgrootte raam gebou is. Die trekkers

kan ook toegerus word met nou bande vir gebruik tussen 76 cm-rye

– ideaal vir plantwerk met wye planters op 76 cm-ryspasiëring.

Verder is daar vier swaardiens-geartikuleerde wieltrekkers van

324 kW tot 429 kW. Die reeks word voltooi deur die Versatile Delta-

Trac, ‘n geartikuleerde trekker wat met rusperbande toegerus is.

Die reeks is ook in vier modelle beskikbaar, met kraglewering wat

wissel tussen 324 kW en 429 kW.

Daar is ‘n wye reeks opsionele toerusting beskikbaar – wat wissel

van ‘n kruipratkas vir werk teen ‘n uiters lae spoed, addisionele

beligting, kragaftakker (PTO), leersitplek, verskillende bandgroottes

en beladingsopsies.

Die trekkers het ‘n twee jaar/2 000 uur-waarborg en word gerug-

steun deur die vervaardiger in Kanada en onderdelebeskikbaarheid

is goed.

Elmers-tapkar

‘n Nuwe toevoeging tot JWL se stal is die nuwe Elmers-tapkarre.

Die Elmers Haulmaster 850 van 25 ton is reeds hierdie seisoen

bedrywig op die lande en produsente is gaande oor die produk se

uitlaaivermoë en boukwaliteit.

Die tapkarre is met ‘n dubbelawegaarstelsel toegerus, wat verskeie

voordele bo dié van ‘n enkelawegaarstelsel het, naamlik:

Die dubbelawegaar laai vinniger uit (ongeveer twee minute vir die

30 ton-model).

Die uitlaai-awegaar laat meer spasie toe tussen die wa en die

tapkar.

Hierdie tapkar het ‘n laer swaartepunt.

Die tapkarre is met poeier spuitverf bedek, wat vir ‘n duursame

afwerking sorg. Die opsie om die tapkar met rusperbande toe te

rus, is ook beskikbaar en opsionele toerusting sluit in ‘n skaal,

seil, kamerastelsel, hidrouliese aandrywing en ‘n uitlaai-awegaar

waarvan die hoek hidroulies kan verstel.

Die tapkarre is in groottes van 21 ton tot 51 ton en in verskeie

kleure beskikbaar.

Montag-kunsmistoediener

Montag het sy generasie twee (GENII)-kunsmistoediener bekend

gestel, met twee tenks wat nou onderskeidelik 4,5 ton kapasiteit

kunsmis elk kan hanteer. Beide tenks is boonop met skale ook

toegerus.

Die stelsel het die voordeel dat dit variërende toediening van kuns-

mis in vier seksies kan doen, met een tot 18 rye wat toegedien

kan word. Verder is die stelsel só ontwerp dat daar later rye

bygevoeg of weggeneem kan word na gelang van veranderende

behoeftes van die kliënte.

35

August 2017

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

WERNER NEL,

JWL

1

2

1: Die Versatile 620

DeltaTrac van 429 kW.

2: Montag se nuwe

GENII-kunsmistoestel

wat seksiebeheer kan

doen.