Background Image
Previous Page  32 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 112 Next Page
Page Background

Product information

30

Making a

difference

T

his year, Jooste Cylinder and Pump Company celebrates

50 years of making a difference.

The first stainless steel cylinder was manufactured in

1989 and won the Cullinan Good Engineering Design Award a few

years later. The Jooste Cylinder has subsequently become the

most popular borehole cylinder in South Africa and Namibia.

Managing director, Mr Conleth Costigan, has the following vision

for the company’s future:

A vision to expand the Jooste brand and footprint further in

Africa and abroad.

To expand the product range to include a solar driven Jooste

pump.

To redevelop a new generation hand pump for rural

communities.

To upgrade, refine and renew existing Jooste products.

It is the company’s mission to promote a more sustainable and

greener environment with the use of wind and solar driven Jooste

products.

Cheers to the next 50 years!

FOKUS

Spesiale

TANIA COSTIGAN,

Jooste Cylinder and Pump Company

Tendense in die plaaslike landboumasjineriemark

Stroperverkope vir 2016 was 14,4% laer as in 2015 en vir die jaar

tot dusver (Mei 2017) is verkope 12,1% hoër as ‘n jaar gelede vir

dieselfde periode.

Grootte en ouderdom van trekkervloot

Die verandering in die grootte van Suid-Afrika se algehele

trekkervloot (die aantal trekkers in Suid-Afrika jonger as 20 jaar)

vir die afgelope paar jaar word in

Grafiek 5

geïllustreer, terwyl

Grafiek 6

die ouderdomsuiteensetting daarvan weergee.

Algemene gevolgtrekkings ten opsigte van die grootte en ouder-

domverspreiding van die trekkervloot (

AGFACTS, 2017

) is soos volg:

Die algehele trekkervloot het die afgelope tien jaar aansienlik

toegeneem sedert ‘n laagtepunt in 2005 bereik is.

Die huidige trekkervloot van 86 500 eenhede is 13,4% laer as

die vloot van bykans ‘n 100 000 eenhede 20 jaar gelede.

Die trekkervloot het 15 jaar gelede (2001) 68 700 eenhede

beslaan. Die huidige vloot toon ‘n toename van 25,9% teenoor

daardie syfer.

Die totale hoeveelheid trekkers jonger as tien jaar oud, is tans

ongeveer 61 600 eenhede – 71,2% van die huidige trekkervloot.

Die persentasie trekkers jonger as tien jaar was op ‘n laagtepunt

in 1993, toe 35,8% van die trekkervloot jonger as tien jaar was.

In 1995 het die totale trekkers jonger as tien jaar 36,7% van die

vloot beloop, waarna die grootte van die trekkervloot jonger as

tien jaar toenemend begin groei het. ‘n Skerp toename het veral

in die afgelope agt jaar plaasgevind in die hoeveelheid trekkers

jonger as tien jaar.

Die gemiddelde ouderdom van die trekkervloot staan tans op

6,8 jaar.

Trekkrag van trekkers in die trekkervloot

Die totale trekkrag in die Suid-Afrikaanse trekkervloot staan tans

op 6,74 miljoen kW (

Grafiek 7

). Dit het skerp toegeneem sedert die

trekkrag ‘n minimum van 4,26 miljoen kW in 2003 bereik het.

Die gemiddelde krag (kW) van trekkers in die totale trekkervloot

het die afgelope paar jaar geleidelik toegeneem. Hierdie styging in

gemiddelde krag kan in

Grafiek 8

gesien word: Dit het vanaf 71,2 kW

(tien jaar gelede) tot die huidige 77,9 kW toegeneem.

Werktuie en toerusting