Background Image
Previous Page  27 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Geniale trekkertegnologie

S

edert Fendt-trekkers vanjaar by die NAMPO Oesdag

bekend gestel is, gaan dit voort om opslae by boeredae

en demonstrasies te maak. En dit is geen wonder nie,

want só ‘n geniale kombinasie van trekkertegnologie is

nog nie voorheen in Suid-Afrika gesien nie.

Dit is veral die vlagskip, die Fendt 1000 Vario-reeks van 291 kW tot

380 kW, wat graanprodusente aan die praat het. Die Fendt 1000

Vario is ‘n konvensionele wieltrekkerreeks, maar daar is niks

konvensioneels daaraan nie. Daarvoor sorg tegnologie wat

werkverrigting en brandstofekonomie na ‘n nuwe vlak neem, sê

mnr Cornie Tosen, nasionale verkoopsbestuurder vir Fendt by

BHBW Suid-Afrika (voorheen Barloworld Agriculture).

Die hart van dié trekkers is VarioDrive, die eerste trekkertransmissie

ter wêreld wat onafhanklike vierwielaandrywing moontlik maak.

Dit sorg vir die ideale wringkragverspreiding na die voor- en

agterasse, sodat die trekker sy volle 380 kW op die grond neersit.

Ses massiewe wiele (die vlagskip Fendt 1050 Vario se agterbande

is amper 2,35 m in deursnee) dra hiertoe by, sê Tosen.

“Wringkrag word outomaties versprei na die wiele met die beste

traksie, wat power hop uitskakel en ook die draaisirkel met 10%

verminder.”

Met VarioDrive bou die maatskappy voort op sy Vario-transmissie

wat sedert 1995 die standaard stel vir deurlopend-wisselende

transmissies in landbou. Meer as 250 000 Vario-transmissies is al

deur die maatskappy vervaardig.

Die Fendt 1000 Vario is ook die eerste trekker waarvan alle kompo-

nente wat krag verbruik (van die 12,4 liter MAN-sessilinderenjin

en VarioDrive-transmissie tot die waaier en hidrouliese stelsel)

volgens ‘n omvattende lae-enjinomwentelinge-hoë-wringkragbe-

ginsel genaamd Fendt iD ontwerp is. Die gevolg is uitsonderlike

lae brandstofverbruik.

Maksimum wringkrag van 2 400 Nm word van 1 100 tot 1 500

omwentelinge per minuut gehandhaaf. Maksimum kraglewering

en wringkrag sowel as die laagste spesifieke brandstofverbruik

word teen net meer as 1 400 opm bereik en gehandhaaf danksy

die VarioDrive-transmissie wat die werkspoed outomaties by

toestande aanpas.

Van 200 m/h tot 40 km/h werk die enjin dus konstant teen optimale

omwentelinge, wat brandstofverbruik per hektaar verlaag en die

dienslewe van die enjin en ander komponente verleng.

Die enjin word verkoel deur ‘n waaier wat aan sy buitekant geleë is

en deur sy eie hidrostatiese motor aangedryf word en is ontwerp

om in temperature van tot 45°C te werk. Só word verdere energie

bespaar.

“Van groot belang vir plaaslike grondbewerkings- en plantpraktyke

is dat hidrouliese vloei tot 430 liter per minuut verhoog kan word,

met twee onafhanklike hidrouliese kringe wat 220 liter en 210 liter

onderskeidelik lewer,” sê Tosen.

Fendt-trekkers is beskikbaar met kraglewering van 51 kW tot

380 kW. In Suid-Afrika fokus BHBW, afgesien van die Fendt 1000

Vario, op die volgende reekse vir graanprodusente: Die Fendt

900 Vario (199 kW - 243 kW), Fendt 800 Vario (162 kW - 206 kW)

en Fendt 700 Vario (94 kW - 162 kW). Al dié reekse is toegerus met

die Vario-transmissie.

Jou behoefte, jou trekker

Trekkers word gespesifiseer en volgens individuele behoeftes in

die fabriek in Duitsland gebou. Oor die vier reekse heen is daar

byvoorbeeld ‘n keuse tussen sowat 300 verskillende opsies, om

seker te maak die eindproduk voldoen perfek aan spesifieke

vereistes, sê Tosen.

“Opsies is onder meer beskikbaar ten opsigte van hidrouliese vloei,

bandgrootte, belading, presisieboerdery, die kajuit en ’n funksie

genaamd Grip Assist, waarmee banddruk by enkelwiele outomaties

uit die kajuit verstel kan word.”

Fendt word direk bemark deur BHBW, die gesamentlike onderne-

ming tussen Barloworld en die Duitse groep BayWa AG, wat ook

die wêreld se grootste Fendt-handelaar is.

25

August 2017

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

ANITA VAN ZYL,

namens BHBW Suid-Afrika

1: Suid-Afrika se eerste Fendt-trekker, ‘n Fendt 1042 Vario van 320 kW, is verkoop aan

Thys Pottas (tweede van regs) wat tussen Kroonstad en Welkom boer. By hom staan

Charles van Niekerk (besigheidsontwikkelingsbestuurder by BHBW), Roland Schuler

(lid van BayWa AG se bestuursraad) en Godfried Heydenrych (uitvoerende hoof

van BHBW).

2: Cornie Tosen (nasionale verkoopsbestuurder vir Fendt by BHBW).

1

2