Background Image
Previous Page  30 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

28

‘n Kykie na tendense in die plaaslike

landboumasjineriemark

p

ryse van landboumasjinerie – en meer spesifiek die

mate waartoe dit toegeneem het – is deesdae op elke

graanprodusent se lippe. Dit is so dat die meeste groot

items ingevoer word; en daarom speel die waarde van

die rand ook ‘n belangrike rol in plaaslike prysvorming.

Die wisselkoers het vanaf Junie 2007 tot Junie 2017

met 80% verswak – van R7,15 tot R12,88 teenoor die dollar. Trekker-

pryse het die afgelope tien jaar meer as verdubbel.

In

Grafiek 1

kan gesien word dat gemiddelde plaaslike trekker-

pryse oor ‘n tien jaartydperk met 117% gestyg het en goed gekorre-

leer het met die verswakking in die wisselkoers.

Jaar-op-jaar-landboumasjineriepryse

Die jaar-tot-jaar-prysveranderinge van die verskillende katego-

rieë landboumasjinerie kan in

Tabel 1

waargeneem word. Land-

boumasjineriepryse het gemiddeld vanaf Junie 2016 tot Junie

2017 met 0,9% gedaal, terwyl trekkerpryse gemiddeld met 1,8%

afgeneem het. Oor dieselfde tydperk het die wisselkoers met

14,6% versterk.

Bekostigbaarheid van trekkers oor tyd

Ruilvoetberekeninge van trekkers en graan is gedoen om die be-

kostigbaarheid van trekkers oor tyd te analiseer.

Grafiek 2

toon hoeveel mielies benodig word om ‘n trekker van

tussen 70 kW en 80 kW aan te koop. Vir die komende seisoen kan

dit ‘n produsent 415 ton mielies uit die sak jaag om ‘n trekker van

hierdie grootte aan te koop, terwyl dit tien jaar gelede 225 ton

gekos het.

Die gemiddelde ruilvoet sedert 1990 is 305 ton mielies vir ‘n trekker

van tussen 70 kW en 80 kW. Daarom is trekkers tans minder

bekostigbaar as die gemiddelde ruilvoet sedert die 1990/1991-

produksieseisoen.

Grafiek 3

toon hoeveel koring benodig word om ‘n trekker van

tussen 70 kW en 80 kW aan te koop. Vir die huidige seisoen kan

dit ‘n produsent 215 ton kos om ‘n trekker aan te koop, terwyl ‘n

trekker van hierdie grootte oor die langtermyngemiddeld (sedert

1990/1991) 195 ton koring gekos het.

Trekkerverkope

Trekkerverkope vir 2016 het 5 855 eenhede beloop – 11,3% laer as

die vorige jaar se verkope. Trekkerverkope tot dusver vir 2017 tot

en met Meimaand is bykans dieselfde as vir dieselfde tydperk in

2016. Die gemiddelde trekkerverkope per jaar sedert 1995 beloop

5 364 eenhede (

Grafiek 4

).

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Grafiek 1: Trekkerprys- versus rand/dollar-indeks.

*Vooruitskouing

Grafiek 2: Hoeveelheid mielies benodig om ‘n 70 kW - 80 kW trekker te koop.

*Vooruitskouing

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA

INSET

-oorsig