Background Image
Previous Page  35 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 35 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Hierdie trekkers mág maar

M

assey Ferguson se nuwe Global-

reeks van 61 kW tot 98 kW

is besig om landswyd kleim

af te steek as harde plaas-

werktrekkers – veelsydig, betroubaar en

brandstofdoeltreffend, met puik spesi-

fikasies vir dié kilowatt-segment.

Die Global-trekkerfamilie bestaan uit die

MF 4708 (61 kW), die MF 5700-reeks

(68 kW en 76 kW) en die MF 6700-reeks

(82 kW, 91 kW en 98 kW). Die twee- of

vierwielaangedrewe MF 4708 is beskik-

baar met ‘n semi-platform en die vierwiel-

aangedrewe MF 5700- en MF 6700-reekse

met ‘n platform of kajuit.

“Met die Global-reeks bring ons ‘n praktiese

trekker plaas toe wat by uitstek in plaaslike

behoeftes vir trekkers onder 100 kW

voldoen,” sê mnr Coenraad Oosthuizen,

nasionale verkoopsbestuurder vir Massey

Ferguson by BHBW (voorheen Barloworld

Agriculture). “Dit is eenvoudige trekkers

met basiese tegnologie – maklik om mee te

werk en om in stand te hou – maar ekstra

spesifikasies verhoog kostedoeltreffende

werkverrigting en maak hulle meer

veelsydig.”

Dié trekkers blink uit in ‘n verskeidenheid

toepassings – van ploeg, plant en hooimaak

tot laaigraaf- en sleepwerk.

Turbo-aangedrewe 4,4 liter AGCO Power-

viersilinderenjins sorg vir uitstekende krag-

lewering en wringkrag. Aangeslane krag-

lewering word teen lae omwentelinge

bereik, wat brandstofverbruik verlaag en

ook help om ‘n lang dienslewe met ‘n lae

instandhoudingskoste te verseker.

Sowel die MF 4708 as die MF 5700- en MF

6700-reekse is toegerus met ‘n 12x12-trans-

missie met gesinchroniseerde heen-en-

weerskakeling. Die trekkers is beskikbaar

met ‘n meganiese spoel (

shuttle

) met ‘n

droë koppelaar of ‘n Power Shuttle met ‘n

nat, olieverkoelde koppelaar vir elektro-

hidrouliese vorentoe-en-truskakeling. Die

Power Shuttle maak ratverwisseling in die

ry moontlik.

Nuut by hierdie tipe trekkers is dat elektro-

hidrouliese inskakeling van vierwielaandry-

wing met die druk van ‘n knoppie geskied,

met in- en uitskakeling wat in die ry gedoen

kan word.

Die Global-reeks het ‘n swaardiensraam

en ‘n goeie krag-tot-gewigverhouding,

sodat meer kilowatt na die grond ver-

plaas word en wielglip beperk word.

Die trekkers bied ‘n hysvermoë van tot

5,5 ton (by die MF 6700-reeks), wat goeie

reserwekapasiteit meebring vir die gemak-

like hantering van implemente en ander

toerusting.

Vir nog meer veelsydigheid is

row crop

-

wiele as opsie beskikbaar by sowel die

MF 5700- as MF 6700-reekse.

Kajuit

In reaksie op aanvraag is al die modelle

in die MF 5700- en MF 6700-reekse nou

ook met ‘n kajuit beskikbaar. Dié moderne

kajuit is in Frankryk ontwerp deur dieselfde

ingenieurs wat Massey Ferguson se

hoëtegnologietrekkers ontwerp en bied

buitengewoon hoë vlakke van operateurs-

gerief vir die segment.

Soos die res van die Massey Ferguson-

trekkerreeks is hierdie trekkers beskikbaar

met ‘n BHBW-diensplan vir drie jaar of

2 000 uur.

4 en ‘n half uit 5

Mnr Jannie Verster, wat tussen Hobhouse

en Ladybrand boer, het verlede jaar sy

eerste Massey Fergusons aangeskaf toe

hy ‘n MF 6712 en ‘n MF 6713 (albei met ‘n

nat koppelaar) by OVK Landbou gekoop

het. Die trekkers, wat nou elk meer as

800 uur agter die blad het, word gebruik

vir kontrasnyegwerk, rip en plant.

“Die MF 6700 is ‘n topproduk in sy kate-

gorie,” sê Verster. “Dit is ‘n eenvoudige

trekker, maar daar is nêrens afgeskeep met

die bou daarvan nie. Jy kry baie trekker vir

die prys – van die duursame bande tot die

werksverrigting. Die trekkers lewer hulle

volle kilowatts en is baie ligter op brandstof

as vergelykbare trekkers wat ek voorheen

gebruik het. Die diensintervalle van 500 uur

is ook ‘n voordeel. Ek gee die MF 6700 vier

en ‘n half uit vyf.”

33

August 2017

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

ANITA VAN ZYL,

namens BHBW Suid-Afrika

Die MF 5700- en MF 6700-reekse

van 68 kW tot 98 kW is nou ook

met ‘n kajuit beskikbaar – wat

dit geskik maak vir onder meer

spuitwerk.