Background Image
Previous Page  28 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 28 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Augustus 2017

26

Prysmededingendheid

vir klante verbeter

S

trategiese veranderings het dikwels ‘n beduidende effek

op besigheid. NWK Meganisasie het in die afgelope

paar jaar ‘n hele paar veranderings van dié aard deurleef.

NWK Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie het

mnr Louis Lange (meganisasiebestuurder: NWK) genader om te hoor

wat die stand van sake is na New Holland se moedermaatskappy

onlangs ‘n groot aankondiging gemaak het.

Tydens NAMPO 2017 het CNH, die moedermaatskappy van New

Holland, bekend gemaak dat die invoerregte voortaan direk

hanteer gaan word en hulle dus nie meer gebruik gaan maak van

invoerders nie.

Een skakel minder in die voorsieningsketting na die eindverbrui-

ker gaan verseker prysmededingendheid vir die klant verbeter.

Dit opsigself gaan die produk se markaandeel verhoog en die

vooruitsigte is dat New Holland sy regmatige plek in die Suid-

Afrikaanse landboumark gaan inneem.

NWK is baie positief hieroor – veral weens die feit dat die strategie

ook die maatskappy se besigheidsdoelwitte gaan ondersteun.

Waar het alles begin?

In die verlede het NWK verskeie produkreekse gelyktydig

hanteer (Fiat, Ford, Massey Ferguson en John Deere) – en later

jare ook nog New Holland en Case. Die aanbieding van verskeie

produkte het NWK genoodsaak om ‘n redelike swaar besigheids-

model/-struktuur daar te stel, wat duur was om te onderhou.

Na vele oorwegings is daar in 2011 ‘n besluit geneem om Megani-

sasie se struktuur meer vaartbelyn te maak en om in die toekoms

slegs met ‘n enkelagentskap (New Holland) besigheid te doen. Die

strategie was eenvoudig om die Meganisasiedepartement meer

koste-effektief te bedryf sonder om diensvlakke daarmee saam in

te boet.

Twee volwaardige bedryfspunte (Lichtenburg en Sannieshof) is

behou, asook onderdelebedryfspunte op Ottosdal, Delareyville,

Mareetsane en Koster.

Drie en ‘n half jaar gelede is ‘n besluit goedgekeur dat Meganisasie sy

operasionele gebied kan vergroot en bedryfspunte is op Delmas en

Middelburg geopen. Die hoofrede was risiko- en kosteverspreiding,

asook nuwe besigheidsmarkte wat ontgin kon word. Beide die

bedryfspunte dra wesenlik by tot die omset en bruto wins van die

Meganisasiedepartement.

Die Delmas-bedryfspunt het in die afgelope finansiële jaar die

winslyn oorgesteek. Dit word alles toegeskryf aan groeiende

besigheidsvertroue tussen NWK en die klante in die Mpumalanga-

gebied – iets waarvoor NWK se bestuur en aandeelhouers waar-

dering het.

En die toekoms...?

NWK Meganisasie bly by sy hoofdoelwit: Om Meganisasie

volhoubaar winsgewend te bedryf sodat dit as departement ook

deel kan vorm van die positiewe bydraers tot NWK se winste. Die

departement het die pas afgelope finansiële jaar daarin geslaag

om ‘n redelike sterk ingreep op sy doelwit van volhoubare

winsgewendheid te maak en het sy finansiële posisie met bykans

40% verbeter teenoor die vorige finansiële jaar.

Meganisasie voorsien ook ‘n beter seisoen na aanleiding van beter

klimaatstoestande wat die departement in die komende seisoen te

wagte kan wees.

Die personeel is reeds belyn om by die maatskappy se be-

sigheidstrategie in te pas en is gerat om produsente van die bes

moontlike diens en naverkoopdiens te verseker.

CNH het ook sy besigheidsvertroue in NWK bevestig deur die

bestaande bedieningsarea waarvoor die maatskappy tans verant-

woordelik is, te vergroot en die Vryburg-, Tarlton- en Brits-gebied is

ook aan NWK toegeken.

Die Meganisasiedepartement se bestuur handhaaf ‘n “oop

deur”-beleid: Alle produsente is welkom om te kom inloer en oor

‘n koppie koffie met ons te kom gesels oor die New Holland

produkreeks, asook die ander produkreekse wat in die NWK

Meganisasiestal aangebied word.

Lange en sy span staan reg om jou van diens te wees.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

KORPORATIEWE BEMARKING EN KOMMUNIKASIE,

NWK

New Holland CR-stropers – lank reeds 'n gunsteling onder Noordwes-produsente.