Background Image
Previous Page  22 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 22 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

20

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Om die besluit te neem oor watter grootte trekkers aangeskaf

moet word, moet jy as produsent vir jouself uitklaar watter

bewerkings binne watter tydsduur gedoen moet word. Vir elke

aksie moet jy weet hoe lank die bewerkingsvenster is en ook hoe-

veel hektaar jy per dag met watter trekker kan doen. Die koste om

hierdie spesifieke trekker te bekom, is ook belangrik.

Daar is heelwat publikasies wat die meeste van die inligting rondom

die bewerkingskostes asook die bewerkingstempo’s kan verskaf.

Bekom gerus die Direktoraat Landbou-ekonomie se publikasie

Guide to

machinery costs

, of dalk die

Meganisasiegids

soos

saamgestel deur mnr JP le Roux, of kontak die meganisasie- of

landboudienste-afdeling by die meeste landboubesighede.

In

Tabel 1

word die kostes, asook die werktempo’s van 70 kW tot

80 kW vierwieldryftrekkers gegee. Tabel 1 is opgestel deur gebruik

te maak van die

Guide to machinery costs

en ander meganisasie-

gidse en aangepas na 2017 se gemiddelde nuwe pryse.

In Tabel 1 word getoon dat ‘n 77 kW trekker 14,91 liter diesel gebruik

om ‘n hektaar te ploeg en dat ‘n trekker 1,07 uur benodig om 1 ha te

ploeg. Dieselfde 77 kW trekker behoort 5,15 liter diesel te gebruik

om 1 ha met ‘n 6 ry-geenbewerkingsplanter te plant en só ‘n kombina-

sie behoort ongeveer 27 ha in tien ure te kan plant. Die totale koste

om ‘n hektaar te dis, behoort R239,24 te beloop.

Wat egter nie uit die oog verloor moet word nie, is dat die meeste

produsente dink hulle trekkers werk tien ure per dag, maar wan-

neer jy die uurmeters nagaan, is daar groot afwykings. In die meeste

van die gevalle is die werkstyd heelwat minder.

Die arbeiders mag dalk tien ure by die werk wees, maar net die tyd

wat die trekker staan omdat die drywer eet, 'n draai loop en ander

staantyd, maak dat die trekker minder ure opdoen. Maak die trek-

ker vol met diesel en nog ‘n halfuur is weg. En so kan jy aangaan...

Dit sal moontlik wees om 23 ha met ‘n 240 kW trekker in tien ure te

ploeg en 42 ha in tien ure te beitel.

Gegewe hierdie inligting en die kennis dat die lande binne 15 dae

geploeg moet wees en daar is 1 000 ha om te werk, sal 66 ha per

dag geploeg moet word. As aanvaar word dat die trekker tien ure

per dag kan werk, sal drie 240 kW-trekkers benodig word om die

werk binne die tyd afgehandel te kry. Ten einde dieselfde plaas

met 70 kW tot 80 kW trekkers te ploeg, word om en by sewe trek-

kers benodig.

Daar is verskeie wiskundige metodes wat gebruik kan word om die

optimale kombinasie van trekkers en toerusting te bepaal. Liniêre

programmering is ‘n bekende metode wat aangewend kan word om

die optimale trekkergroottesamestelling te bepaal.

Indien ‘n keuse tussen modelle gemaak moet word, is dit belangrik

dat die volgende inligting beskikbaar moet wees:

Die bewerkings wat gedoen moet word;

binne hoeveel dae die bewerkings gedoen moet word;

watter bewerkings gelyktydig gedoen moet word;

hoeveel hektare per dag per trekker per bewerking gedoen kan

word;

koste vir die aankoop van die verskillende trekkers;

koste per trekkerdrywer;

hoeveelheid diesel per trekker per aksie benodig; en

herstelwerk per trekker per aksie benodig.

Met hierdie inligting beskikbaar, is dit moontlik om ‘n optimale

trekkersamestelling te bereken, wat die produsent in staat stel om

die koste vir die plaas te minimaliseer.

As

Tabel 2

se inligting in ‘n kosteminimaliserings-liniêrebewer-

kingsmodel opgeneem word, kan die beste en goedkoopste

kombinasie trekkers bereken word. Hierdie modelle se antwoorde

is gewoonlik reg en soms is ‘n mens geskok om die verskil tussen

die keuse van model en dít wat werklik gebeur, te sien.

Die grootste drywers in die keuse van die trekkersamestelling is

hoofsaaklik:

Aanwendingsmoontlikhede van die trekkers;

koste per kilowatt;

dieselgebruik; en

arbeidskoste van die drywers.

Anders as verwag, het die koste van die drywers nie regtig ‘n effek

op die keuse van die trekkers nie. Wat wel ‘n verskil in die keuse

van die trekkers maak, is die koste per kilowatt. Sodra die koste

per kilowatt op dieselfde vlak is, speel die brandstofgebruik

per hektaar ‘n groot rol in die keuse van die trekkers.

In

Tabel 3

word die resultate van die liniêre model (om die beste

kombinasie te kry) aangetoon.

Hierdie resultaat toon duidelik dat die werk met vyf 92 kW-trekkers

en een 66 kW-trekker binne die verwagte tyd gedoen kan word.

Indien een van die trekkers tydelik onklaar raak, behoort daar ge-

noeg kapasiteit te wees om nie té ver agter te raak met die werk nie.

Sodra die pryse per kilowatt dieselfde gemaak word, verander

die prentjie dramaties.

Tabel 4

bevat hierdie antwoorde. Omdat

daar soveel in kapitaal belê word, speel die koste van arbeid ‘n

minderwaardige rol.

Voor die model enige verandering in die kombinasie trekkers ge-

koop aandui, moet die koste van arbeid dramaties bo die huidige

en verwagte pryse styg.

Hierdie antwoord toon dat dieselfde werk met net vyf trekkers ge-

doen kan word. Daar behoort in hierdie kombinasie genoeg spaar-

kapasiteit te wees om ‘n ernstige brekasie te kan akkommodeer.

Die inligting in Tabel 3 ingesluit, is verkry uit verskillende bronne

waar die effektiwiteit van trekkers en hul dieselgebruik gemeet is.

Volgens hierdie bronne is die groter trekkers swaarder op diesel

as die kleiner modelle. Hierdie inligting word ook in die optimale

kombinasie opgeneem. As die effek van dieselgebruik reggestel

word, kies die model om eerder groter trekkers te kies, maar die

koste per kilowatt speel nog steeds ‘n beduidende rol in die keuse

van trekker.

In praktyk beteken dit dat daar nie ‘n standaardresep vir almal is

nie. Gelukkig hou ons almal ook van verskillende trekkerfabrikate

en modelle en daarom bly dit jou as produsent se keuse. Let net

daarop dat jou keuse finansiële gevolge gaan hê. Te veel trekkers

is net so ondoeltreffend soos te min. Doen moeite om die regte

kombinasie en hoeveelhede trekkers te kies en maak seker dat

hulle effektief kan werk.

Vir navrae hieroor, kan Pietman Botha by 082 759 2991 gekon-

tak word.

Tydigheid:

Die belangrikste aspekte van graanproduksie