Background Image
Previous Page  24 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 24 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Augustus 2017

22

Bewaringsboerdery in rygewasse

– die regte planterkeuse is die sleutel tot sukses

D

eesdae is daar geen kommersiële produsent

wat nie die

beginsels van bewaringsboerdery begryp en ondersteun

nie. Die definisies is egter wyd en uiteenlopend, maar

die feit dat natuurlike hulpbronne soos grond en water

nie hernubaar is nie, motiveer ons almal om dit met groot sorg te

hanteer en aan te wend.

Daar is nie ‘n “regte” en “verkeerde” benadering nie – net verskillende

opinies – wat verskillend gemotiveer en aanvaar word. Ongeag of

die keuse op konvensionele -, minimum- of geenbewerking val om

die gestelde doelwitte te bereik, sal die keuse van die spesifikasies

van die rygewasplanter bepalend wees in die suksesvolle bereiking

daarvan.

Eenvoudige, basiese beginsels

Die plant van rygewasse is nie ingewikkeld nie en die volgende

doelwitte moet bereik word:

Presiese plantdiepte, soos vereis en vooraf bepaal.

Korrekte saad-tot-grondkontak, verkry met die korrekte

kompaksievlakke.

Presiese en korrekte interplant-afstande, elke pit, elke keer.

Korrekte plasing van die korrekte hoeveelheid kunsmis.

Min of geen variasie in bogemelde wanneer planttoestande

varieer.

Eenvoudige en maklike verstelling van die planter om die

bogemelde doelwitte te bereik.

Die enigste werklike verskil tussen plantervereistes in konvensio-

nele -, minimum- en geenbewerkingstoestande lê hoofsaaklik in die

vermoë van die plantereenheid om plantreste te hanteer (minimum-

en geenbewerking) sowel as om die fermer grondstruktuur tydens

geenbewerking te hanteer.

‘n Goed-ontwerpte konvensionele planter behoort geredelik aan-

gepas te kan word om in minimumbewerkingstoestande te

kan plant deur eenvoudig ryskoonmakers aan te bring en ‘n

opwaartse verstelling van die druk op die ry-eenheid. Dit gee die

produsent die geleentheid om dieselfde planter onder verskillende

bewerkingstoestande aan te wend.

Geenbewerkingsplanters is gewoonlik ontwerp om deur groot

hoeveelhede plantreste te sny sonder om van ryskoonmakers

gebruik te maak. Dit sal masjiene vereis wat meer druk op die

snyskywe kan plaas om die snywerk effektief te doen. Ook sal die

hoër druk op die plantereenheid gebruik word om meer druk op

die kompaksiewiele te plaas om in fermer grond steeds goeie

saad-tot-grondkontak te verkry.

Kuhn – ‘n planter vir alle toestande

Kuhn vervaardig rygewasplanters vir verskillende toestande in sy

fabrieke in Frankryk en Brasilië.

Die Kuhn Maxima 2-reeks is pneumatiese presisieplanters wat

gemik is op die konvensionele en minimumbewerkingsomgewing.

Modelle is beskikbaar in vier-, ses- en agt-ryformaat, 75 cm of

90 cm gespasieer en albei in sleep- en driepuntmontering beskikbaar.

Toevoeging van die ryskoonmakers verander die Maxima 2 in ‘n

planter wat effektief minimumbewerkingstoestande kan hanteer.

Die planteenheid is op ‘n parallelogram gemonteer, wat presisie-

diepte-plant in variërende grondkontoere ondersteun.

Kuhn Maxima PG en PDMPG Prime is ontwerp en gebou vir

geenbewerkingstoestande. Planters is beskikbaar in vier-, ses-, agt-,

tien- en twaalf-ryformaat, 45 cm, 75 cm en 90 cm gespasieer en in

sleepweergawe beskikbaar.

Die PDMPG Prime is toegerus met sentrale saadvoorsiening en

V-set Precision® uitmeeteenhede wat deur die Elliot Flexshaft-

transmissie aangedryf word vir minimum onderhoud en optimale

presisie.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

MARIUS RAS,

bemarkingsdirekteur, Rovic Leers

1: Die Kuhn Maxima 2.

2: Die Kuhn PG Prime.

1

2