Augustus 2017
18
Tydigheid:
Die belangrikste aspekte van graanproduksie
– meet jouself hieraan
A
s ‘n spesifieke gewas ná die optimale plantvenster van die
gewas geplant word, is die gewas se verwagte opbrengs
laer is. Gewoonlik beteken dit dat die gewas nie optimaal sal
produseer nie en daarom dat die opbrengste in die meeste
van die gevalle laer is.
Om tydig te kan plant, verg dat al die bewerkingsaksies tydig
uitgevoer moet word. Ten einde die bewerkings tydig gedoen te
kry, moet produsente oor voldoende trekkers en toerusting beskik.
As die lengte van die bewerkingsvenster bekend is, kan die produsent
bepaal hoeveel trekkers van watter grootte nodig sal wees om die
werk tydig afgehandel te kry.
Winsgewendheid is aan die einde van ‘n finansiële jaar die aspek
waaraan ‘n besigheid gemeet word. Daarom is dit noodsaaklik
dat die produsent die regte hoeveelheid trekkers en toerusting
besit of kan bekom om die werk binne die bewerkingsvenster te
kan afhandel.
Om trekkers en toerusting te besit, het ook uitdagings. Arbeid,
waardevermindering en herstelwerk is maar net ‘n paar daarvan.
Een van die belangrikste punte is die hoeveelheid kapitaal wat in
dié gedeelte van die boerdery opgesluit word. Hierdie toerusting
moet ook een of ander tyd vervang word en dit bly ‘n uitdaging om
te besluit wat en wanneer dit vervang moet word.
Behalwe vir die vervanging, is die besluit oor watter grootte trekkers
en hoeveel waarvan aangeskaf moet word, ‘n uitdaging. Moet ons
net groot trekkers koop? Of moet ons net een groot trekker koop
en ‘n paar kleiner trekkers, of moet ons net klein trekkertjies besit?
Voorwaar ‘n uitdaging om ‘n keuse te maak aangesien elke boerdery
se samestelling verskil.
FOKUS
Werktuie en toerusting
Spesiale
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker
TREKKERKOSTE PER UUR
AKSIE
PLOEG
RIP
ALGEHEEL RIP-OP-RY BEITEL
DIS/EEN-
RIGTING
WYDWERK-
SKOFFFEL
MIELIE-
PLANTER
GEENBE-
WERKING-
MIELIE-
PLANTER
Drywing
vereiste
Hoëdrywing Hoëdrywing Hoëdrywing Hoëdrywing Hoëdrywing Hoëdrywing Hoëdrywing Hoëdrywing
Nuwe prys vir
trekker
785 740,00 785 740,00 785 740,00 785 740,00 785 740,00
785 740,00
785 740,00
785 740,00
kW (4x4)
77,00
77,00
77,00
77,00
77,00
77,00
77,00
77,00
Waardever-
mindering
58,93
58,93
58,93
58,93
58,93
58,93
58,93
58,93
Versekering
en lisensie-
koste @
1,75%/jaar
7,56
7,56
7,56
7,56
7,56
7,56
7,56
7,56
Rentekoste
@ 10%/jaar
43,22
43,22
43,22
43,22
43,22
43,22
43,22
43,22
Totale vaste
koste
109,71
109,71
109,71
109,71
109,71
109,71
109,71
109,71
Herstelwerk-
en onder-
houdkoste
78,57
78,57
78,57
78,57
78,57
78,57
78,57
78,57
Brandstof-
koste @ R13/
liter
180,18
180,18
180,18
180,18
180,18
180,18
180,18
180,18
Totale
veranderlike
koste
258,75
258,75
258,75
258,75
258,75
258,75
258,75
258,75
Totale trek-
kerkoste/uur
368,46
368,46
368,46
368,46
368,46
368,46
368,46
368,46
TABEL 1: DIE KOSTE VAN 70 KW - 80 KW VIERWIELAANGEDREWE TREKKER MET VERSKILLENDE IMPLEMENTE.
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Paul Nuttal 2017