Background Image
Previous Page  111 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 111 / 116 Next Page
Page Background

Swierig in silwer en kant

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

m

y sitkamer is die warmste vertrek in die huis in die

diep winter. Ek het gaste genooi vir ‘n aand van

silwer en kant. Op ‘n ronde tafel voor die knette-

rende vuur dek ek met ‘n antieke kanttafeldoek.

In die middel van die tafel is ‘n Madonna in sement

gegiet. Ek omring haar met sagte afwit rosies dig teenmekaar ge-

rangskik in ‘n lae silwer blombak.

Kantborde is op silwer onderborde geplaas. Spierwit linneservette

lê elegant op albei borde. Daar is silwer opdienbakke gevul met sto-

mende bredie, geelrys en steranys en kleurvolle groente.

Kant en wit linne en antieke silwer neem ons op ‘n reis na kastele

met hofknape en diensmeisies. Die flonkerende kerse met wasdrup-

pels vorm nog ‘n kant-effek en stadig loop die aand uit met Barok

musiek in die agtergrond.

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.

109

August 2016