Background Image
Previous Page  79 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 79 / 116 Next Page
Page Background

Sonneblom gee top-opbrengste,

selfs in droogtetye

D

ie 2014/2015-seisoen kan beskou word as een wat produsente

nie maklik gaan vergeet nie. Droogte het vir die grootste gedeel-

te van die seisoen geheers en wanneer daar reënbuie uitgesak

het, het hael op verskeie geleenthede hierdie reënbuie vergesel.

Ten spyte van die droogte, het sonneblom egter in hierdie seisoen

kop en skouers bo die res uitgestaan met bogemiddelde opbrengste

in vergelyking met ander gewasse.

Daar heers baie onsekerheid oor of daar nog ‘n El Niño-seisoen op

ons wag. Hierdie moontlikheid moet egter nie uit die oog verloor

word nie. Indien dit die geval sou wees, moet produsente nie die

waarde van sonneblom as rotasie- en kontantgewas in hul produk-

siesisteem onderskat nie.

Met ‘n penwortelstelsel wat vog vanuit dieper grondlae kan benut,

val sonneblom in ‘n klas van sy eie wat droogteweerstandbiedend-

heid betref. Sonneblom is een van die min gewasse wat produsen-

te elke seisoen ‘n redelike mate van gemoedsrus kan gee.

Vir produsente gaan die geheim tot sukses vir die komende seisoen

se sonneblomaanplantings in kultivarkeuse opgesluit lê. Die twee

belangrikste eienskappe wat egter in gedagte gehou moet word, is

opbrengsstabiliteit asook siekteverdraagsaamheid.

Hierdie twee faktore speel die grootste rol in ‘n kultivar se langter-

mynstabiliteit. Laasgenoemde kan egter slegs bereik word deur

langtermynopbrengsdata van getoetste kultivars oor ‘n verlengde

tydperk in te samel. Langtermyngetoetste kultivars sal vir sonne-

blomprodusente ‘n baie duideliker aanduiding kan gee van ‘n kulti-

var se prestasie in droë asook nat seisoene.

Met die koms van die AGSUN-sonneblomreeks het hoë-opbrengs-

potensiaal-sonneblombasters die Suid-Afrikaanse mark aansienlik

verander. Die stabiliteit van hierdie sonneblomreeks het die

waarde van sonneblom ontsluit as ‘n volwaardige hoofgewas. Hier-

die benadering is 13 jaar gelede nog verder versterk deur ‘n kulti-

var wat tot vandag toe kan spog dat hy een van die kultivars op

die sonneblommark is met die hoogste langtermyn gemiddelde

opbrengste oor al die opbrengspotensiaalgebiede. Daar word na-

tuurlik hier verwys na die immergewilde AGSUN 8251.

AGSUN 8251 het sonneblomprodusente in Suid-Afrika oor die af-

gelope dekade bederf met ‘n kultivar wat nie net in ‘n klas van sy

eie is wat opbrengsstabiliteit betref nie, maar wat produsente ook

gemoedsrus gee met betrekking tot siekteweerstandbiedendheid.

Bekend as ‘n sonneblomkultivar met ‘n wye genetiese potensiaal,

vaar AGSUN 8251 uitstekend in droë seisoene en kom ook tot sy

reg in baie nat seisoene.

AGSUN 8251 spog ook as een van die toppresterende kultivars in

die nasionale kultivarproewe en het oor ‘n periode van 13 jaar op

verskeie geleenthede as wenner uit die hierdie kultivarproewe

getree. Met ‘n gemiddelde opbrengs van 2,21 ton/ha oor 13 seisoene

teenoor ‘n 1,99 ton/ha proefgemiddeld van al die inskrywings in die

nasionale kultivarproewe, kan daar sonder twyfel gesê word dat

AGSUN 8251 ‘n leier op die sonneblommark is.

‘n Nuwe toetreder tot die AGSUN-sonneblomreeks is die baie

aanpasbare AGSUN 5278. Hierdie kultivar spog ook met die unieke

stay green

-eienskap en kom veral tot sy reg in pakketaanplantings

met AGSUN 8251.

Nog ‘n voorbeeld van stabiliteit is die immergewilde AGSUN 5264,

wat uitstekend vaar in vroeë en laat aanplantings. AGSUN 5264

toon ook uitstekende stabiliteit by opbrengspotensiale van tussen

1 ton/ha en 1,5 ton/ha.

Die nuutste toevoeging tot die AGSUN-sonneblomreeks, is

AGSUN 5270. Hierdie kultivar spog met ‘n hoë-opbrengspotensiaal

en vaar uitstekend by alle opbrengspotensiaalgebiede. Vertrou die

AGSUN-sonneblomreeks vir opbrengsstabiliteit in jou boerdery.

Skakel gerus een van ons kundige bemarkers vir verdere navrae:

Vrystaat en Noordwes Provinsie – Henk Crafford (078 459 4833)

Noordwes Provinsie en Noord-Vrystaat – Johann Badenhorst

(060 587 5626)

Oos-Vrystaat – Pieter Taljaardt (078 019 6950)

Noordwes Provinsie – Franco Marais (081 018 3296)

Limpopo en Gauteng – Willem Labuschagne (083 501 0109)

Mpumalanga – Daneel Fourie (083 461 6671)

Mpumalanga – Anina Snyman (082 772 5769)

Noord-Kaap, Vrystaat en Namibië – Michael O’Neill (083 631

7716)

Kleinboerontwikkeling – Lawrence Watch (083 977 0536).

77

August 2015

PROMOSIE-ARTIKEL

JOUBERT SWANEPOEL,

sonneblomgewasbestuurder: Agricol

JAAR

PROEFGEMIDDELD AGSUN 8251

2001/2002

1,67

1,85

2002/2003

1,89

2,27

2003/2004

1,71

2,12

2004/2005

1,74

1,89

2005/2006

1,69

1,93

2006/2007

1,82

1,91

2007/2008

2,42

2,66

2008/2009

1,83

1,94

2009/2010

2,43

2,78

2010/2011

2,17

2,50

2011/2012

2,03

2,11

2012/2013

2,11

2,25

2013/2014

2,41

2,50

Gemiddeld

1,99

2,21

TABEL 1: AGSUN 8251 SE LANGTERMYN GEMIDDELDE OPBRENGS

IN DIE NASIONALE KULTIVARPROEWE.

Sonneblom het die afgelope seisoen kop en skouers bo die res

uitgestaan met bogemiddelde opbrengste in vergelyking met ander

gewasse.