

Product information
35
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
Sonneblom en sorghum
Mnr Willem Groothof (voorsitter: Sorghumwerkgroep) het as voorsitter opgetree.
Rol van saailingsiektes
Dr Sandra Lamprecht het ‘n voorlegging oor die rol van saailingsiek-
tes in swak vestiging by sonneblom gedoen. Sy lig onder meer die
verskil tussen behandelde en onbehandelde saad uit.
Haar grafieke toon dat die vlakke van patogeen-infestasie hoër by
onbehandelde saad as by behandelde saad is en lê klem daarop dat
produsente hul saad vir beter beheer teen saailingsiektes moet be-
handel.
Siektes op sonneblom
Me Petru Fourie (navorsingskoördineer en produksiekoste-analis,
Graan SA) meld dat dié seisoen se natter klimaatsomstandighede
ideaal is vir sonneblomsiektes en dat Graan SA twee navorsers van
die Universiteit van Pretoria, prof Terry Aveling en dr Godfrey Kgatle,
genader het om meer inligting oor die kwessie aan produsente deur
te gee.
Kultivarevaluasie
Fourie gee agtergrond oor die ontstaan van die strookproefsorg-
humkultivarevaluasieprojek wat deur Graan SA hanteer word. Die
doel van die projek is om die winsgewendheid en volhoubaarheid
van sorghumproduksie te bevorder deur die aanpasbaarste kultivar
vir elkeen van die produksiegebiede te identifiseer.
Omdraaistrategie van sorghum
Die voorsitter bespreek die huidige stand van die sorghumbedryf
en meld dat ‘n omdraaistrategie dringend nodig is om die bedryf te
laat groei. Hy meld dat ondersoek ingestel moet word na die moont-
likheid van ‘n invoertarief om die plaaslike mark te beskerm.
grondgedraagde siektes wat sojabone beïnvloed, geïdentifiseer het.
Dr Lamprecht het ook resultate gewys rakende sekere middels.
Kwaliteit van Rhizobium
Louw het die wegbreeksessie toegelig oor kwaliteit van Rhizobium.
Hy noem dat hulle met die ondersoek by Dr Stoppies Staphorst
(voorheen van die LNR-PPRI op Roodeplaat) uitgekom het, wat be-
vestig het dat WB74 die beste stam is om in Suid-Afrika te gebruik.
Dr Staphorst het ook die Sonneblom- en Sojaboonwerkgroep van
Graan SA besoek en ‘n hele paar wenke oor Rhizobium aan die werk-
groep verskaf.
Verder is daar ook bevestig dat ‘n indikator op verpakkings slegs as
‘n instrument gebruik kan word om te weet hoe die verpakking han-
teer word, maar dit bevestig nie die kwaliteit daarvan nie.
Statutêre produkinligting
Hy lig die sessie in dat oliesadeprodukinligting vanaf April 2017 deur
die Suid-Afrikaanse Graan Inligtingsdiens (SAGIS) gepubliseer gaan
word nadat goedkeuring vir die statutêre insameling daarvan einde
verlede jaar verkry is. Hierdie stap word as ‘n deurbraak in die deur-
sigtigheid van inligting in die oliesadebedryf beskou.
Sonneblom- en sorghumwegbreeksessie
Willem Groothof, Michelle Mokone en Petru Fourie
WEGBREEKSESSIES
Sojabone