

Product information
31
April 2017
Mielies
Mnr Jaco Minnaar (voorsitter: Mieliewerkgroep) het as voorsitter van die sessie opgetree.
Markte
Mnr Jacob Shayi van die Marktoesig Regulerende Beleidseenheid
by die JSE, gee agtergrond oor die wyse waarop die mark gemoni-
tor word. Hy het die sessie ingelig oor optrede teen handelaars wat
hulle skuldig maak aan markmanipulasie en oor die monitering van
posisiebeperkings en spekulatiewe posisies.
Die JSE migreer gedurende die vierde kwartaal van hierdie jaar na
‘n nuwe stelsel, Millennium IT, wat deur die kontant-aandelemark ge-
bruik word.
Mnr Dawid Zeelie van Streek 10 het versoek dat die saak van
basisverhandeling meer aandag moet kry. Daar is vordering, maar
steeds nie ‘n bevredigende resultaat nie. Dit bly steeds ‘n Graan SA
mandaat.
In- en uitvoere
Dr Dirk Strydom noem dat die aansoek vir die rapportering van in-
en uitvoere by die NLBR ingedien is.
Verwerkingsyfers
Die voorsitter meld dat verwerkingsyfers aangevra is en almal gewil-
lig is om dit te verskaf. Dit is tans by die Mededingingskommissie.
Dié inligting is belangrik om te bepaal waar die verbruikspunte is.
Commitment of traders report
Dr Strydom noem dat Graan SA aansoek gedoen het vir die “commit-
ment of traders report”. Die JSE het ‘n voorlopige verslag opgestel.
Die probleem met die verslag was dat daar aangedui moes word wie
spekulante is en wie verskansers is. Die JSE kan dit nie vanuit ‘n
kliënt se perspektief reguleer nie.
Uitvoergeleenthede
Mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder) gee terugvoer
oor potensiële uitvoermarkte en uitdagings wat daar bestaan met
sekere lande soos Viëtnam, Spanje en Iran. Daar is nog heelwat
geleenthede in die wêreld, maar pryse is baie mededingend.
Kultivarevaluasie/strookproewe
De Villiers meld dat wanneer daar na statistiese proewe gekyk word,
dit belangrik bly om onafhanklike data te kry wat al die opbrengste
met mekaar vergelyk.
Die kultivarevaluasieproewe word hoofsaaklik deur die LNR aange-
plant. ‘n Span is getaak om dié proewe te besoek om te bepaal wat
die huidige stand van sake is.
Mnr Derek Mathews (Graan SA-hoofbestuurslid vir Streek 5) stel
voor dat Graan SA steeds die noodsaaklike navorsing in plek hou en
uitbrei. Sy voorstel word deur die sessie aanvaar.
ontvangs erken het. Teen die skryf van die artikel was dit reeds
gepubliseer in die staatskoerant vir kommentaar.
Verwysingspunte
Dr Strydom verduidelik dat die liggingsdifferensiaal steeds ‘n knel-
punt is en dat ons opnuut daarna moet kyk. Die wegbreeksessie het
saam besluit dat die liggingsdifferensiaal nie maklik verwyder gaan
word nie, maar dat daar eerder gekyk moet word na die effektiwiteit
van die differensiaal en seker gemaak word dat dit wel reg toege-
pas word. ‘n Ondersoek moet ook gedoen word oor moontlike nuwe
inligting en verwysingspunte. Dr Strydom het verder verduidelik
dat daar reeds navrae deur Graan SA gedoen is vir addisionele
inligting, maar hulle wag tans vir goedkeuring vanaf die Mede-
dingingskommissie.
In besprekingspunte later binne die groter Kongres het mnr Hennie
Visser ook ‘n voorlegging gedoen oor die koringbedryf en die
probleme wat ervaar word binne die bedryf. Visser het dit duidelik
gemaak dat die koringbedryf drastiese verandering nodig het
anders gaan die produsente in die nabye toekoms nie kan produseer
nie. Hy het ‘n uitleg van die hele waardeketting gemaak en tot die
slotsom gekom dat die waardeketting te lank is en dat die produ-
sent te ‘n klein deel uitmaak van die hele ketting. Visser het ook
aangedui dat sy streek baie bekommerd is oor die volhoubaarheid
van die koringprodusent.
Mieliewegbreeksessie
Dr Dirk Strydom, Chris Schoonwinkel, Danie Minnaar en
Jannie de Villiers