

Produk-inligting
April 2017
32
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
Sojabone
Mnr Ralf Küsel (Graan SA-hoofbestuurslid vir Streek 14) het as voorsitter opgetree.
Produksie/Insette
Teling-en-tegnologieheffing
Mnr Corné Louw (senior ekonoom: Insette, Graan SA) het terugvoer
geegee in terme van die vordering wat gemaak word met die im-
plementering van ‘n teling-en-tegnologieheffing vir sojabone. Daar
word beoog om, tydens lewering van graan, op ‘n statutêre wyse ‘n
tantiem te hef. Die model is soortgelyk aan dié een wat tans gebruik
word om navorsingsheffings vir koring in te samel. Omdat daar met
‘n statutêre heffing gewerk word, moet ten minste 20% van fondse
vir ontwikkeling gaan.
Die heffingvoorstel vir sojabone beloop tans 1,2% van die sojaboon-
prys. Vir die eerste jaar is aansoek gedoen vir R65/ton (1,2% van
2015/2016-bemarkingseisoen se Safex-prys) terwyl vir ‘n bedrag van
R80/ton (1,2% van 2016/2017-bemarkingseisoen) vir die tweede jaar
aansoek gedoen is. Die inisiatief sal tot gevolg hê dat tegnologie-
eienaars nuwe tegnologie na Suid-Afrika bring binne die sojaboon-
bedryf. Die tegnologie is grootliks nodig om by die internasionale
mededingers te hou, maar ook om produsente die geleentheid te
bied om te kan diversifiseer en beter risikobestuur toe te pas. Die
produsente het dit ondersteun en sien uit daarna om nuwe tegnolo-
gie te sien.
Grondgedraagde siektes
Dr Sandra Lamprecht van die LNR-PPRI het ‘n voorlegging ge-
doen oor ‘n projek wat sy en ‘n kollega gedoen het waarin hulle
GMO-kommoditeitsklaring
De Villiers verduidelik dat handelaars en meulenaars in
Desember 2015 ‘n aansoek ingedien het om GMO-witmielies van
Amerika af in te voer. ‘n Jaar later is wel goedkeuring gegee vir en-
kele invoere en witmielies is toe ingevoer – as ‘n tydelike maatreël.
Hierdie tydelike maatreël behoort hersien te word.
Navorsing
De Villiers noem dat dr Marinda Visser, ‘n span navorsers en die
Departement van Wetenskap en Tegnologie vergader het en daar-
na ‘n versoek gerig het dat Suid-Afrika kiemplasma wat baie meer
droogte- en hittebestand is – veral vir mielies – inbring.
Verlede jaar is die eerste kiemplasma vir mielies van Mexiko se
CIMMYT die land ingebring met fondse wat deur die Departement
van Wetenskap en Tegnologie beskikbaar gestel is. Dit sal nou deel
vorm van ‘n verdere plaaslike navorsingsprogram om te selekteer
watter tipe hitte- en droogtebestandheid reeds bestaan en wat-
ter dalk benut kan word. Die voorsitter stel dit duidelik dat daar
nie in Suid-Afrika GMO-gebeurtenisse toegelaat kan word, wat nie
uitgevoer kan word nie. Indien die korrekte droogte-geengevalle
nie in Suid-Afrika geregistreer word nie, word die uitvoermarkte
toegemaak.
Nuwe knelpunte
Verskeie sake word onder hierdie tema geopper en sal na Graan SA-
werkgroepe verwys word:
Dienslewering op die platteland.
Inbring van
force majeure
op kontrakte.
Spekulasie en verhandeling van fisiese mielies op Safex
moet geskei word deur die skep van ‘n aparte platform vir fisiese
lewerings.
Meulenaars se verwerkingsyfers moet weekliks gerapporteer
word.
Winsgewendheid en verhoogde opbrengste.
Sojaboonwegbreeksessie
Ralf Küsel en Corné Louw
WEGBREEKSESSIES
Mielies