

Produk-inligting
30
WEGBREEKSESSIES
sit koppe bymekaar oor aktuele sake in bedryf
I
ngrypende veranderings wat aan die rabatstelsel vir diesel
beoog word, was een van die belangrikste besprekingspunte
tydens wegbreeksessies op die afgelope Graan SA Kongres. Al
die werkgroepe is ingelig dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
(SAID) beoog om rabatte in die toekoms slegs toe te staan op diesel
wat vir produksie gebruik word – en nie meer op totale dieselverbruik
op die plaas nie. (
Sien volledige artikel hieroor op bladsy 47 van
hierdie uitgawe
). Droogtebestande kiemplasma het heelwat aandag
by die Mieliesessie geniet, terwyl invoertariewe onder die loep
gekom het by die Wintergraansessie. ‘n Moontlike tantieme op
produksie is by die Sojaboonsessie bespreek, terwyl plantsiektes by
die Sonneblom- en Sorghumsessie aandag gekry het.
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE
Wintergraan
Mnr Andries Theron (voorsitter: Wintergraanwerkgroep) het as voorsitter opgetree.
Omdraaistrategie
Die omdraaistrategie vorder goed, maar daar is nog verskeie uit-
dagings wat die mikpunte betref. By die onlangse onderhandelings
is ooreengekom dat die bedryf die omdraaistrategie in klein pakkies
en doelwitte gaan aanpak. Die eerste daarvan is natuurlik die teling-
en-tegnologieheffing wat produsente die geleentheid bied om nuwe
kultivars te plant. Die tweede een is om die invoerprysdiskonto,
prysbepaling van grade en graadgewaarborgde kontrakte te her-
sien. Dit is reeds verwys na die JSE Advieskomitee. Die volgende
stap sal dan wees om te gaan kyk na die gradering van koring.
Dr Dirk Strydom (bestuurder: Graanekonomie en Bemarking,
Graan SA) het aangedui dat die heel belangrikste dryfveer moet
wees om kultivars te kry wat opbrengs lewer, maar wat nog steeds
mededingend met invoere kan wees.
Koring-voorteelprogram
Dr Marinda Visser (bestuurder: Grain Research and Policy Centre,
Graan SA) het verduidelik dat die Departement van Landbou,
Bosbou en Visserye in samewerking met Graan SA ‘n ooreenkoms
probeer bereik met die GRDC in Australië omdat hulle ons voor is
wat navorsing in die koringbedryf betref. Daar word beoog om na-
vorsing met hulle te deel en só toegang tot hul navorsing te verkry.
Dr Visser spreek waardering uit vir die Departement van Weten-
skap en Tegnologie se befondsing vir wintergraannavorsing. Die
afgelope drie jaar is R8 miljoen van R13,8 miljoen reeds aan die
Universiteit van Stellenbosch oorbetaal. Die kiemplasma wat só
ontsluit word, word tot voordeel van drie saadtelers, naamlik die
LNR, Sensako en Pannar, beskikbaar gestel.
Koringinvoertarief
Dr Strydom noem dat Graan SA konstante werk gedoen het om aan
die International Trade Administration Commission of South Africa
(ITAC) die belangrikheid van beskermde invoere te verduidelik, maar
dat wetlike implikasies uitdagings inhou. Daar was ook nog geen
vordering met ‘n aankondiging van ‘n aanpassing op metodiek nie.
Produsente spreek hul kommer uit oor die feit dat hulle die skuld
kry vir broodpryse en dit in werklikheid nie hul skuld is nie. Die voor-
sitter beklemtoon dat sou die koringtarief wegval, dit groot impli-
kasies sal inhou vir die koringbedryf en dit produsente onder groot
druk gaan plaas. Die produsente het ook sterk aangedui dat die
fondse verkry vanaf die tariewe weer in die bedryf herinvesteer moet
word in terme van navorsing en ontwikkeling.
Markinligting
In- en uitvoerrapportering
Dr Strydom gee terugvoer dat die in- en uitvoerrapportering inge-
dien is en dat die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR)
Wintergraanwegbreeksessie
Andries Theron en dr Marinda Visser