

Produk-inligting
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
Grondbone
Mnr Frans Minnaar, wat sy uittrede as voorsitter van die Grondbone-spesialiswerkgroep
aangekondig het, het die laaste keer as voorsitter van die sessie opgetree.
Grondboonmark
Dr Charl van der Merwe van Tiger Brands het ‘n voorlegging oor
verbruikersvoorkeure rakende olies en vette, asook die wisselende
prystendense van verskeie voedselsoorte die afgelope paar jaar ge-
gee. Die prys van grondboonbotter het nie so skerp gestyg as dié
van ander vette en voedselsoorte nie. Hy stel in die vooruitsig dat
verbruik van grondboonbotter kan toeneem namate verbruikers se
inkomste styg en gesonder voedselsoorte oorweeg word.
Gradering
Mnr Neels Wegner, van die Uitvoerbeheerraad vir Bederfbare Pro-
dukte (PPECB), verduidelik die noodsaaklikheid van die gradering
van grondbone weens die hoë voginhoud wat aflatoksienbesmet-
ting veroorsaak. Grondbone moet ‘n voginhoud van minder as 10%
hê alvorens daar met gradering begin kan word. Wegner meld dat
die natgraderingsnavorsingsprojek wat reeds deur die Oliesade Ad-
vieskomitee goedgekeur is, goed vorder. Daar word aanvaar dat ‘n
voginhoud van sowat 7% die geskikste is. Hy dui aan dat daar nou
ook gekyk word na bykomende vergoeding vir uitsonderlike gehalte
produkte deur middel van byvoegings tot huidige graderings.
Produksie/Insette
Kultivarevaluasie
Me Loureine Muller, van LNR-Graangewasse, gee agtergrondinlig-
ting oor die nasionale grondboon-kultivarevaluasieprojekte wat op
die oomblik aan die gang is. Sy noem dat ingevoerde kultivars onder
plaaslike omstandighede van 2012 tot 2016 getoets is om vas te
stel hoe hierdie kultivars vaar. Dit word befonds deur die Olie- en
Proteïensade Ontwikkelingstrust (OPOT).
Grondboonprysmodel
Mnr Luan van der Walt (landbou-ekonoom, Graan SA) verduidelik
aan die vergadering die grondboonprysmodel wat by die Grond-
boonspesialiswerkgroep se vergadering in Februarie bespreek is.
Aan die hand hiervan besluit die sessie dat hulle tevrede is met
die voorstelle en dat die prysmodel ‘n goeie verwysingsraamwerk
vir produsente kan wees.
Grondboonwegbreeksessie
Luan van der Walt en Frans Minnaar
WEGBREEKSESSIES