

Produk-inligting
April 2017
28
Fokus steeds om tot diens van
graanprodusente te wees
G
raan SA het tydens die afgelope Kongres terugvoer aan
lede oor die resultaat van die heffingsinkomste vir die
2016/2017-seisoen verskaf.
Mnr Andries Theron (uittredende visevoorsitter van Graan SA en
voorsitter van die Bemarkingswerkgroep) het gesê dat alhoewel
droogtetoestande oor die land geheers het, die meeste produsen-
te hul bydrae gelewer het en daar ‘n ongelooflike positiwiteit
onder produsente was. Die heffing vir die 2016/2017-jaar is ook in
dié gees ontvang.
Die 2016/2017-oes het ‘n normale tot onder-normale oes in die
binneland opgelewer, teenoor baie goeie oeste in die hele Wes-
Kaap. Die verhoging van die heffings in 2014 het verseker dat
Graan SA se reserwes aangevul kon word om voorsiening te maak
vir die tekorte wat moontlik kon realiseer.
Inkomste
Graan SA het ‘n heffingsinkomste van R13,1 miljoen gerapporteer,
wat skitterend is teenoor die begrote syfer van R8,5 miljoen. Hier-
die inkomste bo begroting kan toegeskryf word aan harde werk deur
die bemarkingspan, asook die positiewe gesindheid van ons lede.
Dié goeie inkomste het verseker dat daar slegs met ‘n tekort van
R700 000 afgesluit is – teenoor die begrote verlies van R4,7 miljoen.
Theron het almal betrokke bedank vir hul aandeel in die kleiner
verlies.
Agente
Die mark is konstant besig om te groei en met meer kopers wat die
mark betree, bly die vordering van die heffing ‘n groot uitdaging.
Dit verg van Graan SA om vennootskappe met al die kopers en
handelaars aan te gaan. Die agente het vanaf 46 verminder na 41,
hoofsaaklik as gevolg van die samesmelting van maatskappye.
Theron het ‘n woord van dank aan agente wat die invordering van
die heffing deur hul kanale bewerkstellig, uitgespreek.
Ledetal
Graan SA se fokus is om lede van diens te wees. Die droogte
het bygedra tot ‘n klein afname in opbetaalde lede – van 2 745 tot
die huidige 2 561. Die totale bydraende lede is effens minder as die
vorige jaar, hoofsaaklik ook as gevolg van groter eenhede wat die
kleiner eenhede oorneem.
Heffing
Graan SA Kongres het besluit om by die gedifferensieerde hef-
fings op verskillende gewasse te bly. Die heffing is steeds in lyn met
die gemiddelde prys van elke kommoditeit en werk uit op ongeveer
0,1% van die waarde per ton.
Tabel 1
toon die nuwe heffingsbe-
drag per kommoditeit, soos deur Kongres goedgekeur, effektief
vanaf 8 Maart 2017.
Dankie
Graan SA is ‘n produsente-organisasie en die heffingsinkomste is
die hartklop van die instansie en verseker dat Graan SA sy werk-
saamhede kan voortsit. Theron het sy kommer uitgespreek dat die
heffingsinkomste slegs 24% tot Graan SA se inkomste bydra. Hy
het Kongres gewaarsku teen die gevare verbonde daaraan dat die
organisasie te afhanklik raak van eksterne fondse.
Theron het ook sy dank teenoor lede uitgespreek vir die getroue
bydrae wat hulle lewer en hul die nodige gerusstelling gegee dat
die fokus steeds daarop is om graanprodusente in Suid-Afrika van
diens te wees.
Kongres het Theron bedank vir sy onbaatsugtige diens oor die
afgelope twaalf jaar en veral vir sy bydrae ten opsigte van die hef-
fingsfonds.
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
TOIT WESSELS,
assistent-bestuurder: NAMPO en Bemarking, Graan SA
GEWAS
HUIDIGE HEFFING NUWE HEFFING
Mielies
R2,50
R2,70
Sojabone
R5,00
R5,40
Sonneblom
R5,00
R5,40
Sorghum
R2,50
R2,70
Grondbone
R10,00
R10,70
Koring
R3,00
R3,20
Kanola
R4,00
R4,30
Gars
R3,00
R3,20
Ander graan (nie
gespesifiseer nie)
R3,00
R3,20
TABEL 1: HEFFING OP GEWASSE.
Alle bedrae sluit BTW uit
Andries Theron het sy dank teenoor lede uitgespreek vir die getroue
bydrae wat hul lewer.