

Produk-inligting
April 2017
16
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
Handelsomgewing en sy impak op die
graanbedryf
Dr Erhard Briedenhann van MIDS het aan kongresgangers die han-
delsomgewing en die impak daarvan op die graanbedryf voorge-
hou en bevestig dat politieke onsekerheid nie net Suid-Afrikaners
beïnvloed nie, maar die res van die wêreld ook.
Dr Briedenhann het verder beklemtoon dat burokrasie en die ge-
mak waarmee besigheidstransaksies beklink kan word, uiters be-
langrik is vir die suksesvolle beweging van produk wêreldwyd
– veral in in- en uitvoermarkte. Invoerbelasting as sodanig, sowel
as die onsekerheid wat gepaard gaan met ‘n moontlike verandering
in belasting, kan ‘n grootskaalse impak op ‘n produsent en/of
maatskappy wat produkte verskans en verhandel, hê.
Hy het afgesluit met ‘n oorsig van die verbruik van kommodi-
teite wat in Suid-Afrika geproduseer word en bevestig dat indien
produsente globaal kompeterend wil wees, Suid-Afrika sy uitda-
gings met betrekking tot logistiek en die koste en doeltreffend-
heid ten opsigte van die verskuiwing van produkte, onder beheer
moet kry.
In aansluiting hierby, het me Gerda van Dijk (Direkteur van die
Internasionale Handelsdirektoraat) aan kongresgangers ‘n huidige
handelsoorsig verskaf. Die uit- en invoere van primêre produkte en
die verwerkingsoorsig was ingesluit, met ‘n oorsig oor die globale
dinamika wat handel tans beïnvloed – ‘n teenreaksie op bilaterale
handelsooreenkomste.
Van Dijk het bevestig dat beide Donald Trump se fokus op die
beskerming van die Verenigde State, sowel as Brexit ‘n invloed op
Suid-Afrikaanse handelsooreenkomste sal hê. Verder is die ver-
langsaming van wêreldekonomieë bevestig, tesame met die afname
van die belangrikheid van tariewe.
Sy het ter afsluiting die belangrikheid van plaaslike handels-
ooreenkomste bespreek en die regering se prioriteit ten opsigte
van die Afrika-kontinent, wat hom ten doel stel om samewerking
te bevorder, benadruk. Sodoende kan ‘n mark vir produkte geskep
word en met een stem – as Afrika – op internasionale velde handel
gedryf word.
Die pad vorentoe
Graan SA bedank alle lede, vennote, rolspelers en borge, sonder
wie se deelname ‘n uiters suksesvolle 2017 Kongres nie moontlik
sou gewees het nie. In die komende jaar gaan ons saamwerk om
georganiseerde landbou terug te vat na dít wat vir ons lede belang-
rik is – die fokus op die boerdery.
As bedryfsorganisasie onderneem Graan SA om die punte wat
tydens Kongres aangestip is, sinvol te verbind, om daardeur
die organisasie te groei en om die boodskap van hoop aan alle
produsente oor te dra – ongeag elkeen se uitdagings het Graan SA
hoop vir landbou en hoop vir die land.
14: Kongresgangers het weer vanjaar van elektroniese stemtoestelle
gebruik gemaak om aan opnames wat Graan SA tydens Kongres ge-
maak het, deel te neem en hul menings te lug.
15: Die bekende motiveringspreker, Dr David Molapo, van die “I can
Foundation”, het deur humor, sy aansteeklike verhoogpersoonlikheid en
voorbeelde uit sy eie lewe, die gehoor op die punte van hul stoele laat
sit. Hy het oor “‘hoop’ – en waarvoor dit staan” gesels. Hier is hy saam
met Jannie de Villiers.
16: Kongresafgevaardigdes en -gaste het die Woensdagoggend
van vroeg af in die Sampi-saal op NAMPO Park vir Kongres geregistreer,
terwyl die personeel van die organisasie hul in die proses byge-
staan het.
17: Anna Ratshikana (Blaauwbank), Ramoso Pholo (Lombaards-
laagte) en Anna Mutloane (Pinnacle Agricultural Holdings, Noordwes
Provinsie).
18: Gerhard Keun (Proteïennavorsingstigting), Preline Swart
(voormalige visevoorsitter: Graan SA) en dr Jan Dreyer (voorheen
van LNR-Graangewasse).
Graanroete vir die toekoms
14
16
17
18
15